Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Urienterapie
Urienterapie [boodskap #25984 is 'n antwoord op boodskap #25985] Di, 07 September 1999 00:00 na volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Goed - ek erken my reaksie was oorhaastig. Nadat ek so 'n
bietjie op die Internet gaan rondsoek het, het ek ontedek
dat urienterapie inderdaad as terapie bestaan, dat dit nie
net in die Ooste gedokumenteer is nie, maar ook in die
Weste, dat daar selfs wêreldkongresse oor gehou word, en
dat daar literatuur daaroor bestaan wat terugdateer tot
ongeveer 5 000 jaar gelede. Die Indiese leier Ghandi was
beslis nie die enigste nie; Morarji Desai het hom blykbaar
in Australie baie kritiek op die hals gehaal deur sy
openbare erkenning dat hy self daagliks van sy eie urine
drink, en dat hy dit aanbeveel by sy landgenote.

Vooroordele daarteen bestaan vanselfsprekend. Jare gelede
het ek die Shogun gelees; daarin word beskryf hoe die
Japanese veldheer die Westerling wat as skipbreukeling in
Japan geland het, die ergste vorm van vernedering toedien:
hy urineer op hom. Dis ook bekend dat daar afwykende gedrag
bestaan waar seksuele genot geput en urinering op verskeie
wyses aan mekaar gekoppel word.

Persoonlik vind ek dit egter steeds afstootlik - en ek bly
skepties daaroor, maar ek aanvaar dat daar baie ander is
wat ernstig met my sal verskil hieroor. Unto each his own.

Groetnis

Henry

Re: Urienterapie [boodskap #25985 is 'n antwoord op boodskap #25984] Di, 07 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 07 Sep 1999 07:04:31 -0700, flappie wrote:

| Unto each his own.
|
...or rather straight into the porcelain bowl.....
Re: Urienterapie [boodskap #25986 is 'n antwoord op boodskap #25985] Di, 07 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , e...@dot.com
(Johan) wrote:
> ....or rather straight into the porcelain bowl.....

In hierdie geval is dit die "last resort".

Re: Urienterapie [boodskap #26036 is 'n antwoord op boodskap #25985] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
flappie skryf in boodskap news:13209ab0.49daae2b@usw-ex0108-057.remarq.com...
> Dis ook bekend dat daar afwykende gedrag
> bestaan waar seksuele genot geput en urinering op verskeie
> wyses aan mekaar gekoppel word.

Of 'n "golden shower" nou afwykend is hang seker nou weer af van jou oogpunt.
Om dit iets is wat jy doen of al dan nie hang seker af wat jy dink is reg. Al
dan nie?

> Persoonlik vind ek dit egter steeds afstootlik - en ek bly
> skepties daaroor, maar ek aanvaar dat daar baie ander is
> wat ernstig met my sal verskil hieroor. Unto each his own.

Lyk al of jy nou een van die sterk punte van demokrasie insien. As jy dit
afstootlik vind moet hulle (die wat nie met jy saam stem nie) jy stenig of
moet jy dit verban. Of nog erger - "Unto each his own" en kom ons leef saam.

Groete
Ernest
Re: Urienterapie [boodskap #26037 is 'n antwoord op boodskap #25985] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ernest
>
> Of 'n "golden shower" nou afwykend is hang seker nou weer af van jou
oogpunt. Om dit iets is wat jy doen of al dan nie hang seker af wat jy dink
is reg. Al dan nie?

My plasing was nie bedoel om debat oor seksueel aanvaarbare of
nie-aanvaarbare gedrag uit te lok nie; die doel was om die bestaan van 'n
soort terapie te erken, en om ook my persoonlike standpunt te stel.
>
> Persoonlik vind ek dit egter steeds afstootlik - en ek bly skepties
daaroor, maar ek aanvaar dat daar baie ander is wat ernstig met my sal
verskil hieroor. Unto each his own.
>
> Lyk al of jy nou een van die sterk punte van demokrasie insien. As jy dit
afstootlik vind moet hulle (die wat nie met jy saam stem nie) jy stenig of
moet jy dit verban. Of nog erger - "Unto each his own" en kom ons leef saam.

Ag, Ernest, jy loop nou 'n draai waar daar nie eens 'n draai bestaan het
nie. Daarby praat/redeneer/skryf jy sommer net onsamehangend en weerspreek
jy jouself. My oorspronklike stelling weerspieël 'n leef en laat leef
houding. In my lewensbeskouing is daar plek vir almal - ook diegene wat
radikaal van my verskil. Oor demokrasie sprak ek geen sprook nie; oor
steniging en verbanning nog minder.
Groete

Henry
Re: Urienterapie [boodskap #26101 is 'n antwoord op boodskap #25985] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
As eertydse sokkerspeler het ons geglo dat jou urine so deurskynend moontlik
moet wees (en vele, vele glase water vooraf bring dit mee) voordat jy op die
veld uitdraf - sodoende was jy verseker dat jou liggaam genoeg water had, en
dat al die onsuiwerhede (wat urine dan nou geel of goud sou kleur) dan uit die
sisteem is. Die gevolg sou wees beter stamina op die sokkerveld. Gegee die
gesprek hier, wonder ek nou of ek verkeerd was om aan die "goue uriene" te dink
as onsuiwer en die deursigtige uriene as "gesonder" ? En is daar 'n verband
tussen hierdie deursigtige uriene en verhoogde stamina en uithouvermoe?

leswin
Vorige onderwerp: Re: Knysna
Volgende onderwerp: Die Afrikaner - 'n paar vrae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 10:27:57 MGT 2024