Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Koei
Die Koei [boodskap #18641] |
Wed, 28 October 1998 00:00  |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Opstel deur 'n leerling naby Vryburg.
"Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is orrals.
'n koei het 'n baie fyn reik - jy reik hom oor die jele plaas.
Agteran die koei sit die stert. An die een kant van die stert sit
die pint van die stert wat die kwas genoem word en aan die
anner kant sit die koei. Die koei gebruik die kwas om die flieje
van haar weg te hou anners val hulle innie melk.
Vooran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop
hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei.
Die koei is oorgetrek met 'n beesvel.
Onderan die koei hang die melk. Om die melk te kry, maak jy
die koei se bene vas. Die agterstes. Dansit jy onner die koei
en trek die toutjie. Dan kom die melk.
As die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is, is
die melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg.
As dit 'n ou koei is, is die melk suur.
Dit is baie goedkoop om 'n koei aan te hou want jy gee hom net
eenkeerkos, dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os.
Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie.
Om os te se is nie 'n vloekwoord nie.
Verderweet ek niks. Behalwe dat as 'n koei baie stip na jou
kyk, moet jy padgee want dan is dit 'n bul."
moe!
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
|
Re: Die Koei [boodskap #25837 is 'n antwoord op boodskap #18641] |
Thu, 02 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Gerhard de Beer wrote:
> Die opstel oor die koei
> Hierdie is 'n opstel deur 'n jong leerling naby Vryburg. Ingesluit is al
> die
> spelfoute en dinge ...
As 'n onderwyseres wat vir beide Engelssprekende en Zulu, Sotho, Xhosa,ens.
ens. skoolkinders Afrikaans as 'n tweede taal geleer het, het ek snuf
in die neus oor hierdie "opstel." Die persoon maak nie die tipiese foute
waaraan mens gewoond is by mense wat nie Afrikaans as moedertaal het
nie (ek kan daarop uitbrei.) Dit klink vir my na iemand wat Afrikaans goed
kan skryf (dus eintlik 'n grootmens) wat nou die ding probeer skryf asof
'n kind dit geskryf het, en hy maak die soorte "veranderings" wat 'n
grootmens sal maak as hy soos 'n mens wat Afrikaans as tweede taal
besig, wil skryf. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink nie ek is nie.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:43:12 UTC 2025
|