Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Re: Fun met die rekenaar
Re: Fun met die rekenaar [boodskap #25663] Di, 31 Augustus 1999 00:00
Fook[1]  is tans af-lyn  Fook[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) skryf:

> Twee lekker speltjies vir die wat dit nog nie weet nie (aan die vir
> wie dit ou nuus is, verskoon asb):
>

Aag nee ou Ferdi man, probeer eerder http://www.maz-sound.com
en laai vir jou 'n sintetiseerder af wat jou komper kan laat klink
soos 'n Moog... nie 'n moegoe nie.

Maak eerder jou eie! Daar is die gereedskap.
Re: Fun met die rekenaar [boodskap #25664 is 'n antwoord op boodskap #25663] Di, 31 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier is nog een van die web af:

By

http://www.terraserver.com/

kan jy gaan kyk na satelietfotos van meesal Amerika. Kyk onderlangs op die
bladsy onder International Coverage - daar is 'n link na fotos van Pretoria.

Ek het dit reggekry om ons huis hier in Amerika te siene te kry op een van die
fotos sowel as ons kantoorgebou. 'n Mens kan genoeg detail sien om motors te
kan tel.
Re: Fun met die rekenaar [boodskap #25665 is 'n antwoord op boodskap #25663] Di, 31 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 31 Aug 1999 17:22:58 GMT, spamb...@the.net (Fook) wrote:

|Aag nee ou Ferdi man, probeer eerder http://www.maz-sound.com
|en laai vir jou 'n sintetiseerder af wat jou komper kan laat klink
|soos 'n Moog... nie 'n moegoe nie.
|
|Maak eerder jou eie! Daar is die gereedskap.

Fooksie, help nou net eers - ek't daar gaan kyk en dit was vir my baie
deurmekaar - watter een van die goed wat hulle offer is 'n sintetiseertder
waarmee 'n mens kan musiek maak??
Re: Fun met die rekenaar [boodskap #25666 is 'n antwoord op boodskap #25663] Di, 31 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Ferdi Greyling wrote:

> 2. Maak jou Windows desktop jou gunsteling skildery Van Gogh, Renoir,
> Degas, Leonardo, Blake (howzit Gloudina!), Bacon.....

Dankie! Ek het jou pos op die nuusgroep uitgedruk en vir Izak gegee en toe

daarvan vergeet. Toe ek nounet die rekenaar aansit, toe word ek verras met

Hieronymus Bosch se middelpaneel van die "Garden of Earthly Delights." Wat

'n fees.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Y2K
Volgende onderwerp: Fun met die rekenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 17:05:17 MGT 2024