Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ander profesiee oor SA
Ander profesiee oor SA [boodskap #25547] |
Wed, 25 August 1999 00:00  |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Toe Madam Rose dekades gelede voorspel dat die NP die mag
aan 'n Swart regering gaan oorhandig, het baie mense gedink
sy is mal. Ook het sy voorspel sekere mense sal nie daarvan
hou nie, maar as hulle na God toe terugkeer, sal God hulle
beskerm. Daarom het ek Vandag en 2000 jaar gelede geskryf.
Johanna Brandt, 'n Boerespioen in die 2e Anglo-Boere
oorlog, het voorspel dat die Mistieke gaan herlewe teen die
draai van die eeu. Dit beteken die bestudering en herlewing
in die geestelike aspek van menswees.
Volgens my is dit die New Age. Is al daarmee besig vanaf
1980. Wil net hiermee bekend maak dat ek glad nie 'n MI /
NI projek is nie, maar dat ek eerlik is dat ek New Age is,
en nie doekies omdraai nie. Ek bekyk dus die Bybel, en
andere godsdienste vanuit die New Age denkrigting.
Glad nie hier om die New Age in mense se kele af te druk
nie. Vir my verklaar dit net baie onverklaarbares in ons
geestelike en sosiale samelewing. My idee van 'n Geestelike
Eenheids Beweging is Eenheid in God, vir alle gelowe in SA.
Want daar is net Een God.
'n Mens kan net 'n ander oordeel as jy sy hele lewe in sy
skoene gestap het. Die pad vorentoe wyk ek nou af van
Siener, want daar is ander metodes van oorlewing. U op u
manier, en ek op my manier. Andere het gedroom om te doen
wat ek gedoen het, maar niemand het nie, ek het.
Persevere to Preserve.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ander profesiee oor SA [boodskap #25577 is 'n antwoord op boodskap #25547] |
Thu, 26 August 1999 00:00   |
Boerboel
Boodskappe: 4 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek het nou al verskeie kere gehoor van New Age en New Age simbole ens. en ook
dat ons Christelike Nasionale Opvoedingstelsel (of ten minste wat nou nog oorbly
daarvan) erg daarteen gekant is. Dit is die einste CNO stelsel wat die basis
van apartheid en oordrewe Afrikaanse jingoisme in duisende kindertjies se koppe
ingeprop het met stories oor Voortekkerhelde soos Japie Greyling & Racheltjie de
Beer; stories oor Boere veggeneraals soos Chrisjan de Wet en De la Rey; en dan
natuurlik onse verradelike vyande soos Hinsta, Silkaats & Dingaan en sommer ook
die hele Englese nasie net oor die Boere Oorlog. Nou wil ek graag vir myself
uitvind en oordeel oor die New Age beweging en nie meer staat maak op my
voormalige juffrou se opinies nie. Kan enige iemand dalk help?
In article , reisiger says...
>
> Toe Madam Rose dekades gelede voorspel dat die NP die mag
> aan 'n Swart regering gaan oorhandig, het baie mense gedink
> sy is mal. Ook het sy voorspel sekere mense sal nie daarvan
> hou nie, maar as hulle na God toe terugkeer, sal God hulle
> beskerm. Daarom het ek Vandag en 2000 jaar gelede geskryf.
>
> Johanna Brandt, 'n Boerespioen in die 2e Anglo-Boere
> oorlog, het voorspel dat die Mistieke gaan herlewe teen die
> draai van die eeu. Dit beteken die bestudering en herlewing
> in die geestelike aspek van menswees.
>
> Volgens my is dit die New Age. Is al daarmee besig vanaf
> 1980. Wil net hiermee bekend maak dat ek glad nie 'n MI /
> NI projek is nie, maar dat ek eerlik is dat ek New Age is,
> en nie doekies omdraai nie. Ek bekyk dus die Bybel, en
> andere godsdienste vanuit die New Age denkrigting.
>
> Glad nie hier om die New Age in mense se kele af te druk
> nie. Vir my verklaar dit net baie onverklaarbares in ons
> geestelike en sosiale samelewing. My idee van 'n Geestelike
> Eenheids Beweging is Eenheid in God, vir alle gelowe in SA.
> Want daar is net Een God.
>
> 'n Mens kan net 'n ander oordeel as jy sy hele lewe in sy
> skoene gestap het. Die pad vorentoe wyk ek nou af van
> Siener, want daar is ander metodes van oorlewing. U op u
> manier, en ek op my manier. Andere het gedroom om te doen
> wat ek gedoen het, maar niemand het nie, ek het.
>
> Persevere to Preserve.
>
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network *
> The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ander profesiee oor SA [boodskap #25639 is 'n antwoord op boodskap #25547] |
Sun, 29 August 1999 00:00   |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , Leendert van
Oostrum wrote:
> Oppas!
>
> New Age is eintlik 'n komplot van BOSS (wat nog in bunkers by
> Hammanskraal en Broedersroom byeenkom elke jaar op John Vorster se
> verjaardag.)
>
> En heel agter die hele ding staan die CIA wat dit wil gebruik om
> apartheid wêreldwyd in te stel sodat die Jode die vinger kan wys na die
> Amerikaanse Christian Right terwyl hulle almal se geld inpalm sodat
> hulle Stalin se lyk permanent met plastiekhars kan balsem.
>
> En dis nie eens 'n geheim nie! Mens moet net kyk wie elke jaar met
> midsomer baklei vir plekke op die regte astrale lyne by Stonehenge.
>
> DAN sal jy WEET! (Vra maar vir reisiger)
Om apartheid wereld wyd te implementeer? Nog nie daarvan
gehoor nie. Dit klink na mis-informasie. Edgar Cayce praat
van die "race of tan" wat op aarde gaan ontstaan, ek dink
na die jaar 3000. Vergeet van apartheid - dit het verewig
sy agterent gesien. Aquarius het gesorg daarvoor. Lande
soos Singapoer, Malaysia, Thailand, Indie, Mauritius, VSA,
Engeland, Europa is integreer. Daar is astraal lyne oor die
hele planeet. As JFK en Jan Smuts vandag gelewe het, sou
hulle meer suksesvol gewees het.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ander profesiee oor SA [boodskap #25967 is 'n antwoord op boodskap #25547] |
Tue, 07 September 1999 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
reisiger wrote:
>
> In article ,
> ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
>> My fok!
>> Daar stem ons toe saam!
>
> Jy het al baie dinge sien gebeur, maar nog nie dit nie. Dit
> lyk my beide van ons is geestelike soekers. Elkeen loop sy
> eie pad, en op die einde kom beide van ons in Rome aan. 'n
> Pad bly maar net 'n pad.
Jy weet dat dagga koekies onwettig is ne?
|
|
|
Re: Ander profesiee oor SA [boodskap #25968 is 'n antwoord op boodskap #25547] |
Tue, 07 September 1999 00:00  |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , lou
wrote:
> Jy weet dat dagga koekies onwettig is ne?
Nog nooit die goed gebruik nie. Nie nodig geag nie.
Meditasie is 'n beter manier om "altered states of
consciousness" te ervaar.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:36:19 UTC 2025
|