Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die vrug van peitisme
Die vrug van peitisme [boodskap #25509] Di, 24 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina verklaar dat sy God nie (kan) ken nie:

> Ek is nie in staat om vir jou te vertel wat "God" kan en nie kan doennie.=
> Ek is nie
> so seker dat ek "God" kan definieer nie.

Maar laat haar uit oor die geloof van ander, wat glo dat hulle God wel
(kan) ken:

> Ek is veral
> versigtig wanneer ek met Protestante oor "God" praat, want hulle het
> gewoonlik baie nou omskrewe riglyne waarbinne "God" moet
> opereer, anders is hy skielik nie meer "God" nie.

Sy sal sekerlik (soos gewoonlik) nie die stelling hierbo staaf met
enige voorbeelde of argument nie.

(Vae en ongedefinieerde beswaddering is Gloudina se sterk punt. Sodra
sy spesifiek raak, loop sy haar vas - soos onlangs weer met haar
beweringe oor die behandeling van swartmense op die kampus van
Stellenbosch.)

> Maar om jou vraag
> te antwoord, daar is baie verskillende maniere waarop mense dwarsoor
> die wereld voel dat hulle vergifnis van hulle "sondes" kan kry.

Toegegee. Daar is ook mense wat "voel" dat sonde nie bestaan nie, of
hoogstens 'n erg relatiewe begrip is - soos jou aanhalingstekens by
"sonde" impliseer.

> In die
> Christelike tradisie is die aksent op die "gevoel" - daar is ander
> tradisies wat baie meer aksent plaas op die wil of die intellek.

Die stelling hierbo demonstreer 'n kru en bevooroordeelde onkunde oor
"die Christelike tradisie". Net soos die stelling heel bo 'n growwe en
bevooroordeelde onkunde oor die protestantse Godsbegrip demonstreer.

Wat 'n mens wel hieruit kan aflei, is veel aangaande die godsdienstige
tradisie en die Godsbegrip waarin Gloudina self (volgens haar) as kind
geskool is. Ek het tevore gewys op die reste van soetsappige en
peitistiese "bybelstories" in haar vooroordele. Die uitlatings hierbo
versterk hierdie indruk aanmerklik.

Die feit dat Gloudina haar kettery as "christelik" kan voorhou
demonstreer natuurlik die gevolge van peitisme binne die Kerk self.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Die vrug van peitisme [boodskap #25510 is 'n antwoord op boodskap #25509] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Wat 'n mens wel hieruit kan aflei, is veel aangaande die godsdienstige
> tradisie en die Godsbegrip waarin Gloudina self (volgens haar) as kind
> geskool is. Ek het tevore gewys op die reste van soetsappige en
> peitistiese "bybelstories" in haar vooroordele. Die uitlatings hierbo
> versterk hierdie indruk aanmerklik.
>

Hier kom ou Leendert weer aan met die byl om af te kap alles wat
nie met sy sienswyses saamstem nie. Ongelukkig vir jou gee ek my nie
uit as 'n Christen nie, en kan jy my nie van "Christelike" pieteit
beskuldig
nie. Ek is, ongelukkig vir jou, buite die kader van mense wat apartheid
van die geestelike voorstaan.

Gloudina
Re: Die vrug van peitisme [boodskap #25511 is 'n antwoord op boodskap #25509] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Aug 1999 18:11:40 GMT, @sympatico.ca wrote:

|nie. Ek is, ongelukkig vir jou, buite die kader van mense wat apartheid
|van die geestelike voorstaan.
|
Dis so jammer dat jy Christenskap nie ook as almal-verwelkomend ervaar nie.
Moenie vaskleef aan die bietjie gebrekkigheid wat jy in die sestiger jare in die
NG kerk gesien het nie. Maak jou oë oop en sien die uitnodiging wat
Christenskap jou bied om te deel in eenvoudige vrede en vreugde.
Re: Die vrug van peitisme [boodskap #25541 is 'n antwoord op boodskap #25509] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> On Tue, 24 Aug 1999 18:11:40 GMT, @sympatico.ca wrote:
>
> |nie. Ek is, ongelukkig vir jou, buite die kader van mense wat apartheid
> |van die geestelike voorstaan.
> |
> Dis so jammer dat jy Christenskap nie ook as almal-verwelkomend ervaar nie.
> Moenie vaskleef aan die bietjie gebrekkigheid wat jy in die sestiger jare in die
> NG kerk gesien het nie. Maak jou oë oop en sien die uitnodiging wat
> Christenskap jou bied om te deel in eenvoudige vrede en vreugde.

Interesant om die redes te lees waarom Gloudina Christenskap verwerp.
MIskien het sy hulp nodig om haar Post-Apartheid-Stress syndrome te
oorkom.
Re: Die vrug van peitisme [boodskap #25542 is 'n antwoord op boodskap #25509] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Wat 'n mens wel hieruit kan aflei, is veel aangaande die godsdienstige
>> tradisie en die Godsbegrip waarin Gloudina self (volgens haar) as kind
>> geskool is. Ek het tevore gewys op die reste van soetsappige en
>> peitistiese "bybelstories" in haar vooroordele. Die uitlatings hierbo
>> versterk hierdie indruk aanmerklik.
>>
>
> Hier kom ou Leendert weer aan met die byl om af te kap alles wat
> nie met sy sienswyses saamstem nie.

Nie 'n byl nie, Gloudina. 'n Skalpel. Of, om te hou by jou plantaardige
beeld - 'n snoeimes.

En die rede waarom jy dit as 'n "byl" ervaar, is waarskynlik omdat dit
inlê onder die wortels.

> Ongelukkig vir jou gee ek my nie
> uit as 'n Christen nie,

Ek weet. Ek het self daarop gewys. Maar jy het vroeër. Volgens jou was
jy selfs sondagskoolonderwyseres, onthou?

Jy sien, Gloudina - jy gee jou wel uit as gesaghebbende oor die
Christelike geloof. As bron van jou gesag noem jy die Christelike
opvoeding wat jy gekry het.

As iemand nou opmerk dat jy ernstige leemtes het in jou kennis van die
Bybel, en dat "die Christelike tradisie", soos jy dit sien, 'n bepaalde
tradisie is wat nie verteenwoordigend is nie, dan is dit tog duidelik
dat hierdie wanvoorstellings moet kom uit die Christelike opvoeding wat
jy gekry het.

(En ja, die denktegniek wat ek hier gebruik, staan bekend as "logika".
Ons het dit van daardie Grieke ge-erf, vir wie jy soveel minagting het.
Dit word hoofsaaklik beskou as 'n linkerbreinaktiwiteit, maar ek kan
jou verseker dat dit selde slaag tensy dit ondersteun word deur 'n baie
aktiewe regterbrein :-)

> en kan jy my nie van "Christelike" pieteit
> beskuldig
> nie.

Dit doen ek nie.

> Ek is, ongelukkig vir jou, buite die kader van mense wat apartheid
> van die geestelike voorstaan.

Maar jy "verwerp" dit wat jy glo my "brand" van die Christelike geloof
is? Jy verwerp jou vriendin wat as Christelike sendeling na Indië gaan
om die heidene te vertel van wat jy "die ware god" noem?

Wat jy dus eintlik sê, is dat jy persoonlik glo in 'n veelheid van
gode, en dat alle gode die weg na die saligheid is - of liewer, 'n
soort a la carte benadering tot godsdiens.

Maar jy verwerp enigeen wat nie dieselfde inklusiewe geloof as jy
aanhang nie. Jy ontken dat hulle die reg het om slegs een god te erken.
En om daardie geloof te verkondig.

In die geval van Christene, Gloudina, moet jy nie sleg voel nie. Hulle
is gewoond daaraan. Om die waarheid te sê, die Nuwe Testament waarsku
hulle gereëld dat dit hul lot sal wees.

Wanner jy Christene dus vervolg vir die feit dat hulle "ekslusief" is
in hul godsdiens, is jy bloot besig om die Skrif te vervul.

Vriendelikie groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Vorige onderwerp: Die geloofsbelydenis van Gloudina
Volgende onderwerp: Die Leeu en Tarzan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 15:52:18 MGT 2024