Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die geloofsbelydenis van Gloudina
Die geloofsbelydenis van Gloudina [boodskap #25508] Di, 24 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina antwoord op Lou:

>> Per definisie - as jy glo dat God die enige God is en dat jou sondes
>> deur Jesus Christus se Kruisiging, dood en opstanding vergewe is, dan
>> glo jy dat ander 'godsdienste' verkeerd is. Die twee is nie versoenbaar
>> nie en is uitsluitend - of jy glo in die Christelike leer of glo jy ook
>> in dat daar ander gode is.
>
> Nee, Lou, jy is verkeerd as jy konstateer dat enige persoon watglo dat
> sondes deur Christus se kruisiging en opstanding vergewe is,
> per definisie moet glo dat ander godsdienste "verkeerd" is.

Dis is, natuurlik, ook nie wat Lou beweer het nie. Sy stelling staan
onder die verdere kwalifikasie: "As jy glo dat God die enige God
is...". Daarvolgens is Lou se aanvanklike stelling inderdaad korrek.

> Al wat
> die Christen moet glo, met sy hele hart en siel, is dat daar vergifnis is
> in die liefdedaad wat Christus betoon het deur sy lewe af te lê vir
> die sondes van die mensdom. In hierdie geloofsdaad is sy redding.

Wat "die Christen" glo is saamgevat in uitsprake soos die
geloofsbelydenisse van Nicea, van Westminster, die Apostoliese
geloofsbelydenis, en etlike ander alternatiewe formulerings wat deur
die eeue en nog steeds deur die Kerk in sy verskillende vorme
(insluitende die kerke van Rome en van Constantinopel) aanvaar is en
word. Hulle is heelwat meer omvattend as wat jy hier te kenne gee.

> In ander dade in ander "godsdienste" is daar redding vir die siel.

Die geloofsbelydenis van Gloudina tel, so ver ek weet, nie onder die
belydenisskrifte van enige bekende Christelike kerk nie. In die ou dae
sou ons gesê het dit is kettery.

My indruk (vir wat dit werd is) is dat die geloofsbelydenis van
Gloudina 'n tipiese voorbeeld is van 'n godsdiens wat die mens sentraal
stel, en wat gode skep om te voldoen aan die behoeftes van die mens.

As mens dit sou vergelyk met die ortodokse (ortodoks in sy klassieke en
nie-sektariese betekenis) Christelike geloofbelydenisse, is daar 'n
wesenlike verskil - lg gaan uit van die standpunt dat God sentraal
staan, en die mens geskep het tot Sy eer.

Dit lyk dus vir my nie verstandig om Gloudina se gesag te aanvaar oor
die inhoud van Christelike geloof nie.

> As jy anders glo, speel jy politiek met die Christelike boodskap
> van caritas.

As ek jy was, sou ek dit aan Christene oorlaat om hul uit te laat oor
die inhoud van hul geloof, Gloudina. Ook oor die inhoud van die begrip
"caritas".

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Die geloofsbelydenis van Gloudina [boodskap #25539 is 'n antwoord op boodskap #25508] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> As ek jy was, sou ek dit aan Christene oorlaat om hul uit te laat oor
>> die inhoud van hul geloof, Gloudina. Ook oor die inhoud van die begrip
>> "caritas".
>
> Ou Leendert, toe ek nog daar in Suid-Afrika gesit het waar die
> sogenaamdeChristene vir Adams Mission kom oorneem het sodat hulle die wittes
> en die
> swartes aan twee aparte kante van die saal laat staan het by
moregodsdiens,

Hmmmm..... En toe die sogenaamdeBoedhiste van Japan Koreaanse dogters
omskep het in kampprostitute vir hul dapper vegters in WOII? - om van
hul ander gruweldade nie eens te praat nie. (Daar is 'n ryke literatuur
oor in Nederlands - van die Nederlanders wat in Indonesië gevange
geneem is. Om nie eens te praat van ons eie Laurens van der Post nie,
wat self in een van die kampe was.)

> toe het ek jou brand van Christelikheid verwerp.

Wat is my "brand van Christelikheid", Gloudina?

> Die man wat die vuilwerk
> van die "Christelike" regering kom doen het, was die ouderling in die NG
> kerk
> op Amanzimtoti.

Ek verneem dat Mao se kulturele revolusie in groot mate gedryf is deur
boedhisteleiers?

> Daar was nie 'n greintjie caritas in hom nie. Hy was soos
> 'n
> klip so hard.

Hmmm.... Pol Pot is natuurlik universeel bekend vir sy oorvloedige
caritas.

> Het Adams net as 'n stepping stone gebruik, na die volgende
> verhoging. Verskoon my, as ek jou brand van Christelikheid verwerp.

Soos ek tevore gesê het, Gloudina. Christene bely dat hulle sondig is.
En sondaars bly, selfs al is hulle geredde sondaars. In hierdie opsig
stel hulle hulself _teenoor_ Christus, wat sonder sonde is.

Hoe jammer dit ookal is, moet jy dit dus nie vreemd vind as jy sonde
waarneem in die handelinge van Christene nie. (Kyk gerus maar in die
Bybel - ook die dissipels het gesondig.)

Wat ek eintlik hier betoog, Gloudina, is dit: as die sondige lewens van
Christene die rede is waarom jy die Christelike geloof "verwerp", wil
ek graag 'n voorbeeld sien van mense wat sonder sonde is - ongeag hul
geloof.

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Die geloofsbelydenis van Gloudina [boodskap #25540 is 'n antwoord op boodskap #25508] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Sonde kom glo van die Griekse woord wat beteken om jou doel
te mis, in die konteks van 'n boogskutter, wat sy pyl
skiet na die teiken. Dit is al. Jesus het gekom om ons te
wys hoe om reg te korrel, en ons doel te bereik.

Kerkvaders deur die jare nog die sonde aspek van menswees
misbruik om mense d.m.v. sonde te manipuleer. Hou die mense
besig met 'n skuldgevoel kompleks, herrinner hulle aan
hulle foute van die verlede, sodat hulle 10% van hulle
salaris aan die Kerk kan betaal, en die ewigdurende sirkel
van herrinner jou aan jou sonde gaan voort. Maar nooit hoor
jy hoe om jouself, of jou gees te ontwikkel nie, en jou
doel as mens te bereik nie. Jy moet maar net tot God bid.

Mense wat gatvol geword het vir skuld preke, gaan na die
New Age om hulle geestelike aspek te ontwikkel. En dit is
die Kerke se skuld. Maak nie saak wat jy doen nie, jou
beste werke is vol sonde. Dit is siel afbrekende snert.
Verlaag andere, sodat jy jouself kan verhoog. Wanneer ons
andere afkraak, is ons laer as andere, nie anders om nie.
Net een vraag - as ons as mens in die ewebeeld van God
geskape is, hoekom kan ons as mens nie deur ontwikkeling
van die siel nie na daardie ewebeeld terug te keer nie. Wie
het die reg om ons te verbied?

Daarom het ek doelbewus my sekslewe ingesluit, om mense die
hel in te maak om te pos. En die atmosfeer op hierdie ng te
verander. Een van skuldgevoel kompleks, wat polities
uitgebuit word, na 'n inter kulturele gespreksforum. Daarom
het ek met Sabsy reggemaak, en vir hom opgestaan. Stel nie
belang net in andere se foute nie, maar om mense te help om
aanpassings te maak om in die Nuwe SA te oorleef, en sukses
te maak van 'n integreerde politieke bestel. Mense het +-
nege maande tyd gehad om hulle emosies op ordentlike wyse
te ontlaai. Sodat die verkiesing in stilte kon verloop. Lag
nog as daar na my verwys word as 'n politieke leier.

Vorige onderwerp: Raar maar waar...
Volgende onderwerp: Die vrug van peitisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 12:40:26 MGT 2024