Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Vuurwapens
Vuurwapens [boodskap #25489] |
Tue, 24 August 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Simon Vat-'n-Kans skryf:
Die manier om verdagte statisitek aan te spreek is om te demonstreer op
watter wyse dit verkeerd is.
Korrek. Die enigste ding wat dit gaan laat verdwyn is 'n doeltreffende
polisiediens, geregshowe wat funksioneer, en 'n strafstelsel
("korrektiewe" stelsel, as jy wil), wat misdaad 'n onaantreklike opsie
maak.
Aangesien al drie hierdie elemente in SA ontbreek, is burgers effektief
van hulself afhanklik om hul fundamentele reg op lewe en vryheid te
handhaaf. Wanneer jy hulle nog die vermoë probeer ontsê om hierdie
regte uit te oefen, sal hulle nie ophou om hulself te beskerm nie.
Hulle sal dit bloot op onwettige wyses doen.
Al wat jy bereik, is om wetsgehoorsame burgers in misdadigers te omskep
met 'n pennestreep.
|
|
|
Re: Vuurwapens [boodskap #25491 is 'n antwoord op boodskap #25489] |
Tue, 24 August 1999 00:00   |
Hennie Louw
Boodskappe: 31 Geregistreer: January 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7ptdjd$dhp$1@nnrp1.deja.com...
> Simon Vat-'n-Kans skryf:
>
> >
>
> Die manier om verdagte statisitek aan te spreek is om te demonstreer op
> watter wyse dit verkeerd is.
>
Hy sal nie kan nie, daar is geen akkuate statestieke vir Suid Afrika
beskikbaar nie. Die syfer van 2.5% het ek in die koerant gelees en die een
vir misdade met gesteelde "wettige" wapens (8% om presies te wees) in die
Landbou Weekblad.
Ek het vir SAGA en die redakteur van Magnum gevra om vir my inligting te gee
oor die aantal gelensieerde wapens wat gesteel is/word en hoeveel daarvan
vir misdaad gebruik word.
SAGA het nognie terugvoering gegee nie, maar Ron Anger van Magnum het gesê
daar is slegs ALGEMENE statestieke beskikbaar.
Nou wil ek weet hoe kan die regering so 'n nuwe wetgewing so ondeurdag,
sonder akkurate syfers deur die parlement stoomroller.
Besef hulle dat dit die jagbedryf wat een van die snelgroeiendste in die
land is tot niet gaan maak?
Dan is hulle nog tegnies onkundig ook, hulle skeer jaggewere onder die
selfde kam as handwapens want "die loop kan afgesaag word"
Ek daag enigeen van die wetmakers uit om met 'n 375H&H met 'n afgesaagde
loop te skiet, hy sal baie skielik baie hard gaan sit of met 'n af skouer
rondloop. Die ligter kalibers sal met 'n afgesaagde loop meer werd wees as
'n knuppel as vuurwapen.
>
> Maar my punt is dat die dra van vuurwapens deur individue nie
> hierdie soort van voorval, hoe brutaal ookal, gaan laat verdwyn
> nie.>>
>
> Korrek. Die enigste ding wat dit gaan laat verdwyn is 'n doeltreffende
> polisiediens, geregshowe wat funksioneer, en 'n strafstelsel
> ("korrektiewe" stelsel, as jy wil), wat misdaad 'n onaantreklike opsie
> maak.
Ditto
> Aangesien al drie hierdie elemente in SA ontbreek, is burgers effektief
> van hulself afhanklik om hul fundamentele reg op lewe en vryheid te
> handhaaf. Wanneer jy hulle nog die vermoë probeer ontsê om hierdie
> regte uit te oefen, sal hulle nie ophou om hulself te beskerm nie.
> Hulle sal dit bloot op onwettige wyses doen.
>
> Al wat jy bereik, is om wetsgehoorsame burgers in misdadigers te omskep
> met 'n pennestreep.
>
Nie net dit nie, vir die eerste keer hoor ek mense praat van oorlog, en dit
is mense van wie ek dit nooit kon verwag nie.
> wat bedoel is om motorkapings te verhoed. Dit bestaan uit 'n vlamwerper
> wat onder die bak van die motor gemonteer is. Wanneer die bestuurder
> van die voertuig dit aktiveer, rig dit 'n ontsaglike straal vuur op
> enigeen wat voor die deure van die motor staan. Iemand wat hierdie
> behandeling oorleef, en nie 'n ontsettend pyblike dood sterf nie (soos
> met die haslnoermetode wat nog steeds gewild is) sal waarskynlik vir
> die res van sy lewe afskuwelik geskend wees.
>
> Ek kan my min dinge meer geweldadig en gruwelik voorstel.
Die stelsel mag adverteer word, maar dit is teen die wet om pamflette of
brosjures te versprei wat mense en kinders inlig oor die veilige hantering
van vuurwapens.
> In Centurion het 'n gesin verlede maand in hul huis doodgebrand. Hulle
> kon nie uit die huis ontsnap nie, weens die diefwering wat bedoel was
> om misdadigers uit te hou.
>
> _Dit_ is geweld in die ergste graad.
>
> In townships gebeur dit deesdae gereeld dat inwoners wat nie vuurwapens
> het nie, vermeende misdadigers met klippe doodgooi of die halsnoer op
> hulle uithaal.
>
> Die probleem is nie die vuurwapens nie. En as jy vuurwapens verban gaan
> die probleem nie verdwyn nie.
>
> Al wat jy gaan regkry is om nog meer "misdade" te skep, wat jou reeds
> oorlaaide strafstelsel sal besig hou met die vervolging van voorheen
> wetsgehoorsame burgers.
>
>
> 'n mens moet êrens begin.>>
>
> Ek stem saam. Die plek om te begin is _nie_ om wetsgehoorsame burgers
> in misdadigers te omskep omdat hulle die regte probeer handhaaf wat die
> regering nie kan beskerm nie.
>
> Die plek om te begin is om jou burgers te beskerm teen die misdaad
> waarteen hulle hulself probeer beskerm.
Weer Ditto
> is as iets wat "'n man van jou maak". Dis miskien hoekom ek dink
> soos ek dink. Miskien is ek maar net gelukkig.>>
>
> Jy het grootgeword in 'n samelewing wat relatief veilig was. Dit was
> voordat die regering die hele land onregeerbaar gemaak het.
>
> Pasifisme is goed en wel. Maar passifisme wat afgedwing word op
> slagoffers is onderdrukking.
>
> En ja. Daar is mense wat wapens as 'n simbool van "manlikheid" gebruik.
> Daardie mense gebruik deur die bank motors en drankverbruik vir
> dieselfde doel. Met veel erger gevolge.
>
Ek ondervind nogal dat ouens met 'n Rambo houding t.o.v. wapens min
selfvertroue het. Manne met 'n voorliefde vir sportmotors is(volgens een
van my vrou se tydskrifte) onder bedeeld. :-))
Hennie
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vuurwapens [boodskap #25608 is 'n antwoord op boodskap #25489] |
Sat, 28 August 1999 00:00  |
Hennie Louw
Boodskappe: 31 Geregistreer: January 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
>> Ek ondervind nogal dat ouens met 'n Rambo houding t.o.v. wapens min
>> selfvertroue het. Manne met 'n voorliefde vir sportmotors is(volgens een
>> van my vrou se tydskrifte) onder bedeeld. :-))
>>
>> Hennie
>
>
> Dêm!!! Ek het gewonder waarop my hunkering na my eie oop sportmotor wys.
It's not the size of the wave, it's the motion of the ocean.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 10:02:49 UTC 2025
|