Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » sjoe maar dis stil hier!
sjoe maar dis stil hier! [boodskap #2539] Vr, 19 September 2003 18:58 na volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
ek wonder nou regtig wat van DD geword het. Dis nie hy om sommer net te verdwyn
nie. Katrina is ook vannie 'map' af. Anneries sê ook niks, nou ja, dis min dae
vir my hier. Ek moet sê ek sal nogal verlang om so nou en dan net longe te kom
skoonmaak hier. Maar dit is regtig nie meer die moeite werd vir my nie. Al die
inligting oor die grootmaak en hantering van gaaie het ek. My maat David Lal in
London sal ek nogal mis met ons e-posse oor die doen en late van papegaai
eienaars. Eintlik was dit my groot rede om internet te kon aanskaf. In die begin
was dit lekker om ure op te wees en met die res van die wêreld te kommunikeer
via IRC. Sê my Lorinda het jy ooit gesels op IRC? Die paar mense wat interessant
gepraat het op die Afrikaanse ng's het ook verdwyn. Ek het baie van ou Plaasvark
se stories gehou. Hy
het altyd vir ou Canada Dry so op haar plek gesit. ..... heheh
Daar was nog so 'n paar ander ook. Min het werklik oorgebly jy weet, sal nou sê
die wat 'sense' gepraat het. Nouja, dis elk geval lekker om met jou te praat,
nie dat jy nou eintlik veel seg nie ná :-) maar mens wil seker ook nou nie alles
adverteer op die ng. nie.
Het nou weer in die afgelope paar dae lekker gereën en ek kon nie my daaglikse
stap doen nie. Ek stap gemiddeld so 4-5km per dag, dis die kwak se orders. Hy sê
dit help hou die cholestrol laag, seker maar so. Maar ek geniet dit baie.
Anyways, hier gesels ek al weer non - stop.
Groete vir eers en haal maar solank die elektriese komberse uit :-)
--------------------------------------
A person with an argument is no
match for a person with an experience
--------------------------------------
Re: sjoe maar dis stil hier! [boodskap #2540 is 'n antwoord op boodskap #2539] Sa, 20 September 2003 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...

> Sê my Lorinda het jy ooit gesels op IRC? Die paar mense wat interessant
> gepraat het op die Afrikaanse ng's het ook verdwyn. Ek het baie van ou Plaasvark
> se stories gehou. Hy
> het altyd vir ou Canada Dry so op haar plek gesit. ..... heheh
> Daar was nog so 'n paar ander ook. Min het werklik oorgebly jy weet, sal nou sê
> die wat 'sense' gepraat het. Nouja, dis elk geval lekker om met jou te praat,
> nie dat jy nou eintlik veel seg nie nê :-) maar mens wil seker ook nou nie alles
> adverteer op die ng. nie.
> Het nou weer in die afgelope paar dae lekker gereën en ek kon nie my daaglikse
> stap doen nie. Ek stap gemiddeld so 4-5km per dag, dis die kwak se orders. Hy sê
> dit help hou die cholestrol laag, seker maar so. Maar ek geniet dit baie.

> --------------------------------------

Ek het nog nooit IRC gebruik nie. Ons sal jou mis as jy nie meer hier
is nie... dink jy nie jy sal dit tog mis nie? Die ng is inderdaad
stil, maar dit gaan maar partykeer so. Ek stap ook baie, maar dis
omdat ek daarvan hou. Ek stap gewoonlik werk toe en so aan. Ek is nou
nie eintlik iemands vir countryside walking nie...:-, maar ek kan vir
ure in Londen stap. Ek doen dit selfs in die reen...:-)Ek hou ook
daarvan om in Brighton langs die strand te stap, dan koop ek gewoonlik
'n bakkie whelks of cockles of winkles en loop en eet dit. Baie mense
haat die goed maar ek is nogal lief daarvoor.


Lorinda
Re: sjoe maar dis stil hier! [boodskap #2577 is 'n antwoord op boodskap #2540] Vr, 26 September 2003 17:45 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Im walking in the rain, just walking in the rain ........... Fred wie? :-)
---
"Lorinda"
maar ek kan vir
: ure in Londen stap. Ek doen dit selfs in die reen...:-)
Vorige onderwerp: " Kort vloed " deu r CORNELIUS VAN DER MERWE
Volgende onderwerp: Slakke (vir Katryn se tuin)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:39:46 MGT 2024