Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jy was (so half) reg, Ferdi!
Jy was (so half) reg, Ferdi! [boodskap #25295] |
Sat, 14 August 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vanaand op Spookstasie, was Martin Versfeld aan die beurt - en
Augustinus as 'n groot invloed op sy filosofie.
Die ouens vertel dat Augustinus 'n Berber was. Dus nie 'n Griek,
Romein, of Jood nie.
Hulle wil ook hê dat dit hom "swart" maak. (Versfeld het glo in die
Sestigs opgemerk dat Augustinus se gelaatskleur hom uit die "blanke"
waens in 'n trein sou hou!)
Maar dan, ek en jy het al tevore vasgesit oor 'n "swart" regering, en
ek is regtig nie lus vir 'n tweewekegeveg oor die "swart"-heid van
Berbers nie :-)
Groete, Leendert
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
|
|
|
Re: Jy was (so half) reg, Ferdi! [boodskap #25314 is 'n antwoord op boodskap #25295] |
Sun, 15 August 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Vanaand op Spookstasie, was Martin Versfeld aan die beurt - en
> Augustinus as 'n groot invloed op sy filosofie.
>
> Die ouens vertel dat Augustinus 'n Berber was. Dus nie 'n Griek,
> Romein, of Jood nie.
>
> Hulle wil ook hê dat dit hom "swart" maak. (Versfeld het glo in die
> Sestigs opgemerk dat Augustinus se gelaatskleur hom uit die "blanke"
> waens in 'n trein sou hou!)
>
> Maar dan, ek en jy het al tevore vasgesit oor 'n "swart" regering, en
> ek is regtig nie lus vir 'n tweewekegeveg oor die "swart"-heid van
> Berbers nie :-)
Wyse man, wat die handdoek ingooi voor
die geveg begin.
Gloudina
>
>
> Groete, Leendert
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
|
|
Re: Jy was (so half) reg, Ferdi! [boodskap #25317 is 'n antwoord op boodskap #25295] |
Sun, 15 August 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Die ouens vertel dat Augustinus 'n Berber was. Dus nie 'n Griek,
> Romein, of Jood nie.
>
> Hulle wil ook hê dat dit hom "swart" maak. (Versfeld het glo in die
> Sestigs opgemerk dat Augustinus se gelaatskleur hom uit die "blanke"
> waens in 'n trein sou hou!)
Hoekom verklaar jy nie maar net dat Berbers
honorary whites is, soos hulle in die apartheids-
jare gemaak het met die Japannese nie?
Dit slaan my nou nog dronk as ek terugdink
aan die dinge wat in daardie jare aangegaan het.
Op Stellenbosch was die professor wat vir Adam
Small in sy huis ontvang het (as hy die studente kom
toespreek) 'n lokale held. En almal was geskandaliseer
oor die feit dat die aantreklike swart Zulu assistent wat
vir die wit professor wat Zulu doseer het moes help met
uitspraak, agter 'n skerm moes sit. Hoekom het die
apartheidsregime so lank geduur, soveel erger geword
in die later jare? Was dit dat die bevolking van SA in
die kloue van 'n terroriste-groep was, en bang was om
iets te doen?
Gloudina
>
|
|
|
Re: Jy was (so half) reg, Ferdi! [boodskap #25333 is 'n antwoord op boodskap #25295] |
Mon, 16 August 1999 00:00  |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Ferdi Greyling wrote:
> On Sun, 15 Aug 1999 15:11:48 GMT, 1...@1.net (Aspris) wrote:
>
> > die tyd of so iets. By Kovsies kon ons in die
>> vroeë jare vyftig die Sotho-assistent in die
>> oë kyk. Ek het nooit opgelet of hy aantreklik
>> was of nie. >>
>
> En in die laat jare sestigs?
Ja, moenie kom vertel wat in die vroeg vyftigerjaregebeur het as
illustrasie van hoe die apartheidsjare
was nie. In die vroeg vyftigerjare het hulle nog net
gepraat. Die eerste hoof van Bantoe Onderwys
was nog 'n uitmuntende professionele persoon,
wat lank inspekteur van skole vir swart onderwys
was. Dis eers wanneer al die mense met self-
respek gewyer het om saam te speel, dat die
skorremorrie die lysels in hulle hande gekry het.
Gloudina
|
|
|
Re: Jy was (so half) reg, Ferdi! [boodskap #25334 is 'n antwoord op boodskap #25295] |
Mon, 16 August 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Die ouens vertel dat Augustinus 'n Berber was. Dus nie 'n Griek,
>> Romein, of Jood nie.
>>
>> Hulle wil ook hê dat dit hom "swart" maak. (Versfeld het glo in die
>> Sestigs opgemerk dat Augustinus se gelaatskleur hom uit die "blanke"
>> waens in 'n trein sou hou!)
>
> Hoekom verklaar jy nie maar net dat Berbers
> honorary whites is, soos hulle in die apartheids-
> jare gemaak het met die Japannese nie?
Hoekom sou ek?
> Dit slaan my nou nog dronk as ek terugdink
> aan die dinge wat in daardie jare aangegaan het.
> Op Stellenbosch was die professor wat vir Adam
> Small in sy huis ontvang het (as hy die studente kom
> toespreek) 'n lokale held. En almal was geskandaliseer
> oor die feit dat die aantreklike swart Zulu assistent wat
> vir die wit professor wat Zulu doseer het moes help met
> uitspraak, agter 'n skerm moes sit. Hoekom het die
> apartheidsregime so lank geduur, soveel erger geword
> in die later jare?
Weer 'n klomp snert wat so sito-sito die lug ingestuur word om te val
waar dit wil. Teen die middel sewentigerjare het Stellenbosch bruin en
Indiërstudente, en later ook dosente op sy kampusse gehad. Teen die
middel tagtigs, ook swartes. Op welke manier het dit dan "erger" geword?
> Was dit dat die bevolking van SA in
> die kloue van 'n terroriste-groep was, en bang was om
> iets te doen?
(En hier kom sy weer met haar ou tema van Afrikaners wat te dom is om
vir hulself te dink - mislei deur buitelanders. Tussen hakies: Gaye
Derby-Lewis kan haarself goed met Afrikaans behelp in radio-onderhoude.
Kan jou kinders dit doen?)
Nee, Gloudina. Dit was gewonde mense soos jou pa en sy bure wat vir
hulself gedink het, en kon sien dat die alternatief vir almal erger sou
wees.
Iets wat jy kennelik vermy om te doen. So lank jy by die party line
hou, kan geen werklikheid jou skeel nie.
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:49:11 UTC 2025
|