Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Internasionale sjokolade
Internasionale sjokolade [boodskap #25179 is 'n antwoord op boodskap #25180] Do, 05 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vir die van julle wat in SA is:-

Ons kry nie regte Cadbury sjokolade in die VSA nie! Dis wreed, maar waar!

Hershey vervaardig wel Cadbury sjokolade, maar dit proe baie anders. Die naaste
wat ons aan regte Cadbury kan kom, is om sjokolade per geleentheid of per pos
van Kanada af te bestel. Die smaak is baie nader aan SA sjokolade as die
Hershey produk.

Ek en my vrou loop gisteraand in die Mall of America en swaai daar by 'n Ierse
winkeltjie in waar gewoonlik ook regte Cadbury sjokolade is. ('n Flake is darem
maar onvervangbaar in die sjokolade wereld.) En daar kry ons toe nou werklik
internasionale sjokolade:

Ons, as oud-SuidAfrikaners loop in 'n Ierse winkel In Amerika in om sjokolade te
kry wat soos die SuidAfrikaanse soort proe. Die sjokolade papiertjie sê die
sjokolade word vir Cadbury van Dublin Ierland vervaardig, maar complaints moet
jy na Cadbury in Engeland stuur. Die sjokolade is in Argentinié vervaardig.

Dit het redelik lekker gesmaak! Die oorlog oor die Falklands is hopelik al
vergete!

die nie-reisende Johan
Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25180 is 'n antwoord op boodskap #25179] Do, 05 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
My filosofie is bietjie anders as joune, Johan. As oud-Suid-Afrikaner het ek
die lekker dinge van die vaderland in die verlede agtergelaat. Dit sluit in
biltong, boerewors, Oxo, Bovril, Ceres sap en Liquifruit, Enos, growwe brood
en Old Cape saadbrood, Delheim Shiraz, Meerlust, Zandvliet en al die ander
ongelooflike wonderlike lekkernye. Ek bêre dit vir die enkele keer wanneer
ek daar gaan kuier, en dit dan onbeskaamd kan geniet.

In plaas daarvan ontdek ek hier ander lekkernye. Nie lekkerder of beter nie,
net anders: bagels met roomkaas (NIKS is lekkerder vir ontbyt saam met 'n
koppie koffie nie!) en die heerlike pikante Italiaanse wors wat ek Sondae
braai; ook healthnut brood, Concha y Toro cabernet of sauvignon blanc, Blue
Mountain rooiwyn, vars Atlantiese salm oor die kole gebrai, Tex Mex chili,
New York pizza en Chicago kaaskoek, en Philly steak met kaas; gebakte
aartappel met brand salsa daaroor, pretzels met mostert of tortillaskyfies
met vars guacamole. En vir sjokolade is daar min dinge so lekker soos
Reese's peanut butter cups, of 'n Babe Ruth. Chocolate chip cookies, lemon
poppyseed muffins - of wortel- en rosynemuffins - my gunsteling! Nou nie dat
ek die soethappies kan eet nie, maar darem.... Of 'n beker espressokoffie by
Starbucks - "tall latte" - en, as jy regtig dors is - yskoue suurlemoen
ystee. Daarvan hou ons permanent 'n groot beker in die yskas aan. Vir
middagete gou 'n lekker hoagie of 'n sub gaan koop by die deli om die hoek
van waar ek werk. Jy bestel dit soos jy dit wil hê, en die Sjinees maak dit
daar voor jou, waar jy kan sien wat hy alles opsit. Ons gaan haal soms
Sjinees uiteetkos (die "Chinese takeaway" waarvan die King's Singers so
lekker sing, al is hulle Brits) en die vreugde van Szechuan kookkuns het ons
eers hier leer waardeer. Alles kom in die oulikste kartonemmertjies met
hingsels, sodat jy eintlik seerkry om die houertjies weg te gooi.

Ek het die vreugde ontdek van vroegoggend (kort duskant sewe-uur) gou op pad
werk toe by Bagel Junction aan te ry vir 'n vars, warm bagel met dik
roomkaas daarop, en 'n beker vars koffie. Jy eet en drink sommer so in die
ry - die Amerikaners het sulke oulike uittrek skinkbordjies in hulle motors,
waarin die beker koffie lekker pas. Met 'n handdoekie oor my skoot word my
klere darem ook beskerm, en so geniet jy 'n lekker ontbyt in die ry as jy
nie tyd gehad om tuis rustig te sit en koffie drink nie. Gelukkig dat ek oor
"country roads" werk toe ry, en dan al langs die Delawarerivier af. Soggens
is daar nie juis verkeer op die paai wat ek ry nie. Dis ongelooflik
wonderlik om tussen die landerye deur te ry, tot by die rivier, tussen bome
deur wat herinner aan Tsitsikamma, deur dorpies wat dateer uit die 17de
eeu - meer as 300 oud. Ons bly in Newtown, wat meer as 350 jaar oud is.

En so aan, ensovoorts. Ons Suid-Afrikaanse vriende hier - BAIE oulike
mense - bly verknog aan die lekkertes van die vaderland. Hulle voer uit
Kanada in, en koop van oor die hele Amerika by spesialiteitswinkels, soms
oor die Internet. By hulle kry jy altyd Castle Lager, Ceres sap, Marmite,
Kaapse rooi- en witwyn. Ook boerewors uit Virginia. Baie, baie lekker.

Maar hoekom? Na sommige van ons vriende reeds twaalf jaar en langer hier
woon? (Terloops, as jy wil, kan ek jou 'n paar Internet-adress gee waar jy
regte Cadburysjokolade kan bestel. Ook Cream Soda, Stoney gemmerbier en
alles waaraan jy kan dink. Maar ek is seker jy weet reeds daarvan.)

Groetnis!
Henry

Johan skryf in boodskap news:37a9c3cf.500864350@Choice010...
> Vir die van julle wat in SA is:-
>
> Ons kry nie regte Cadbury sjokolade in die VSA nie! Dis wreed, maar waar!
>
> Hershey vervaardig wel Cadbury sjokolade, maar dit proe baie anders. Die naaste
> wat ons aan regte Cadbury kan kom, is om sjokolade per geleentheid of per pos
> van Kanada af te bestel. Die smaak is baie nader aan SA sjokolade as die
> Hershey produk.
>
Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25192 is 'n antwoord op boodskap #25180] Vr, 06 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johan, jy skryf: "Sederdien het ek die resepte gevat -
lekker gelees voor slaaptyd een aand en die volgende naweek
my eie sous aanmekaargeslaan met Amerikaanse inhoud en
seker die lekkerste steak in 'n baie lang tyd geeet."

Nou maak jy my mos sommer lus vir jou resep, maat. Vertel
bietjie meer van wat jy alles in jou eie monkeygland sous
sit. Sou dit nogal graag die naweek wou probeer.

Groetnis

Henry

Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25193 is 'n antwoord op boodskap #25180] Vr, 06 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Aug 1999 17:27:34 -0400, "Kwarantyn" wrote:

|My filosofie is bietjie anders as joune, Johan. As oud-Suid-Afrikaner het ek
|die lekker dinge van die vaderland in die verlede agtergelaat.

......
|
|Maar hoekom? Na sommige van ons vriende reeds twaalf jaar en langer hier
|woon? (Terloops, as jy wil, kan ek jou 'n paar Internet-adress gee waar jy
|regte Cadburysjokolade kan bestel. Ook Cream Soda, Stoney gemmerbier en
|alles waaraan jy kan dink. Maar ek is seker jy weet reeds daarvan.)
|
Jinne Henri, jy skryf so lekker jy maak mens skoon lus. Ons het ook
baie gou meeste onverkrygbare dinge afgeleer. Die Cadbury wat so
drie of vier keer 'n jaar van Kanada af kom of in die Mall gekoop
word, is maar so 'n "treat" nou en dan. Wat ons wel nog baie van eet,
en self maak, is boerewors. In die eerste plek is dit darem baie
lekker om vinnig in die pan te ontdooi soos dit gaar word vir wanneer
jy haastig is - en die bratwurst en sausage wat ons hier kry is nie
vir my so lekker nie.

Twedens het die boerewors makery saam met vriende 'n heerlike sosiale
geleentheid geword. En dit gebeur ook maar net so drie keer per jaar
of so.

Ekself was nooit te mal oor bier nie - so ek kan geen verskil tussen
Amerikaanse bier en Castle proe nie - alles vir my ewe bitter en sleg.
En al kry ek nou en dan lus vir Fanta Grape, weier ek om $1 per
blikkie te betaal uit Kanada uit of een van die ander plekke. Selfs
Ceres vrugtesappe wat vryelik hier beskikbaar is, is bietjie duur en
verkies ek eerder om te gaan vir die heerlike suiwer Florida
lemoensap.

Ons het ook in die begin vir besoekendes gevra om sop poeier saam te
bring, waarmee ons baie gekook het, maar wat, toe ons nou laaste paar
maande van besoekers gehoor het, kon ons nie eers vir die mense in SA
'n lysie gee van wat ons wil hê nie.

Jy is heeltemaal reg, 'n mens vervang meeste van daardie goed met,
soos ek dit beskryf, nuwe avonture. Ek geniet dit om byvoorbeeld vir
besoekers te wys hoe die mieliemeel lyk wat van blou mielies gemaak
word en pers mieliepap gee.

My vrou het leer moerkoffie drink en die voorraad rooibostee wat ons
twee jaar gelede saamgebring het, begin nou eers stadig klaarraak
(koeldrank vir die kinders).

Ek het die waarheid begin besef van wat jy hier bo vertel, so in die
begin van hierdie jaar toe ek vreeslik lus was vir 'n lekker steak met
Monkeygland sous oor. Ek vra toe rond vir resepte, maar voor ek kon
maak, bring iemand vir my 'n bottel van SA af. Groot okasie - wat
heel platgeval het - dit was toe glad nie so lekker as wat ek onthou
het nie!

Sederdien het ek die resepte gevat - lekker gelees voor slaaptyd een
aand en die volgende naweek my eie sous aanmekaargeslaan met
Amerikaanse inhoud en seker die lekkerste steak in 'n baie lang tyd
geeet.

Al het ons nie aan die begin van ons verblyf hier, baie
grondboontjiebotter geeet nie, so dink ons, is ons heel uitgeeet
daaraan. Ek sal so nou en dan nog bietjie kanon-ghries op 'n
toebroodjie smeer, maar al die lekkers met die peanutbutter in, trek
my glad nie meer nie.

Ek het, tot my spyt, hier geleer kaaskoek eet! Ai, dis darem maar
boos lekker - en dit moet die "plain" een wees met niks vrugte op nie.
Ek moet nog die Chicago kaaskoek proe - 'n vriendin gaan die einde van
die maand en het belowe om 'n heel een vir ons terug te bring!

En ek het hier geleer hoe om 'n regte Cordoonse Blou (ja leendert - ek
weet dissie die spelling nie) ommelet te bak! Sommer vir onsself.

Nou ja, dis eker duidelik dat ek die kombuis en sy produksie
liefhet... Henri, skryf asb meer oor jou ervaringe - dis so lekker
om jou met 'n ander ou se wedervaringe te vereenselwig, al is daar
verskille hier en daar! En ek is seker die ouens in SA vind dit ook
effens interesant of van die wierd oud SAners te lees!

soos Garrison Keiller sê: "...and that's the news from Lake Woebegone, where the women are strong,
the men are good looking and the children are all about average...."

=|:^)

Johan
Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25194 is 'n antwoord op boodskap #25180] Vr, 06 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julie Morgan  is tans af-lyn  Julie Morgan
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan skryf in boodskap news:37a9c3cf.500864350@Choice010...
> Vir die van julle wat in SA is:-
>
> Ons kry nie regte Cadbury sjokolade in die VSA nie! Dis wreed, maar waar!
>
> Hershey vervaardig wel Cadbury sjokolade, maar dit proe baie anders. Die naaste
> wat ons aan regte Cadbury kan kom, is om sjokolade per geleentheid of per pos
> van Kanada af te bestel. Die smaak is baie nader aan SA sjokolade as die
> Hershey produk.
>
> Ek en my vrou loop gisteraand in die Mall of America en swaai daar by 'n Ierse
> winkeltjie in waar gewoonlik ook regte Cadbury sjokolade is. ('n Flake is darem
> maar onvervangbaar in die sjokolade wereld.) En daar kry ons toe nou werklik
> internasionale sjokolade:
>
> Ons, as oud-SuidAfrikaners loop in 'n Ierse winkel In Amerika in om sjokolade te
> kry wat soos die SuidAfrikaanse soort proe. Die sjokolade papiertjie sê die
> sjokolade word vir Cadbury van Dublin Ierland vervaardig, maar complaints moet
> jy na Cadbury in Engeland stuur. Die sjokolade is in Argentinië vervaardig.
>
> Dit het redelik lekker gesmaak! Die oorlog oor die Falklands is hopelik al
> vergete!
>
> die nie-reisende Johan
Ek stem met jou saam Johan - ek dink die sjokolade hier is baie soeter as in
SA. Ek koop Marmite, Crunchie, Aero and 'n Cadbury Flake van tyd tot tyd by
Publix "Grocery Store". Net onlangs het ek vir die eerste keer in 4 jaar 'n
klomp SA produkte (o.a. sjokolade) gekoop en tot my teleurstelling uitgevind
dat die SA produkte nie meer proe soos ek dit onthou nie. Ek dink ek het
gewoond geraak aan die Amerikaanse produkte en siedaar, ek hunker ek nie
meer so baie na SA produkte soos in die verlede nie.

Groete
Julie
Esta Terblanche: http://www.oocities.org/TelevisionCity/Station/1706
Julie's World: http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308
My Photo Album: http://www.oocities.org/TheTropics/Resort/5336
Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25195 is 'n antwoord op boodskap #25180] Vr, 06 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Aug 1999 06:13:38 -0800, flappie wrote:

|Nou maak jy my mos sommer lus vir jou resep, maat. Vertel
|bietjie meer van wat jy alles in jou eie monkeygland sous
|sit. Sou dit nogal graag die naweek wou probeer.
|
Ek begin met uie wat ek in bietjie olyfolie braai, stadig sodat dit nie brand
nie. Net voor die uie bruin word, gooi ek so 'n twee eetlepels bruinsuiker by
en sodra dit gesmelt het en die uie lekker bedek het, skud ek die soya sous
bottel so paar maal oor die pan (hy ruik dan sterk, maar hy verdwyn gou in as jy
nie te veel gebruik nie).
Dan kom daar bietjie van die kook-rooiwyn van die supermark af - hierdie ouens
moet nou net lekker saampraat en nie brand nie - roer maar gedurig.
Die volgende is of tamaties wat geskil en fyn gemaak is, of amper 'n koppie
tamatiesous van een of ander aard. Selfs tamatie sop sal doen.
As jy lus is, kan jy 'n skoot Worcester sous by sit. Omdat ek die suiker by die
uie gesit het, wag ek tot nou toe om ook 'n bietjie kruiemengsel in te strooi
(mixed herbs = Amerikaans: mixed irbs), anders, soos vir maalvleis, gooi ek die
kruie al by die braaiende uie.

As dit lyk of die sous te gou wil dik word, sal jy sien daar is terselfdertyd
nie genoeg sous nie en dan doen ek maar so half koppie water op 'n slag by. Hy
kan maar bietjie aan die dun kant wees terwyl hy so prut - en op hierdie stadium
kan hy geduldig op die stoof wag vir die braaiery om te gebeur.

Net voor jy hom wil voorsit, moet hy net dunner wees as wat jy hom wil hê, want
dan kom die laaste stap wat ek by die heer Graham Kerr geleer het:

Jy koop arrowroot, 'n wit poeier om souse mee te verdik - dis baie duur in
gewone supermarkte (vind julle ook kruie in Amerikaanse supermarkte is baie
duur?), maar ek koop 'n pond op 'n slag by Penzey's.
Jy maak so teelepel van die goed aan met 'n kwart koppie water - dis dan
melkerig. Dan haal jy die pan of pot van die stoof af vir ten minste tien
sekondes en gooi die arrowroot by en roer dit goed deur. Dan kan jy hom maar
weer terug stoot op die plaat. Soos hy gaar word, sal die arrowroot se
melkerigheid helder word en die sous net reg verdik en die mooiste van die
arrowroot is dat hy die sous geweldig blink maak - die kos lyk regtig aantreklik
met die baie blink sous oor. (Dit geld vir enige sous).

Hoop julle eet lekker!

Graham Kerr kan gesien word by :

http://www.grahamkerr.com/index.htm

en Penzey's by:

http://www.penzeys.com/index.htm

Ons is gelukkig om 'n Penzey's hier in St Paul te hê - dis 'n belewenis om daar
in te stap en te kies uit vier verskillende soorte kaneel en al die kruie reuke
te ruik.
Dis waar ek my koljander op groot maat koop vir die boerewors. Dan moet dit nog
gebrand word en gemaal word.

Lekker naweek hou!

Johan
Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25196 is 'n antwoord op boodskap #25180] Vr, 06 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Een van die lekkerste treats wat ek raakgeloop het in my omswerwinge was 'n
kein botteltjie Nederburg Noble Late Harvest in 'n hotel in Sollentuna
(Swede, net so 'n knertsie noord van Stockholm). Ek het hom met NIEMAND
gedeel nie. Die spul Engelse (ek het in Engeland gebly) ken mos net een
soort witwyn - Chardonnay, en dan's dit so 'n dunnerige niksbeduidende ou
wyntjie meeste van die tyd, omtrent ekwivalent aan 'n boks Culemborg of so
iets, nie soos ons Chardonnay's nie.

Groete,
Dries Venter

Johan wrote in article
...
> Jinne Henri, jy skryf so lekker jy maak mens skoon lus. Ons het ook
> baie gou meeste onverkrygbare dinge afgeleer. Die Cadbury wat so
> drie of vier keer 'n jaar van Kanada af kom of in die Mall gekoop
> word, is maar so 'n "treat" nou en dan. Wat ons wel nog baie van eet,
> en self maak, is boerewors. In die eerste plek is dit darem baie
> lekker om vinnig in die pan te ontdooi soos dit gaar word vir wanneer
> jy haastig is - en die bratwurst en sausage wat ons hier kry is nie
> vir my so lekker nie.
>
> Twedens het die boerewors makery saam met vriende 'n heerlike sosiale
> geleentheid geword. En dit gebeur ook maar net so drie keer per jaar
> of so.
Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25197 is 'n antwoord op boodskap #25180] Vr, 06 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dankie, Johan. Dit was 'n lekker vinnige antwoord. Ek gaan
dit die naweek probeer - sal volgende week verslag doen. En
ja, ek vind kruie erg duur hier. Ons koop by een van twee
plekke: die Dutch Farmer's Market of die Indiese
kruiewinkel in Princeton. Die Farmer's Market se ouens
(Amishe) koop blykbaar op groot maat, en verpak dit dan
self. Daar koop ek mosterdpoeier, mosterdsaad, koljander en
feitlik alles waaraan jy kan dink teen 'n fraksie van die
supermark se prys. Die Indiese winkel verkoop basmatirys -
baie lekkerder as die Amerikaanse langkorrelrys - en heel
naeltjies ook op groot maat, en teen verspot goedkoop
pryse. Daar kry ons ook poppadoms (spelling, Leendert???)
en ander lekkernye. Nou die dag 'n klompie mense oorgehad
vir ete en toe maak Vrou DIE lekkerste hoenderbiryani. Die
Amerikaners het hulle vingers stompies geëet daaraan. Met
lekker Chileense rooiwyn daarby.

En dankie vir die Webadresse.

Mooi naweek vir julle ook.

Henry

Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25203 is 'n antwoord op boodskap #25180] Sa, 07 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernest  is tans af-lyn  Ernest
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Genoeg rede om in SA te bly!!

Johan skryf in boodskap news:37a9c3cf.500864350@Choice010...
> Vir die van julle wat in SA is:-
>
> Ons kry nie regte Cadbury sjokolade in die VSA nie! Dis wreed, maar waar!
>
> Hershey vervaardig wel Cadbury sjokolade, maar dit proe baie anders. Die naaste
> wat ons aan regte Cadbury kan kom, is om sjokolade per geleentheid of per pos
> van Kanada af te bestel. Die smaak is baie nader aan SA sjokolade as die
> Hershey produk.
>
> Ek en my vrou loop gisteraand in die Mall of America en swaai daar by 'n Ierse
> winkeltjie in waar gewoonlik ook regte Cadbury sjokolade is. ('n Flake is darem
> maar onvervangbaar in die sjokolade wereld.) En daar kry ons toe nou werklik
> internasionale sjokolade:
>
> Ons, as oud-SuidAfrikaners loop in 'n Ierse winkel In Amerika in om sjokolade te
> kry wat soos die SuidAfrikaanse soort proe. Die sjokolade papiertjie sê die
> sjokolade word vir Cadbury van Dublin Ierland vervaardig, maar complaints moet
> jy na Cadbury in Engeland stuur. Die sjokolade is in Argentinië vervaardig.
>
> Dit het redelik lekker gesmaak! Die oorlog oor die Falklands is hopelik al
> vergete!
>
> die nie-reisende Johan
Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25204 is 'n antwoord op boodskap #25180] Sa, 07 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dries Venter skryf in boodskap news:01bee038$7f858600$LocalHost@mecer-386...
> Een van die lekkerste treats wat ek raakgeloop het in my omswerwinge was 'n
> kein botteltjie Nederburg Noble Late Harvest

Dries, jy vat my nou terug na klomp jare gelede toe ons pas getroud was,
Vrou en ek. Ons ry toe met my VW Beetle van die Baai af deur die Vrystaat
Johannesburg toe, deur die Laeveld Natal toe en weer terug. In die Vrystaat
slaap ons een nag in 'n hotelletjie in Zastron. (Ook net op die ruik van 'n
petrollappie die dorpie gehaal!) Die aand is ons die enigste gaste in die
hotel. Die bestuurder/eienaar en sy gesin sit ook en eet toe ons eetkamer
toe gaan. Hulle eet kreefstert en lekker goete, maar ons moet van die
spyskaart af bestel, waar daar net uitgedroogde kerriefrikadelle is met rys.
Vra toe vir 'n wynlys (wat 'n optimis!!) - maar die kelner had nog nooit van
'n wynlys gehoor nie, en verdwyn agtertoe om te kyk of daar hoegenaamd wyn
is. Kom toe naderhand ewe skoorvoetend met 'n stowwerige bottel Nederburg
Fonternel aan. Dis dan nou al wat hulle het. Was dit nou 'n fees! Nooit
daarna weer so 'n lekker witwyn gehad nie. Vrugtig was dit, effe aan die
soet kant van droog, vol najaargeure met 'n nasmaak laatsomer. 'n Titseltjie
bessie en 'n rokerigheid as botone. As jy jou oë toemaak, kon jy die lui
gesoem van bye in die najaar hoor, en die goudbruin wingerdblare van die
herfs sien. Ai, waar is die dae....

Ja, hier ken hulle hoofsaaklik net Chardonnay... Een aand in Pretoria eet
ons by vriende in Waterkloof - dit was die man se verjaardag. Hy haal ook
nie "wyn" uit om voor te sit nie. Nee, dis "cabernet" en "shiraz" en op 'n
stadium roep hy ewe vernaam na sy seun om tog nog " 'n bottel Chardonnay uit
die kombuis" te bring. Dis toe net daar wat die "bubble" bars, soos my
dogter sou sê.

Groetnis

Henry
Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25205 is 'n antwoord op boodskap #25180] Sa, 07 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ernest skryf in boodskap news:7oi0f7$89p$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Genoeg rede om in SA te bly!!
>
Om die Amerikaanse tieners aan te haal: "Yeah, right!!"
Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25211 is 'n antwoord op boodskap #25180] So, 08 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 Aug 1999 07:49:23 +0200, "Ernest" wrote:

|Genoeg rede om in SA te bly!!
|
Nee Ernest! Weet wat mis jy op uit!?!?

Ons treat onsself so nou en dan met 'n sjokolade uit die Lindt stal,
en kyk, nie eers Cadbury kan daarby kersvashou nie!!!!
Re: Internasionale sjokolade [boodskap #25252 is 'n antwoord op boodskap #25180] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gee my springbok biltong
gee my boer beskuit
gee my lekker koffie
en gooi die ander uit

Kwarantyn wrote in message ...
>
> Ernest wrote in message
> news:7oi0f7$89p$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Genoeg rede om in SA te bly!!
>>
> Om die Amerikaanse tieners aan te haal: "Yeah, right!!"
>
Vorige onderwerp: Lekker om terug te wees
Volgende onderwerp: Re: Help uit asb!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 07:00:32 MGT 2024