Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dit werk dalk net uit....
Dit werk dalk net uit.... [boodskap #25071] Sa, 31 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Was vandag weer in Eastgate. Moerse groot en "glitsy" winkel-sentrum
by Bedfordview in Jhb.

Omtrent 40% van die mense wat rondloop met designer-pakkies en Nike
tekkies is swart. Hulle is meestal so upper middelklas in drag, stap
en optrede dat mens goed moet kyk om te sien hulle is swart.

Begin 90's was daar enkele swartmense in die winkelsentrum.

Was Vrydagaand ook daar (kinders se hamburger-fetish) en tel toe uit
verveeldheid die swart dudes wat in Steers sit. So 55% van die mense.
So 45% was wit.

En weereens kom mens dit nie agter nie.

Gesinne wat soo myne lyk in kleredrag, liggaamshouding, eetgewoontes
ens. ens.

Nommer twee: Die finaal van die onder 21 rugby-kampioenskap in
Argentinie.

SA het in die finaal teen NZ gespeel en dramaties gewen. Die junior
All Blacks in die meeste afdelings oorskadu.

Toe die span saamgestel is, verneem ek, het die keurders toe gaan sit
om te kyk wat hulle "kort" in terme van rasse-kwota's om saam te neem.
En tot hul vreugde agtergekom op meriete is daar meer "nie wit-"
spelers in die span as wat Sarfu hulle versoek het om saam te neem.

Die game is regstreeks in SA uitgesaai. Daar staan die span toe en
bulder Nkosi en die Die Stem ewe hard uit. Wit en swart.

En dan is die huislenings nou af na 16%. Dit was iets soos 23% n paar
maande gelede. Die spekulasie is dat dit einde vanjaar 15% gaan wees.
Re: Dit werk dalk net uit.... [boodskap #25096 is 'n antwoord op boodskap #25071] So, 01 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 31 Jul 1999 21:57:49 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

|En dan is die huislenings nou af na 16%. Dit was iets soos 23% n paar
|maande gelede. Die spekulasie is dat dit einde vanjaar 15% gaan wees.
|
|
Sal dit help om Baragwanah, Jhb Gen en JG Strijdom hospitale uit hulle
bankrotskap te lig? Of is die rentekoersveranderings nie 'n teken van
'n verbeterende ekonomie nie? - ek is maar baie dom as dit by
ekonomiese sake kom.
Re: Dit werk dalk net uit.... [boodskap #25097 is 'n antwoord op boodskap #25071] So, 01 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 01 Aug 1999 16:07:07 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

Greyling) wrote:[/color]
>
> |En dan is die huislenings nou af na 16%. Dit was iets soos 23% n paar
> |maande gelede. Die spekulasie is dat dit einde vanjaar 15% gaan wees.
> |
> |
> Sal dit help om Baragwanah, Jhb Gen en JG Strijdom hospitale uit hulle
> bankrotskap te lig? Of is die rentekoersveranderings nie 'n teken van
> 'n verbeterende ekonomie nie? - ek is maar baie dom as dit by
> ekonomiese sake kom.>>

Jy's mos 'n Amerikaner, ne?
Re: Dit werk dalk net uit.... [boodskap #25098 is 'n antwoord op boodskap #25071] So, 01 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 01 Aug 1999 15:47:51 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

|Jy's mos 'n Amerikaner, ne?
|
|
'n Amper Amerikaner, maar ek weet nie wat dit met 'n optimistiese
siening van SA se ekonomie te doen het nie...!?!?!
Re: Dit werk dalk net uit.... [boodskap #25117 is 'n antwoord op boodskap #25071] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johan, dis nutteloos. Ferdi het in die verlede al bewys hy
kan nie sinvol gesprek voer nie. Sy eie maniese obsessie om
net die goeie raak te sien maak hom blind vir enigiets
anders. Sy oppervlakkige beskrywings van wat hy in een
enekel winkelsentrum raaksien word verhef tot 'n norm
waarvolgens hy die hele Suid-Afrikaanse samelewing
beoordeel. Glo my, niemand is meer gretig as ek om te sien
dat Suid-Afrika slaag nie. Ek wil SO graag goeie nuus uit
my land hoor... maar sulke kompulsiewe eensydige
optimistiese sienings soos Ferdi s'n is te eendimensioneel,
te oppervlakkig om iets te beteken.

Jy het nou self ervaar hy kan nie regtig nie, want hy weet
nie regtig nie.... so jammer.

Re: Dit werk dalk net uit.... [boodskap #25118 is 'n antwoord op boodskap #25071] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Aug 1999 14:40:32 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
|
|Julle BobbeYankees sal nie verstaan nie.
|
Dit help nie jy probeer ons verkleineer nie - dit wys net jy het nie vir my 'n
sinvolle antwoord nie.
Ek het gehoor die drie hospitale is bankrot. Jy plaas positiewe nuus oor die SA
ekonomie. Ek vra of daar enige positiewe nuus in skuil vir die voortbestaan van
die drie hospitale. En dan van jy uit met flou one-liners.......

As jy nie antwoord het nie, sal jy baie beter "saving face" doen as jy maar net
erken jy weet nie.
Re: Dit werk dalk net uit.... [boodskap #25119 is 'n antwoord op boodskap #25071] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 01 Aug 1999 18:43:46 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

[/color]
> |Jy's mos 'n Amerikaner, ne?
> |
> |
> 'n Amper Amerikaner, maar ek weet nie wat dit met 'n optimistiese
> siening van SA se ekonomie te doen het nie...!?!?!>>

Julle BobbeYankees sal nie verstaan nie.
Re: Dit werk dalk net uit.... [boodskap #25144 is 'n antwoord op boodskap #25071] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Oppervlakkig? Miskien vir jou. Probeer iemand wat
grootgeword het met apartheidsbordjies en weinig sulke
beelde gesien het soos wat Ferdi beskryf. Vir my is dit
allesbehalwe oppervlakkig. - aldus ProPacem.

Ag nou waar val jy nou uit met hierdie kommentaar wat met
feiltik niks verband hou nie? Ek het met apartheidsbordjies
grootgeword - apartheidsbusse en apartheids- alles. Kon
nooit verstaan hoekom moet mense so geskei word nie. En toe
ek my eie kinders grootmaak, het hulle nie geleer onderskei
tussen wittes en swarts nie. Vir hulle was alle
volwassenes "oom" of "tannie", afgesien van kleur. Die
samelewing het hulle geleer van outas en aias en wit ooms
en wit tannies. Maar dit net tersyde.

Dit is Ferdi se beskrywing wat oppervlakkig is. Hy sien net
voor die kop, en nie in die krop nie, soos die spreekwoord
lui. Nes destyds met die verkiesing en sy eie goeie
ervaring daarvan - toe word dit die universum, eb hy
ignoreer sommer net die ander minder goeie ervarings.

Gegoede swartes en blankes in dieselfde winkelsentrum is
daar omdat hulle dieselfde dinge nastreef. Hulle is nie 'n
mikrokosmos van 'n komplekse samelewing nie, en jy kan nie
uit wat jy daar sien aflei dat dinge gaan uitwerk nie. Ook
nie uit sy ander oppervlakkige verwysings na 'n junior
sportspan nie (wat van die ander junior en senior
sportspanne?), of uit rentekoerse wat lyk of dit daal nie -
want wat van die stygende wisselkoers, die toename in
kredietverlening, die styging in brandstofpryse en baie
ander aanwysers waarvan ek nie eens weet nie?

En wat van die vigsramp waarna ek verwys het, en die
uitwerking daarvan op die ekonomie. Dan het ek nog nie eens
verwys na die verval op ander vlakke van die samelewing
nie. Wat van die land se algehele swak prestasie ten
opsigte van internasionale mededinging en produktiwiteit?

Ek gee toe dat daar optimistiese tekens ook is. (Ek hoor
byvoorbeeld dat misdaad begin stabiliseer, al is die vlakke
nog totaal onaanvaarbaar hoog.) Maar hulle is nog eenvoudig
te yl en te min om sommerso te kan sê dinge gaan uitwerk.
Nie op grond van Fedi se oppervlakkige beskrywings nie. Gee
my asseblief meer konkrete bewyse - ek sal so bly wees om
dit te hoor.

Regtig.

Re: Dit werk dalk net uit.... [boodskap #25145 is 'n antwoord op boodskap #25071] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> flappie anon...@web.remarq.com

> Sy oppervlakkige beskrywings van wat hy in een
> enekel winkelsentrum raaksien word verhef tot 'n norm
> waarvolgens hy die hele Suid-Afrikaanse samelewing
> beoordeel.

Oppervlakkig? Miskien vir jou. Probeer iemand wat grootgeword het met
apartheidsbordjies en weinig sulke beelde gesien het soos wat Ferdi beskryf.
Vir my is dit allesbehalwe oppervlakkig.
Re: Dit werk dalk net uit.... [boodskap #25146 is 'n antwoord op boodskap #25071] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Uit die FM van so maand of wat gelede:

THE ECONOMY
By THABO KOBOKOANE

''SA has again come out short in international competitiveness. The
latest
report from the World Economic Forum on competitiveness puts SA at
47th out
of 59 countries surveyed. The new ranking is five places below SA's
previous
placing of 42.
This is the level SA has pretty much maintained in the past four years
of
the report. Its best ranking was 42nd in the 1998 report and the new
placing
its worst since 1996.

The new ranking is also worse than the 42nd assigned to SA in the 1998
World
Competitiveness Yearbook, undertaken by the Swiss-based business
school IMD......................................................
............Despite what Mbeki says, international investors often
tend to rely on such
studies for investment decisions. For this reason, such concerns will
have
to be
addressed................................................... ..........
............................................................ ..........
..............................................
..................The same goes for crime and the police, where SA is
placed 58th and 59th
respectively. It is placed 45th in terms of lawlessness and
growth...................................................... ..........
...................
.......The report follows the release of the World Competitiveness
Yearbook, which
shows that an alarmingly high number of well-educated South Africans
are
likely to emigrate if given a chance. It says only two out of 10 are
likely
to stay in SA.''

Don't let facts spoil a good story........

flappie skryf in boodskap news:933609006.4745@www.remarq.com...
. Ek wil SO graag goeie nuus uit
> my land hoor... maar sulke kompulsiewe eensydige
> optimistiese sienings soos Ferdi s'n is te eendimensioneel,
> te oppervlakkig om iets te beteken.
>
Vorige onderwerp: Re: Met apologie aan ProPacem
Volgende onderwerp: Kulturele raakpunte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 13:39:55 MGT 2024