Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Swartkomyn" deur P.W. BUYS
- "Swartkomyn" deur P.W. BUYS [boodskap #24870] Sat, 24 July 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2171
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
SWARTKOMYN
Jesaja 28:27
P.W. Buys

Die landman weet hoe fyn
die klein swart saadjies is -
hy saai hul met 'n ligte hand
in vakkies in 'n sagte land.
Wanneer die oes- en dorstyd kom,
word swartkomyn nie met die skop
soos koring, gars en spelt wyd op
die dorsvloer oopgestrooi
waar beeste trap en perde draf,
wawiele oor die stoppels gaan,
die dorsslee stamp en skeur en skok -
komyn word in 'n sak gegooi
en saggies met 'n ligte stok
geslaan.
Vorige onderwerp: "Fabel" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Die Bidder" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Apr 02 18:42:00 UTC 2025