Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die taal en 'afstootlikhede'
Die taal en 'afstootlikhede' [boodskap #24452] Sa, 03 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
So 'n bietjie weg beweeg van die 'Afgedankte onnie' af...

Gehoor van ons vrind op besoek aan die kaapse vismark...

Daar lê toe 'n paar mooi bossies van die kaapse vissies. Vra ons vrind aan
die visverkoper in sy mooiste r�nde uitspraak:
'Ag sê my, wat kos die bruinerige vissies 'n bossie?'
Laat waai die kypie: 'Nei my oubie, djy ka' ma' sê hotnosvis. Ons praat nog
altyd van he boe' papoen'

Nog een:

Die taal puris reis per motor na die kaap. By Laingsburg word stil gehou
vir 'n uitspanning.
Die popmjoggie is ook gou by.
"Ag my vrind, sal jy asb vir my hier onder die enjinkap inloer en gou nagaan
of die olievlak in die oliepan nog reg is. En terwyl jy daar kyk,
kontroleer ook sommer die elktrolietvlak in die akkumulator en ook die
verkoelmiddel in die verkoeler. Terloops, is hier dalk 'n gekwalifiseerde
meganikus? Ek vermoed my knormoer is defek.'
Hy loop sy draai en terug by sy ryding is die pompjoggie net klaar.
"Oubie, ek het die dipstick uitgetrek en die olie is nog OK in die sump, die
béterie acid is nog OK en die coolant innie rydiytir is ook OK. Maar die
ounooi slaap nou so lekker, ek het haar maar eers so gelos!"
Re: Die taal en 'afstootlikhede' [boodskap #24524 is 'n antwoord op boodskap #24452] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Thys de Wet skryf in boodskap news:7ljdjp$76a$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> So 'n bietjie weg beweeg van die 'Afgedankte onnie' af...
>
Die humor van die 'kypies' bly maar kostelik.

Jare gelede stap ek en my vrou by 'n groentewinkel in en sy vra vir piesangs
en noem toe dat dit mooi piesangs moet wees.
Soos blits kom die antwoord: "Moet ek vir Mies 'n paar blommetjies opsit?"

Of soos die Transvaler wat wou weet of die perskes soet is.
"Natuurlik is hulle soet! Master kan mos sien hoe stil lê hulle!"

Diegene wat Kaapstad ken sal weet hoe styl Kloofnek is. Die toeris beland
aan die bopunt van Kloofnek en verkyk hom na die verskriklike afdraand. Baie
skepties oor die situasie vra hy aan 'n verbyganger of die afdraand nie baie
gevaarlik is nie.
"Nei Master, die afdraand is nie gevaarlik nie. Dit is doer onder by die
stop sign waar al die K.. kom!"

Groetnis

Johann
Re: Die taal en 'afstootlikhede' [boodskap #24626 is 'n antwoord op boodskap #24452] Do, 08 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Laat my dink aan die geval van die
ge-relokeerde-ex-noordelike-provinsie-inwoner (Is net in Afrikaans wat jy
sooo lekker 'n woord kan opmaak) wat die Kaap as tuiste gekies het:

In die Onderveld was hy gewoond daaraan dat ALLES in die nuus en nuusmedia
verskyn het. So bv. sal dit in môre se koerant verskyn dat daar gister 'n
man in Commissionerstraat opgemerk is wat 'n pienk sokkie en groen sokkie
aangehad het.

Hier in die Kaap steur niemand hulle egter daaraan nie. Hy besluit toe dat
daar iets aan gedoen moet word. Trek maat toe sy duikpak aan met
paddavoete, duiklonge, spiesgeweer en die werke, en sleep hier in
Adderleystraat af. Mense kyk en kyk, maar niemand sprak 'n dooie woord nie.
Toe hy egter daar by die fontein sirkel onder in Adderleystraat oor die
straat werk, kom een van ons kaapse vrinne hom van voor af genader. Toe hy
nou hier langs hom kom seg die kypie: " Hei my oubie! Ek sê! Die taaid is
yt nè!"
Re: Die taal en 'afstootlikhede' [boodskap #24658 is 'n antwoord op boodskap #24452] Vr, 09 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Thys de Wet skryf in boodskap news:7m1gi2$oos$1@news.adamastor.ac.za...
>> man in Commissionerstraat opgemerk is wat 'n pienk sokkie en groen
sokkie
> aangehad het.
>
Soos die klein seuntjie wat eendag met 'n rooi en groen kousie by die skool
opgedaag het. Almal lag toe vir hom en spot hom daaroor.

"Julle moenie so lag nie, ek het nóg so 'n paar by die huis wat ek môre moet
aantrek!"

Groetnis

Johann
Vorige onderwerp: "Miss Fleming" van John O'Mill (bietjie baie plat...)
Volgende onderwerp: Evanston, Byrdsong, en 'n paradys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 13:03:33 MGT 2024