Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die taal en 'afstootlikhede'
Die taal en 'afstootlikhede' [boodskap #24452] |
Sat, 03 July 1999 00:00  |
De Waal Venter
Boodskappe: 62 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
So 'n bietjie weg beweeg van die 'Afgedankte onnie' af...
Gehoor van ons vrind op besoek aan die kaapse vismark...
Daar lê toe 'n paar mooi bossies van die kaapse vissies. Vra ons vrind aan
die visverkoper in sy mooiste r�nde uitspraak:
'Ag sê my, wat kos die bruinerige vissies 'n bossie?'
Laat waai die kypie: 'Nei my oubie, djy ka' ma' sê hotnosvis. Ons praat nog
altyd van he boe' papoen'
Nog een:
Die taal puris reis per motor na die kaap. By Laingsburg word stil gehou
vir 'n uitspanning.
Die popmjoggie is ook gou by.
"Ag my vrind, sal jy asb vir my hier onder die enjinkap inloer en gou nagaan
of die olievlak in die oliepan nog reg is. En terwyl jy daar kyk,
kontroleer ook sommer die elktrolietvlak in die akkumulator en ook die
verkoelmiddel in die verkoeler. Terloops, is hier dalk 'n gekwalifiseerde
meganikus? Ek vermoed my knormoer is defek.'
Hy loop sy draai en terug by sy ryding is die pompjoggie net klaar.
"Oubie, ek het die dipstick uitgetrek en die olie is nog OK in die sump, die
béterie acid is nog OK en die coolant innie rydiytir is ook OK. Maar die
ounooi slaap nou so lekker, ek het haar maar eers so gelos!"
|
|
|
|
|
Re: Die taal en 'afstootlikhede' [boodskap #24658 is 'n antwoord op boodskap #24452] |
Fri, 09 July 1999 00:00  |
Johann de Jager
Boodskappe: 30 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Thys de Wet skryf in boodskap news:7m1gi2$oos$1@news.adamastor.ac.za...
>> man in Commissionerstraat opgemerk is wat 'n pienk sokkie en groen
sokkie
> aangehad het.
>
Soos die klein seuntjie wat eendag met 'n rooi en groen kousie by die skool
opgedaag het. Almal lag toe vir hom en spot hom daaroor.
"Julle moenie so lag nie, ek het nóg so 'n paar by die huis wat ek môre moet
aantrek!"
Groetnis
Johann
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 16:04:28 UTC 2025
|