Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » SA Kos in Kanada
SA Kos in Kanada [boodskap #24440] Vr, 02 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
As daar van julle is wat belangstel:
Ek het te hore gekom van die volgende bron van SuidAfrikaanse kruideniersware in
Ontario:

Bel vir Andy Orphanou by (1) (416) 223-7011
Die adres is
Baxter's Fine Foods
798 Sheppard Ave East
Wollowdale, Ontario
M2K 1C3

Ure 8 - 12 elke dag.

Die ou se pryse lyk billik en as hy vir jou 'n prys lys faks, is sy pryse in
CanDollar - maal met min of meer .677 om USA$ te kry. Hy verskeep na die VSA
toe met UPS.

Hier is een of twwe van sy pryse in Kanadese dollar:

6 Cadbury Flakes - CAD$7.00
Eno's (6pack?) - CAD$2.00
500ml Elizabeth Anne Baby Shampoo - CAD$8.00
125g Sunlight Seep - CAD$0.75
125g Marmite - CAD$3.75
500ml Ultramel Vla - CAD$3.50

Hy het dan 'n hele klomp ander goed ook- twee vol bladsye. Van die produkte kan
ons in elk geval hier in die VSA kry - sommige goedkoper en sommige duurder.

Interesantheid tussenin:
Ek sien by die selfde ou kan jy Fanta Grape of Fanta Orange kry vir $8.00
Canadian vir 6 blikkies. Dis omtrent een van ons dollars vir 'n blikkie - seker
nie to rof as jy desperaat is nie.

Ons koop so nou en dan Coke, Diet Coke of Sprite, maar ons maak seker ons betaal
nie meer as $1 vir 6 blikkies nie. Daar is gereeld by die supermarkte sulke
specials aan. En die lekker pryse is nie deur die bank nie. Jy moet met oop oë
koop - die naweek het ok so paar boksies koeldrank gekoop elk met 12 blikkies in
vir $1.99 elk. Langsaan op die rak was kartonne met 24 blikkies in teen die
normale prys van $4.99.

Wat kos 'n blikkie koeldrank deesdae in die Republiek?
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24480 is 'n antwoord op boodskap #24440] So, 04 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius Grobler  is tans af-lyn  Marius Grobler
Boodskappe: 12
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Johan

Daar was nou vir 2 of 3 maande 'n spesiale aanbieding teen R2 'n blikkie,
maar die "normale" prys wissel tuussen R2,50 en R2,75 (ongeveer US$0,54)

Groete uit Mpumalanga

Marius

Johan wrote in message ...
> As daar van julle is wat belangstel:
> Ek het te hore gekom van die volgende bron van SuidAfrikaanse kruideniersware in
> Ontario:
>
> Bel vir Andy Orphanou by (1) (416) 223-7011
> Die adres is
> Baxter's Fine Foods
> 798 Sheppard Ave East
> Wollowdale, Ontario
> M2K 1C3
>
> Ure 8 - 12 elke dag.
>
> Die ou se pryse lyk billik en as hy vir jou 'n prys lys faks, is sy pryse in
> CanDollar - maal met min of meer .677 om USA$ te kry. Hy verskeep na die VSA
> toe met UPS.
>
> Hier is een of twwe van sy pryse in Kanadese dollar:
>
> 6 Cadbury Flakes - CAD$7.00
> Eno's (6pack?) - CAD$2.00
> 500ml Elizabeth Anne Baby Shampoo - CAD$8.00
> 125g Sunlight Seep - CAD$0.75
> 125g Marmite - CAD$3.75
> 500ml Ultramel Vla - CAD$3.50
>
> Hy het dan 'n hele klomp ander goed ook- twee vol bladsye. Van die produkte kan
> ons in elk geval hier in die VSA kry - sommige goedkoper en sommige duurder.
>
>
> Interesantheid tussenin:
> Ek sien by die selfde ou kan jy Fanta Grape of Fanta Orange kry vir $8.00
> Canadian vir 6 blikkies. Dis omtrent een van ons dollars vir 'n blikkie - seker
> nie to rof as jy desperaat is nie.
>
> Ons koop so nou en dan Coke, Diet Coke of Sprite, maar ons maak seker ons betaal
> nie meer as $1 vir 6 blikkies nie. Daar is gereeld by die supermarkte sulke
> specials aan. En die lekker pryse is nie deur die bank nie. Jy moet met oop oë
> koop - die naweek het ok so paar boksies koeldrank gekoop elk met 12 blikkies in
> vir $1.99 elk. Langsaan op die rak was kartonne met 24 blikkies in teen die
> normale prys van $4.99.
>
> Wat kos 'n blikkie koeldrank deesdae in die Republiek?
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24481 is 'n antwoord op boodskap #24440] So, 04 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
sb...  is tans af-lyn  sb...
Boodskappe: 9
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
As ek in Toronto kuier gaan ek altyd na die plekkie vir biltong, droewors,
rooibostee en sommer alles wat ons magies mis vanuit Suid Afrika. Baie gawe
ou Joodse paartjie wat die plek behartig. Sedo Snax, 350 John St. Unit # 10,
Thornhill, L3T 5W5. (905) 731 1779, fax (905) 889-2616.Billy.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24482 is 'n antwoord op boodskap #24440] So, 04 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 4 Jul 1999 10:07:39 +0200, "Marius Grobler"
wrote:

|Hallo Johan
|
|Daar was nou vir 2 of 3 maande 'n spesiale aanbieding teen R2 'n blikkie,
|maar die "normale" prys wissel tuussen R2,50 en R2,75 (ongeveer US$0,54)
|
Inflasie is:

Het net 15c in die "army" betaal vir 'n blikkie Coke en 25c vir 'n
blikkie bier.

Maar nou ja, dit was in die sewentigs......

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24510 is 'n antwoord op boodskap #24440] Ma, 05 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> On Sun, 4 Jul 1999 10:07:39 +0200, "Marius Grobler"
> wrote:
>
> |Hallo Johan
> |
> |Daar was nou vir 2 of 3 maande 'n spesiale aanbieding teen R2 'n blikkie,
> |maar die "normale" prys wissel tuussen R2,50 en R2,75 (ongeveer US$0,54)
> |
> Inflasie is:
>
> Het net 15c in die "army" betaal vir 'n blikkie Coke en 25c vir 'n
> blikkie bier.
>

... en 10c 'n tot vir hardehout en as jy wou smart wees 15c vir Red Hart
en whisky. Die koeldrank was heeltemal buite verband duur gewees - so
een blikkie coke op drie dubbels.
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24536 is 'n antwoord op boodskap #24440] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> En wat kos 'n bottel 10jaar Laphroaigh (single malt whiskey)

Lekker om te lees dat jy sulke goeie smaak het in whiskey. My gunsteling is
Glenkinchie (anders as Laphroaigh of Lagavulin, meer verteenwoordigend van die
suidelike Skotse verbouingstreek) - probeer dit gerus. O ja, het jy geweet
dat President Mbeki ook 'n cannoiseur of sorts is waar dit whiskey aangaan?
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24537 is 'n antwoord op boodskap #24440] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Kj^erels

Drank in SA is nog stteds goedkoop in vergelyking met ander lande. My
inligting is dat 'n Bud omtrent 'n dollar kos, Daarvoor kan jy 'n 750ml koop
on SA.

lou wrote in message ...
> Johan wrote:
>>
>> On Sun, 4 Jul 1999 10:07:39 +0200, "Marius Grobler"
>> wrote:
>>
>> |Hallo Johan
>> |
>> |Daar was nou vir 2 of 3 maande 'n spesiale aanbieding teen R2 'n blikkie,
>> |maar die "normale" prys wissel tuussen R2,50 en R2,75 (ongeveer US$0,54)
>> |
>> Inflasie is:
>>
>> Het net 15c in die "army" betaal vir 'n blikkie Coke en 25c vir 'n
>> blikkie bier.
>>
>
>
> ... en 10c 'n tot vir hardehout en as jy wou smart wees 15c vir Red Hart
> en whisky. Die koeldrank was heeltemal buite verband duur gewees - so
> een blikkie coke op drie dubbels.
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24538 is 'n antwoord op boodskap #24440] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Jul 1999 11:03:58 +0200, "Marius" wrote:

|Kj^erels
|
|Drank in SA is nog stteds goedkoop in vergelyking met ander lande. My
|inligting is dat 'n Bud omtrent 'n dollar kos, Daarvoor kan jy 'n 750ml koop
|on SA.

En wat kos 'n bottel 10jaar Laphroaigh (single malt whiskey) in SA - hier in
Amerika is hy $34.
Ek kon dit nooit in SA bekostig nie.

Ek sal bietjie uitvind wat die bier hier kos - ekself is nie 'n bierdrinker nie.
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24539 is 'n antwoord op boodskap #24440] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 06 Jul 1999 14:54:36 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|Lekker om te lees dat jy sulke goeie smaak het in whiskey. My gunsteling is
|Glenkinchie (anders as Laphroaigh of Lagavulin, meer verteenwoordigend van die
|suidelike Skotse verbouingstreek) - probeer dit gerus. O ja, het jy geweet
|dat President Mbeki ook 'n cannoiseur of sorts is waar dit whiskey aangaan?
|
|
Ek het nog een bottel Laphroaigh hier in 'n pragtige metaal sillinder - en as hy
klaar is wil en GlenFiddich (ken nie die spelling nie) probeer. Hy is so
bekend, maar ek het hom nog nooit geproe nie.

Ek het destyds 'n bottel Laphroaigh by my skoonpa "ge-erf" toe my skoonma na sy
dood huis opgegee het. Eers was die single malt smaak vir my vreemd, maar soos
daardioe bottel se vlak gedaal het, het my waardering daarvan gestyg! En ek was
so bly om te sien ek kan dit weer hier bekostig.

'n Bottel hou my darem gelukkig ook lank - amper 'n jaar.

Leswin, en jou opinie van bourbon?? Ek kan dit nie inkry nie - seker ook maar
'n aangeleerde smaak, maar ek sien nie kans om dit aan te leer nie!

Johan
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24594 is 'n antwoord op boodskap #24440] Wo, 07 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Marius wrote:
>
> Kj^erels
>
> Drank in SA is nog stteds goedkoop in vergelyking met ander lande. My
> inligting is dat 'n Bud omtrent 'n dollar kos, Daarvoor kan jy 'n 750ml koop
> on SA.
>

Issie!!! Dit is dieselfde as die petrol storie wat hulle ons al die
jare spin dat ons petrol kwansuis so goedkoop is.

As ek soveel Rand verdien as wat iemand dollars in die VSA verdien dan
kan ons die tipe vergelykings maak. Daar moet eers 'n vergelyk getref
word - amper soos die inflasie mandjie en salaris skale voor jy dit kan
sê en dan kan jy 'n soort van faktor kry van Rand tot Dollar.
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24596 is 'n antwoord op boodskap #24440] Wo, 07 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> en as hy
> klaar is wil en GlenFiddich (ken nie die spelling nie) probeer

Glenfiddich is okay - seker een van die beste bekostigbare en kommersiële
single malts. Daar is egter vele ander (miskien minder kommersieël) wat na my
mening beter is (gewoonlik duurder, though). O ja, Glenfiddich kom ook in
Solera (15 jaar), Ancient reserve (18 jaar) en vintage reserve (20+ jaar).
Wanneer ek Glenfiddich koop, koop ek gewoonlik die ancient reserve - sulke
lekker sherry notes veral van die houtveroudering.

Ek sou egter voorstel dat jy een van die "classic malts" vanaf elkeen van die
ses skotse verbouingstreke in die hande kry. Sodoende kan jy dan die subtiele
verskille tussen die ses verbouingsmetodes en karakter kry. Hier is die
bekende ses "classic malts" - elkeen verteenwoordig 'n verskillende streek:
Glenkinchie (my gunsteling); Oban; Talisker; Gragganmore; Lagavulin; en
Dalwhinnie. Jy sal vind dat jy 'n definitiewe voorkeur vir een of meer het.
Hierna gaan jy na daardie streek en sample sommige van die ander whiskeys wat
ook daar gemaak word.

Natuurlik is daar dan ook die Ierse whiskeys (en hulle sal jou gou sê dat dit
whisky is en nie whiskey nie). 'n Bietjie "wilder" en meer ongetem, hou ek so
dan en wan van 'n goeie Ierse Whisky ook.

>Leswin, en jou opinie van bourbon??

Hang af of jy praat van 'n whiskey based bourbon of brandy based bourbon.
Gegee my voorkeur vir Ierse en Skotse whisk(e)ys, het ek nie veel erg aan die
amerikaanse verskeidenheid nie, alhoewel ek dit waardeer vir die diversiteit en
innoverende manier waarop hulle iets hul eie gemaak het (dieselfde in Thailand,
waar jy 'n Thai whiskey kry wat glad nie smaak soos enige whiskey enige plek
buite thailand nie). Nou waar dit die brandy based bourbons aangaan, dink ek
die amerikaners het iets smart beet. Anders as die groot bolglas franse brandy
na ete (sigaar opsioneel), is die amerikaanse brandy bourbons geweldig
drinkbaar enige tyd (bolglas opsioneel, maar aan te beveel), en ek hou van
hierdie kwaliteit. Nou moet ek bysê dat ek nie eintlik 'n brandy-drinker is
nie. In die Paarl, aan die anderkant van die rivier waar ek grootgeword het,
was White Horse whiskey en J&B maar altyd die voorperde waar dit sterk drank
betref het. Snaaks, Kapenaars het altyd Rum gedrink (Red Heart) - iets wat ons
weinig gedrink het. Dan weer, wanneer ons vriende in Durban besoek het, was
dit ongetwydeld Cane of ander wit spirits. Was hierdie streeksverskeidenheid
ook ter sprake onder die Afrikaner? Ek skat ek wil my 1-2-3 stereotipe toets
(1 liter klipdrift, 2 liter coke, 3 liter kombi :-)

leswin
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24631 is 'n antwoord op boodskap #24440] Do, 08 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Marius wrote:
>
> Ek stem saam met jou. Dit is presies hoekom ek sê die Rand is onder
> gewaardeer.
>
> Terloops gehoor van die ou wat gesê het dat as vleis se prys nog verder
> styg, hy genoop sal wees om op te hou vleis eet. "En wat as brandewyn se
> prys nog opgaan?" wou 'n maat weet. "Dan sal ek ook moet ophou vleis eet"
> was die antwoord
>
> Proesnis
>

Iemand wat ek ken sê altyd al kos brandewyn ook nou R100 'n bottel dit
bly darem maar 'n bargain! Maar dit kom darem nou naby hoor!
Re: SA Kos in Kanada [boodskap #24633 is 'n antwoord op boodskap #24440] Do, 08 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek stem saam met jou. Dit is presies hoekom ek sê die Rand is onder
gewaardeer.

Terloops gehoor van die ou wat gesê het dat as vleis se prys nog verder
styg, hy genoop sal wees om op te hou vleis eet. "En wat as brandewyn se
prys nog opgaan?" wou 'n maat weet. "Dan sal ek ook moet ophou vleis eet"
was die antwoord

Proesnis

> Issie!!! Dit is dieselfde as die petrol storie wat hulle ons al die
> jare spin dat ons petrol kwansuis so goedkoop is.
>
> As ek soveel Rand verdien as wat iemand dollars in die VSA verdien dan
> kan ons die tipe vergelykings maak. Daar moet eers 'n vergelyk getref
> word - amper soos die inflasie mandjie en salaris skale voor jy dit kan
> sê en dan kan jy 'n soort van faktor kry van Rand tot Dollar.
Vorige onderwerp: Re: Frikkadel - en nou nog wors en maalvleis
Volgende onderwerp: Biltong en ander lekkertes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 04:24:04 MGT 2024