| Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24245] |
So., 27 Junie 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
In die tagtigerjare was Rapport en Die Burger (miskien in mindere mate) die
enigste Afrikaanse koerante wat gereeld die regering aangevat het. (Dis nou
benewens die verregse blaadjies soos die Afrikaner en Patriot).
Die afgelope vyf jaar was dit steeds die geval, want Beeld het beweeg van
hoofsaaklik onkritiese kruipery by een regering tot hoofsaaklik onkritiese
kruipery by die ander.
Nou het Naspers die redakteur van Beeld aangestel as redakteur van Rapport.
Ek het gewonder wat gaan gebeur. Miskien verbeel ek my, maar Rapport lyk
sommer onmiddelik meer "politiek korrek". Selfs Pollux is vandag totaal
sonder fut.
Nou wonder ek: Sal mens nou, soos die ou Sappe na die oorlye van Die
Landstem, voortaan hier in die Noorde aangewese wees op The Star, The
Citizen en die Sunday Times om berigte en menings te kry wat die regering
van die dag ook krities beskou?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24467 is 'n antwoord op boodskap #24245] |
So., 04 Julie 1999 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 27 Jun 1999 23:19:51 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Nou dat Leendert daarna verwys: Kan die van die deelnemers aan die
groep wat koerante in die 60's, 70's en 80's gelees het, nog onthou
hoe Die Burger en Rapport baklei het teen apartheid?
Hoe die twee koerante die NP regering gekritiseer het en hulle nooit
laat verlei het om die NP te steun "come hell or high water" nie.
Dit was die dae, ne?
Die lekker ou fight teen apartheid onder die banier van Die Burger en
Rapport.
enigste Afrikaanse koerante wat gereeld die regering aangevat het. (Dis nou[/color]
> benewens die verregse blaadjies soos die Afrikaner en Patriot).
>
> Die afgelope vyf jaar was dit steeds die geval, want Beeld het beweeg van
> hoofsaaklik onkritiese kruipery by een regering tot hoofsaaklik onkritiese
> kruipery by die ander.
>
> Nou het Naspers die redakteur van Beeld aangestel as redakteur van Rapport.
> Ek het gewonder wat gaan gebeur. Miskien verbeel ek my, maar Rapport lyk
> sommer onmiddelik meer "politiek korrek". Selfs Pollux is vandag totaal
> sonder fut.
>
> Nou wonder ek: Sal mens nou, soos die ou Sappe na die oorlye van Die
> Landstem, voortaan hier in die Noorde aangewese wees op The Star, The
> Citizen en die Sunday Times om berigte en menings te kry wat die regering
> van die dag ook krities beskou?>>
>
|
|
|
|
| Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24499 is 'n antwoord op boodskap #24245] |
Ma., 05 Julie 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Sun, 27 Jun 1999 23:19:51 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Nou dat Leendert daarna verwys: Kan die van die deelnemers aan die
> groep wat koerante in die 60's, 70's en 80's gelees het, nog onthou
> hoe Die Burger en Rapport baklei het teen apartheid?
Hmmm.... Ek kan nou nie juis onthou dat hulle baklei het teen "apartheid"
nie. (Maar, nou ja. "Apartheid" het soveel betekenisse, mens sal seker nooit
weet nie.)
Wat ek wel onthou, is dat hulle heel gereeld en konsekwent die regering van
die dag "aangevat" het (die term wat ek gebruik het) as daar tekens was van
magsmiskbruik.
> Hoe die twee koerante die NP regering gekritiseer het en hulle nooit
> laat verlei het om die NP te steun "come hell or high water" nie.
> Dit was die dae, ne?
> Die lekker ou fight teen apartheid onder die banier van Die Burger en
> Rapport.
Hmmm.... Ek reken hulle het in die algemeen _wel_ die NP gesteun. Of dit nou
die resultaat was van "verleiding", sou ek nie kan sê nie.
Maar wil jy nou hier suggereer dat Beeld hom laat verlei het om die ANC te
steun - en dat dit die rede is waarom hy nie Mbeki se aanval op die Openbare
Beskermer gerapporteer het nie?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24576 is 'n antwoord op boodskap #24245] |
Wo., 07 Julie 1999 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 6 Jul 1999 12:55:17 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
>
Nog nie eers daaraan gedink nie.
Ek staan maar net nederig verstom oor die stryd wat jy al die jare
gevoer het.
En verwonderd oor Die Burger en Rapport se stryd teen apartheid. Darem
goed ons het sulke instellings gehad. Reken nou net wat sou gebeur het
as hulle byvoorbeeld die NP regering net gaan staan en ondersteun het!
|
|
|
|