Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Winternag" deur EUGENE MARAIS
"Winternag" deur EUGENE MARAIS [boodskap #24404] Do, 01 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
WINTERNAG
Eugene Marais

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk' grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!
Re: "Winternag" deur EUGENE MARAIS [boodskap #24405 is 'n antwoord op boodskap #24404] Do, 01 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hvl  is tans af-lyn  hvl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
'Winternag' bly 'n absolute classic. Hier is 'n paar wat vir my mooi is.

GRENSE
N.P. van Wyk Louw

My naakte siel wil sonder skrome
in alle eenvoud tot jou gaan,
soos uit diepe slaap óns drome,
soos teen skemerlug die bome
opreik na die bloue maan;

gaan met al sy donker wense,
en die heilige, nooit-gehoorde
dinge sê, waarvoor die mense
huiwer, en wat om die grense
flikker van my duister woorde.

GROND
Antjie Krog

onder bevele van my voorgeslagte was jy besit
had ek taal kon skryf want jy was grond my grond

maar my wou jy nooit
hoe ek ook al strek om my neer te lê
in ruisende blou bloekoms
in bees wat horings sak in Diepvlei
rimpelend drink die trillende keelvel
in tafsytossels in leksels gom
in doringbome afgegly na die leegtes

mý wou jy nooit
my verduur kon jy nooit
keer op keer skud jy my af
rol jy my uit
grond, ek word langsaam naamloos in die mond

nou word geveg om jou
beding verdeel verkamp verkoop versteel verpand
ek wil ondergronds gaan met jou grond
grond wat my nie wou hê nie
grond wat nooit aan my behoort het nie

grond wat ek vergeefser as vroeër liefhet

-En wie ken hierdie een?:

KAFFERLIED
Totius

Die kaffer eerste kom, die witmens hy kom later.
Die kaffer vat die land, die witmens hy vat later.
Die kaffer hy woon eers, die witmens hy woon later.

Die kaffer hy gooi eers, die witmens hy gooi later.
Die kaffer eerste lê, die witmens hy lê later.
Want assegaai van kaffer hy loop later.

Nou baje kaffer kom, die witmens hy trap later.
Nou baje witmens kom, die kaffer hy trap later.
Maar witmens blits te kwaai en kaffer hy dood later.

Die kaffer het gedood, maar witmens hy dood later.
Die witmens hy nou leef, die kaffer hy leef later.
Die witmens hy nou lag, die kaffer hy lag later.

-Wys jou net, ons het Siener nie eers nodig gehad nie!

En sê my, toe ek laas in SA was, het ek die Oera Linda boek orals in die
CNA's sien lê. Is daar regtig mense in SA wat daardie boek ernstig vat?

groete
Hannes

Johan wrote in message
news:377b7c46.507342913@news.citilink.com...
> Ek dink hierdie is een van die mooiste gedigte wat nog in Afrikaans geskryf is.
> Julle ander mense se gunsteling?
>
>
> | WINTERNAG
> | Eugene Marais
> |
> |O koud is die windjie
> |en skraal.
> |En blink in die dof-lig
> |en kaal,
> |so wyd as die Heer se genade,
> |lê die velde in sterlig en skade.
> |En hoog in die rande,
> |versprei in die brande,
> |is die grassaad aan roere
> |soos winkende hande.
> |
> |O treurig die wysie
> |op die ooswind se maat,
> |soos die lied van 'n meisie
> |in haar liefde verlaat.
> |In elk' grashalm se vou
> |blink 'n druppel van dou,
> |en vinnig verbleek dit
> |tot ryp in die kou!
> |
>
Re: "Winternag" deur EUGENE MARAIS [boodskap #24435 is 'n antwoord op boodskap #24404] Vr, 02 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ja-nee! Soos Klaasvakie, ons Afrikaans onnie op skool gesê het: Die eerste
ware gedig in Afrikaans wat kon sê wat hy sê in Afrikaans!

Johan wrote in message ...
> Ek dink hierdie is een van die mooiste gedigte wat nog in Afrikaans geskryf is.
> Julle ander mense se gunsteling?
>
>
> | WINTERNAG
> | Eugene Marais
> |
> |O koud is die windjie
> |en skraal.
> |En blink in die dof-lig
> |en kaal,
> |so wyd as die Heer se genade,
> |lê die velde in sterlig en skade.
> |En hoog in die rande,
> |versprei in die brande,
> |is die grassaad aan roere
> |soos winkende hande.
> |
> |O treurig die wysie
> |op die ooswind se maat,
> |soos die lied van 'n meisie
> |in haar liefde verlaat.
> |In elk' grashalm se vou
> |blink 'n druppel van dou,
> |en vinnig verbleek dit
> |tot ryp in die kou!
> |
>
Re: "Winternag" deur EUGENE MARAIS [boodskap #24436 is 'n antwoord op boodskap #24404] Vr, 02 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Stem saam , Johan........neem my ver terug na my jong dae.

Jan van Perth.
djle...@bigfoot.com
ICQ 21792471

Johan skryf in boodskap news:377b7c46.507342913@news.citilink.com...
> Ek dink hierdie is een van die mooiste gedigte wat nog in Afrikaans geskryf is.
> Julle ander mense se gunsteling?
Re: "Winternag" deur EUGENE MARAIS [boodskap #24525 is 'n antwoord op boodskap #24404] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Albie Basson  is tans af-lyn  Albie Basson
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
pragtig

>> | WINTERNAG
>> | Eugene Marais
>> |
>> |O koud is die windjie
>> |en skraal.
>> |En blink in die dof-lig
>> |en kaal,
>> |so wyd as die Heer se genade,
>> |lê die velde in sterlig en skade.
>> |En hoog in die rande,
>> |versprei in die brande,
>> |is die grassaad aan roere
>> |soos winkende hande.
>> |
>> |O treurig die wysie
>> |op die ooswind se maat,
>> |soos die lied van 'n meisie
>> |in haar liefde verlaat.
>> |In elk' grashalm se vou
>> |blink 'n druppel van dou,
>> |en vinnig verbleek dit
>> |tot ryp in die kou!
>> |
>>
>
Vorige onderwerp: "Foto" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Vlamme" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 13:51:38 MGT 2024