| Re: Frikkadel - en nou nog wors en maalvleis [boodskap #24337] |
Di., 29 Junie 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
"Hans" wrote:
>
>
> Terwyl ons dan nog van slagters se skelmstreke praat : Weet julle hoeveel
> bokboude (soos in Boerbok) koop julle as skaapboud ?? Hoe ken jy die
> verskil ?? Vir dieselfde gewig vertoon 'n bokboud langer en platter as 'n
> skaapboud - die skaapboud in korter en "ronder".
>
Bok is vir my veel lekkerder as skaap - daardie woestynbokke uit die
Kuiseb nog die beste.
En dis nie net hier wat dit gebeur nie. Europeërs wat weet, weet
presies wat die geurige "Greek lamb" meesal nie verwys na skaaplammers,
soos mense te maklik aanvaar nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Frikkadel - en nou nog wors en maalvleis [boodskap #24411 is 'n antwoord op boodskap #24337] |
Do., 01 Julie 1999 00:00   |
Oom Hans
Boodskappe: 83 Geregistreer: Januarie 1999
|
Volle Lid |
|
|
Shannon wil weet .....
>
> Is daar nie 'n verskil in die tekstuur van die vleis nie?
(Bok / Skaap)
>>
Nie so dat die gewone mens dit sal agterkom nie. Sommige snitte van bok
sal neig om growwer draad te hê as die vergelykbare snit van skaap maar self
dan sal selfs die grootste kenner fyn moet kyk met 'n vergrootglas.
Die verskil kom in by die smaak. Waar bok en skaap op dieselfde veld
geloop het, verkies ek die bok. Dis egter nie heeltemal so eenvoudig nie.
Sommige boksoorte neig om meer "geurig" te wees as ander maar as jy
veredelde Boerbok kan kry, koop gerus.
Upington het my egter ondergesit met sy bokvleis - wanneer bok die dag
besluit om te stink, doen hy dit windop.
>
>
> Het so vier jaar terug van Namibië af 'landjeger' (Spelling??) gehad. Dit
> word van sebra gemaak en ek aanvaar dit is van Duitse herkoms?
Salami, Dauerwurst, Landjäger (en nog 'n klomp ander name) is almal familie
in die sin dat hulle redelik gekruid is en ook gerook word. Landjäger en
Dauerwurst word ook nie dadelik gebruik nie maar droog eers uit. Ook baie
verskille in maaltekstuur en kruiesamestelling. Maar nou beweeg ek op 'n
mynveld - nie eens Duitse kenners stem almal volmondig oor die verskillende
resepte saam nie.
Die vleis wat daarin gaan, word ook maar deur die prys bepaal wat die
slagters bereid is om te betaal. Vir sebra bied hulle die boer so min as
R3 per Kg aan hier op die rand van die Namib (onthou, die finale produk is
selde minder as R40 per Kg) Die situasie in die Khomas Hochland is
blykbaar meer betalend want daar's boere wat spesiale spesiale koelkamers
gebou het waar die karkasse gehou word totdat die slagter se "lorrie"
verbykom. Ons glo natuurlik glad nie dat salami en landjägers die
enigste vorms is waarin die streepdonkie weer te voorskyn kom nie.
Jare gelede was oom Faan Oosthuizen (ook al salig) van Tsumeb se boerewors
beroemd tot in die Kaap - Sekere tye van die jaar was dit suiwer kameelperd.
Weet. Ek het self gehelp met die skietery. En as jy nie 'n absolute
kenner/fynproewer is nie, sal jy nie die verskil tussen koedoe en kameelperd
uitwys nie.
So kan ek voortklets en baie van julle kan ook bydraes op hierdie onderwerp
lewer - eetbare goedjies uit die veld. "Willevark" - baie lekkerder as
"mak vark". Kom eendag uit die jagveld met 'n koedoe en vark agter in die
ou Land Rover en stop toe eerste by my vriendelike Duitse bankbestuurder
"pêl". Kies, sê ek vir hom - helfte van die koedoe of die vark. Ek was
nog besig om te praat, toe laai hy al die vark af ...........Bring net
volgende keer twee varke saam en ek verhoog jou limiet al kan mens dit nie
met jou waag nie
Einde Julie is ek in Tsumeb en dan sal bietjie met tante Henle van Protea
Slaghuis gesels oor bostaande "familie" Duitse worse en vir jou laat weet.
Ek glo ook nie dat die Duitsers die uitvinders was van Salami nie - dis die
Italianers se voorreg - die Duitsers het net hulle eie variante gemaak soos
Kochsalami onder andere. (Die enigste gevolgtreking waartoe ek kan raak as
ek na Italiaanse kookkuns kyk, is dat dit 'n nasie is met 'n ernstige en
kroniese vleistekort Pasta ??? Pizza ??? Is nie kos nie. )
Maar ek is oop vir oortuiging. In 1945 het ek vir die eerste keer rape
geproe. Opgekook in water en daarvandaan op die bord en "jy mag nie opstaan
voordat jou bord leeg is nie". Daarvandaan vas oortuig gewees rape is
varkkos - heeltemal ongeskik vir menslike gebruik. Dit was totdat Konrad
Pischloger 1996 sy resep voorgesit het. Jong rape in skywe van so 6 mm dik
gesny (geskil natuurlik) en dan gekook tot sag maar nog ferm. Dan versuip
hy die goed in 'n dunnerige SOET witsous. Nou plant ek my eie rape hier.
Probeer gerus - dit IS lekker.
Klets - klets - klets en knetter uit Walvisbaai
Omie
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Frikkadel - en nou nog wors en maalvleis [boodskap #24460 is 'n antwoord op boodskap #24337] |
Sa., 03 Julie 1999 00:00  |
roy...
Boodskappe: 68 Geregistreer: April 1999
|
Volle Lid |
|
|
"Hans" wrote:
> en sommer ook jou verwysing na "Bog met Bloumaandag"
>
> Skat ons mede ng'ers - die 30 somethings - was nog op doeke en bottels
> daardie tyd.
Ek wou vra watse program hier van gepraat word, maar wou nie te dom lyk
nie... seker al te laat daarvoor. Ek was seker nog in doeke, maar
darem nie op 'n bottel nie - reg grootgemaak, ekke, aan die bors!
Julle sal maar meer moet vertel, ek ken glad nie die program nie.
Groete
Royleen
|
|
|
|