Tuis » Taal » Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe » Afrikaans
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24313 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Tue, 29 June 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan wrote in message ...
> On Tue, 29 Jun 1999 02:46:58 +0200, "Simon van der Schans"
> wrote:
> |Johan wrote in message ...
> |
> |>Die Argentyne praat al meer as drie geslagte Spaans en hulle het
> |nog nie veel
> |>bereik nie.
Johan en Simon van der Schans se logika verlaat hulle al weer. My stelling
was: "Geen samelewing wat tegnologies gevorder is, het die wetenskap en
tegnologie beoefen in 'n taal anders as in sy omgangstaal nie".
Die argument wat jy hierbo opper, sou slegs relevant gewees het indien die
aanvanklike stelling gelui het: "Alle samelewing wat hulle omganstaal
gebruik, is tegnologies gevorderd".
Dis eenvoudig om te toon dat ek nooit die tweede stelling gemaak het nie. Ek
moet dus tot die gevolgtrekking kom dat Simon en Johan se eie vermoë tot
logiese argument nadelig beinvloed is. Miskien probeer hulle te dikwels om
in 'n tweede taal te dink?
> |
> |Seker net so min soos die Mennoniete daar by julle.
>
> Naaste "Mennoniete" aan ons is 'n groep Amish, en ja, in terme van
> wereld magte word, of wat ook al Leendert wil bereik met sy Afrikaans
> praat, het hulle ook nog nie veel bereik nie. Maar jy moet maar vir
> Leendert vra vir sy kommentaar, want jy is reg, hierdie groep Amish
> praat ook al baie geslagte hulle eie taal.
Wel, in die geval van Johan, weet ons reeds lankal dat sy logiese denke erg
gestrem is. Dis dus nie vreemd dat hy hierbo dieselfde logiese blaps maak as
Simon nie.
Maar dit daargelaat - mens kan ook die volgende oorweeg:
Die Menoniete/Amish handhaaf 'n bepaalde standpunt wat die _verwerping_ van
tegnologie insluit.
Op morele en sosiale gebied het hulle miskien veel meer bereik as jy. Met
betrekking tot psigologiese en sosiale voordele van die lewenswyse wat hulle
vir hulself gekies het, kan jy gerus kyk hoe lyk vergelykende
stresindikators vir die Amish gemeenskap en vir die gemeenskap waarin jy
woon. Kyk na aspekte soos egskeiding, selfmoord, stresverwante siektes,
kindermishandeling, ens. Ek vermoed jy sal vind dat hierdie dinge veel
minder algemeen is in die Amish gemeenskap (waaroor jy jou bek so vol het)
as in die gemeenskap waar jy woon.
Nou: Ten opsigte van die gebruik van ander tale as die omgangstaal, oorweeg
gerus die volgende:
a) Die industriële revolusie het nie plaasgevind voordat die wetenskap en
tegnologie nie in die volkstale van Europa bedryf kon word nie (tevore is
omtrent alles behalwe liefdesverhale en handelsdokumente in Latyn geskryf)
Die werk van die hervormers in die voorafgaande twee eeue was noodsaaklik
hiervoor.
b) Die spesifieke tegnologie wat die industriële revolusie voorafgegaan
het en ingelui het, is die skeepvaart. Dit is van vroeg af in die
omgangstale beskryf en beoefen. (Ek dink die skeepvaart was vir die mense
van die 15de tot 18de eeue soos ruimtevaart vir ons is).
c) Japan het sy eie industriële revolusie met die vorige eeuwending
betree - deur die tegnologie in die omgangstaal te begin bedryf, en nie in
Engels of Nederlands nie. Kyk gerus na die tale waarin Korea, Taiwan,
verskillende dele van China, ens hul tegnologie beoefen.
d) Miskien wil jy vir my 'n voorbeeld wys van 'n samelewing wat
tegnologies gevorderd is, en wat die wetenskap en tegnologie deur medium van
'n taal anders as die omganstaal bedryf?
|
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24315 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Tue, 29 June 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 29 Jun 1999 02:46:58 +0200, "Simon van der Schans" wrote:
|Johan wrote in message ...
|
|>Die Argentyne praat al meer as drie geslagte Spaans en hulle het
|nog nie veel
|>bereik nie.
|
|Seker net so min soos die Mennoniete daar by julle.
Naaste "Mennoniete" aan ons is 'n groep Amish, en ja, in terme van
wereld magte word, of wat ook al Leendert wil bereik met sy Afrikaans
praat, het hulle ook nog nie veel bereik nie. Maar jy moet maar vir
Leendert vra vir sy kommentaar, want jy is reg, hierdie groep Amish
praat ook al baie geslagte hulle eie taal.
|
|Dit mag jou miskien interesseer dat Argentinié aan die begin van
|hierdie eeu beskou is as die land met die grootste toekoms van al
|die Amerika's van daardie tyd.
Wat het toe van daardie beskouing geword? Wat het Argentinie toe
bereik. Selfs in Eva se tyd?
| Groter nog as die VSA.
Indrukwekkend!
|Tot so 'n
|mate selfs dat 'n klomp Afrikaners soontoe geëmigreer het.
|
Nee, Simon hier sit jy die pot mis - sover ek verstaan het die groep
Afrikaners nie gesê : "Wel, dit lyk of Argentinie die land is met die
grootste toekoms van al die Amerikas van hierdie tyd" nie. Ek het dit
dat hulle eerder moeg geraak het vir die Britse oorheersing en
padgegee het na 'n land waar hulle in rus en vrede kon verder boer.
Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.
=|:^)
Johan
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24354 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Wed, 30 June 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wilbert Geijtenbeek wrote in message ...
>
>
> Woorden soos algebra, algoritme, chemie, medicijn, etc. komen alle uit het
> Arabisch; een taal, wat eers in Midde-Ooste het gespreek.
Korrek. So ook woorde soos "admiraal", en die name van baie sterre - want
die Arabiere was voorste astronome (wat moontlik die aansporing was vir die
onstwikkeling van die wiskunde) en skeepvaart (wat moontlik op sy beurt die
belantstelling in die astronomie 'n groot hupstoot gegee het). Maar hulle
het ook baie werk in anatomie gedoen, in die filosofie en die regte. (Baie
van die antieke Griekse en Romeinse werke het juis via die Arabiese denkers
in Europa bekend geword voor die val van Konstantinopel).
> De taal het zich
> uitgebreid na Noord- en Oost-Afrika, Zuid-Europa en richting Azië. Al in die
> Middeleeuwen. Daar floreerde die wetenskap in die tyd en daar zijn die
> regiotalen uitgesterf.
Die geval van Arabies is interessant. Want jy moet die verband met Islam ook
trek. Die Islam erken geen ander taal as Arabies vir die Koran nie -
vertalings word beskou as "beskrywings van" die Koran, en nie as "Die Koran"
nie. Ook gebede word in Arabies gedoen.
Daarom moet _alle_ gelowiges Arabies leer, al is dit, op die eerste vlak,
net om die formules foneties te lees en uit te spreek, al verstaan hulle nie
die taal self nie. (In teenstelling met die Kerk van Rome wat Latyn en die
Bybel heel streng uit die hande van die "volk" gehou het.)
Voeg daarby die feit dat dit (veral in die eerste eeue) die gebruik was om
"ongelowiges" met dwang te bekeer tot die Islam (Christene, Jode en
Zoroasters was vrygestel van hierdie verpligting - "heidene" kon doodgemaak
word as hulle geweier het om hulle te bekeer.)
Mens kan dus verstaan dat Arabies mettertyd die omgangstaal van gebiede
onder Islamitiese beheer geword het - en dat plaaslike tale "uitgesterf"
het.
Ek dink egter nie dat die bloeiende wetenskap van die Arabiere kan geld as
teenvoorbeeld vir die algemene stelling dat volke slegs tegnologies kan
ontwikkel as hulle die tegnologie en die wetenskap in die omgangstaal
beoefen nie. Arabies _was_ die omgangstaal van die arabiese wêreld -
inlsluitende dié van arabiese seelui, bouers, krygslui en kunstenaars.
>
> Ek dink tale sijn nie tekene van hoogstaande tegnieken, maar handhavers van
> cultuur.
Ek beskou tegnologie as 'n aspek van kultuur.
> Hogere culture besta nie. Afrikaans is een mooie taal en teken van
> die boerencultuur, die wel degelijk deel uitmaak van Suid-Afrika. Het
> verleden moet vergeet en vergeef word en het sowieso niets met cultuur te
> maak nie, omdat dat generalisering sou wees...
>
> Nu nog een paar vrage:
> - Op welke gebiede word Afrikaans agteruitgedring?
Verskeie - in die staatsbeheerde media word Afrikaans (en ander Afrikatale)
deur Engels verdring. In die onderwys word Afrikaanse skole min of meer
gedwing om paralel- en verkieslik dubbelmedium te word, Afrikaanse tersiêre
onderwys word oorgeskakel na Engelsmedium, ens. In regeringsorgane word dit
al moeiliker om iemand te kry wat jou in Afrikaans kan help, ens.
In die kuns en kultuur is daar weer 'n groot opbloei, maar dit beteken dat
bepaalde funksies vir Afrikaans ontneem word - omtrent niemand publiseer
meer wetenskaplike artikels in Afrikaans nie, handboeke word nie meer op
Afrikaans gepubliseer vir tersiêre onderwys nie, al minder mense skryf meer
nagraadse tesisse in Afrikaans, en so meer.
> - Zijn taalgrense mogelijk in Suid-Afrika of lewe alle taalgroepe door
> elkaar heen?
Die Westelike en Suidelike dele van die land is oorwegend Afrikaanssprekend,
en Gauteng, die industriële hartland, se grootste enkele taalgroep is
Afrikaans - maar die meerderheid Afrikaanssprekers woon gemeng met sprekers
van ander tale.
> - Wat is het Afrikaanse woord voor het Nederlandse werkwoord 'zijn' ?
;-)
Infinitief: "om te wees" maar:
Ek is, jy/sy/hy/dit/ is, hulle is, julle is, ons is.
Ek was, jy/sy/hy/dit was..... ens.
Ek sal wees, jy/sy/hy/dit sal wees..... ens.
|
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24356 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Wed, 30 June 1999 00:00   |
Wilbert Geijtenbeek
Boodskappe: 17 Geregistreer: June 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek sal probeer Afrikaans te skrijf, maar het sal nie perfekte Afrikaans wees
nie;-)
> Johan en Simon van der Schans se logika verlaat hulle al weer. My stelling
> was: "Geen samelewing wat tegnologies gevorder is, het die wetenskap en
> tegnologie beoefen in 'n taal anders as in sy omgangstaal nie".
Woorden soos algebra, algoritme, chemie, medicijn, etc. komen alle uit het
Arabisch; een taal, wat eers in Midde-Ooste het gespreek. De taal het zich
uitgebreid na Noord- en Oost-Afrika, Zuid-Europa en richting Azië. Al in die
Middeleeuwen. Daar floreerde die wetenskap in die tyd en daar zijn die
regiotalen uitgesterf.
Bijkans elke maatskappy het meer tale. In Nederland sy dat Nederlands en
Fries. Fries 'vernederlands' steeds meer, omdat het sedert lang nie in die
wetenskap gebruik word nie. So 'verengels/veramerikaniseer' Nederlands nu
ook. Tog klink nu steeds meer stemme om 'veramerikanisering teë te gaan.
Miskien moet Afrikaans ook nu emancipeer. Ons alle niet-Engelstalige moet
die Franse principe oërneem: spreek slegs andere tale in die buitenland.
Meertalige lande moeten elke taal gelijke kanse geve. In België woed nog
steeds die taalstrijd, omdat vrijwel alle Vlamingen Frans spreek, maar slegs
weinig Walen Nederlands.
Ek dink tale sijn nie tekene van hoogstaande tegnieken, maar handhavers van
cultuur. Hogere culture besta nie. Afrikaans is een mooie taal en teken van
die boerencultuur, die wel degelijk deel uitmaak van Suid-Afrika. Het
verleden moet vergeet en vergeef word en het sowieso niets met cultuur te
maak nie, omdat dat generalisering sou wees...
Nu nog een paar vrage:
- Op welke gebiede word Afrikaans agteruitgedring?
- Zijn taalgrense mogelijk in Suid-Afrika of lewe alle taalgroepe door
elkaar heen?
- Wat is het Afrikaanse woord voor het Nederlandse werkwoord 'zijn' ? ;-)
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24357 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Wed, 30 June 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Simon van der Schans wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> d) Miskien wil jy vir my 'n voorbeeld wys van 'n samelewing
> wat
>> tegnologies gevorderd is, en wat die wetenskap en tegnologie
> deur medium van
>> 'n taal anders as die omganstaal bedryf?
>
> Wil jy hierdie miskien as 'n argument gebruik dat 'n samelewing
> die wetenskap en tegnologie in sy omgangstaal moet bedryf as hy
> tegnologies gevorderd wil wees?
Ek dink daar is sterk argumente voor. As ons vind dat samelewings sukkel om
tegnologie in die medium van ander tale as hul omgangstaal te bedryf (ken jy
die literatuur oor tegnologie-oordrag?) en as ons geen voorbeeld het van 'n
samelewing wat dit met sukses gedoen het nie. En as ons historiese
voorbeelde het van samelewings wat tegnologiese spronge maak op dieselfde
tyd as wat hul taal die tegnologiese domein inneem.
As jy sou beweer dat hierdie dinge geen "bewys" is nie, stem ek saam. Dit
skep egter gronde vir ten minste 'n baie sterk hipotese. Die enigste manier
om hierdie hipotese verkeerd te bewys, is om 'n teenvoorbeeld te bring.
In die praktyk, dink ek, is dit veilig om die hipotese te aanvaar totdat dit
verkeer bewys word. Veral as ons daaraan dink dat samelewings, byvoorbeeld
in Afrika, reeds vir geslagte lank die teenoorgestelde hipotese probeer het.
Om tegnologies te vorder in die medium van tale soos Engels, Frans, Spaans
en Portugees. Met opmerklike gebrek aan sukses.
Daarbenewens weet ons uit navorsing in verskeie lande, insluitende Nigerië,
dat skoolkinders se kognitiewe vermoëns (insluitende abstrakte en simboliese
denke - die voorvereiste vir wetenskaplike en tegnologiese vordering)
betekenisvol en beduidend beter ontwikkel as hulle in hul moedertaal
onderrig word as wanneer dit deur medium van 'n tweede taal gedoen word.
In die lig van verskynsels soos hierdie, dink ek, is dit hoog tyd dat ons
ons eurosentristiese aannames (almal behoort in Engels/Frans/Duits te dink
en te werk, want dis "groot" tale) 'n bietjie te bevraagteken.
Miskien is dit juis noodsaaklik vir die moontlikheid van 'n
Afrikarenaissance, dat Afrika begin om wetenskap en tegnologie, filosofie en
kuns, te beoefen in Zulu, Tsonga, Swahili, Yoroba, ens.
> Dan kan jy natuurlik ook
> argumenteer dat, as jou oë sleg is, jy baie wortels moet eet,
> want het jy al ooit 'n haas gesien wat brille dra?
Brille is inderdaad tegnologiese artifakte. En so ver ek weet, beoefen hase
nie die tegnologie in hul omgangstaal nie. Hierdie voorbeeld slaag dus nie
daarin om my hipotese verkeerd te bewys nie.
|
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24400 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Thu, 01 July 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
John W Meeding wrote in message ...
> Hmmm...heelparty baie interessante menings oor of Afrikaans dan nou wel sal
> voortbestaan, maar wat ek oor wonder is.....hoe gaan dit prakties gebeur ?
> In die skole - gaan dit as 2e taal geleer word ? Kinders wat in Afrikaanse
> huise grootword , sal dit geleer word - sal hulle dit noodwendig praat, en
> sal hulle weer hulle kinders die taal leer ? Op universiteit is die
> tendense om te se dat tegniese terme eerder in engels aangeleer moet word,
> want engels is die taal waarin besigheid gedoen word -
In sy verslag aan die parlement haal PANSAT 'n Duitse minister van handel
aan, wat Amerikaanse handelslui toegespreek het: "If you want to buy from
Germans, there is no need to speak German. However, if you want to sell to
Germans, it is a different matter."
Ek vind dit werk nogal met Afrikaans ook.
> die houding word
> ingeslaan op self afrikaanse universiteite (waarvan daar baie minder sal
> wees oor 'n paar jaar )
>
> So - stel ten syde die feit dat ons almal hoop en wens dat Afrikaans sal
> voortbestaan, en help my om te verstaan HOE dit gaan gebeur. Toe ek en my
> vrou verhuis het na die VSA (onlangs) het my pa my amper laat belowe dat ek
> my kinders sal Afrikaans leer - maar ek probeer om die dinamika daarvan te
> verstaan .
>
> Ek dink dat dit die belangrikheid van feeste soos Karoo Kunstefees laat
> uitstaan. Maar al reeds is die grot gaar - laat ook "ander tale" op die
> fees toe, want dit is 'n kunstefees, nie 'n Afrikaanse fees nie. Hoe kan
> mens Afrikaans bevorder op persoonlike vlak ?
Ek maak my kinders in 'n Afrikaanse huis groot. As ek in daardie huis nie
vir hulle genoeg herinneringe skep wat hulle weer op hul beurt vir hul eie
kinders wil oordra nie, sal dit my verdiende loon wees as my kleinkinders
nie Afrikaans grootword nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24514 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Tue, 06 July 1999 00:00   |
Wilbert Geijtenbeek
Boodskappe: 17 Geregistreer: June 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
>>> Miskien wil jy vir my 'n voorbeeld wys van 'n samelewing wat
>>> tegnologies gevorderd is, en wat die wetenskap en tegnologie deur
>>> medium van 'n taal anders as die omganstaal bedryf?
>>
>> Singapore. Malay en Mandarin is hul omgangstaal taal, maar die taal
>> in akademie is Engels. Singapore het laas jaar die wiskunde eksamens
>> gewen.
>> ...raai wie was laaste.
>
> Suid-Afrika - waar 90% van die kinders wiskunde en Wetenskap deur
> medium van Engels leer.
Dus nie alleen Afrikaans is bedreig, maar ook Zulu, Xhosa en andere
Afrikataal...
Ek dink, dat Afrikaans as minderheidstaal best kan oërleef die
ontwikkelinge, maar wel met hulp van die 'Ollandstalige;-)
Ek streef naar 'n Nederlandstalige taalunie/taalverdrag met Nederland,
België, (ook Luxemburg), Suriname, Aruba en die Antillen, Brits Guyana, de
Maagdeneilande, Suid-Afrika, Namibië en Indonesië met Nieuw-Guinea. Ook
Kongo kan daarby kom.
Waarom spreek men in Kongo slegs Frans? Die land was 'n Belgische kolonie,
tog?
> EN:
>
> Singapoer is bekend vir sy handel, maar beswaarlik vir sy tegnologiese
> leierskap.
>
>> Ek is maar bly jy was nie my prof gewees nie.
>
> Toemaar, ek ook. Jou logika is beroerd.
>
> Die taal van tegnologie vandag is Engels...hoekom?...sodat almal oor die
> wereld hul kennis kan deel.
>
> Tut...Tut... die getal Engelsspreker is besig om te daal.
Oh? Op welke gebied? Of bedoel jy 'n relatieve daling, door die groei van
meertaligen?
>> Wie gaan al die boeke van Engels na Afrikaans toe
>> oorskryf? As ek 'n papier moet skryf, gaan ek dit nie in Afrikaans
> skryf nie, niemand gaan dit lees nie!
De meeste proefschrifte in Nederlandse universiteite word in Nederlands
geskryf, dus in Afrika moet dat ook nie 'n probleem word nie. Taal is nie 'n
teken van jou afkoms of wetenskap; taal is egter nie slegs 'n medium nie,
maar ook 'n teken van jou cultuur. Tale moet gebezigd word, ook op hoog
niveau, om 'n taal instand te houd. Hoe word dat gedaan in die parlement?
Spreek men daar alleen Engels?
En in die regionale bestuur? Stadsbestuur van Johannesburg, bijvoorbeeld?
>
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24515 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Tue, 06 July 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Gervaas Hellin" wrote:
>> Waarom spreek men in Kongo slegs Frans? Die land was 'n Belgische kolonie,
>> tog?
>
> Omdat die Vlaamse burgery saam met die katolieke kerk net die Franstalige
> ekonomiese mag gesteun het ! Die industrieë wat in Vlaandere gevestig was,
> het hul hoofsetel in Brussel gehad - Daar was GEEN deurpaaie na Antwerpe
> (wat 'n wêreldhawe was/is).
> Toe my man jonk was, het die priesters gepreek dat om vir die Volksunie te
> stem (wat 'n Vlaamsnasionalistiese party was, maar nie ekstreem-regs nie, en
> net die Vlaamse ekononiese belange 'n die Nederlandse taal verdedig het) 'n
> DOODSONDE was !!
Hmmmm.... Mens kry kerke en staat ook nooit uitmekaar nie. Selfs nie in
die VSA nie.
Maar vertel bietjie van die huidge stand van Vlaamse nasionalisme. Ek
hoor die Vlaamse Blok het sy steun opgestoot in die onlangse
verkiesing. Waar sou jy die Vlaamse Blok plaas in terme van
"ekstremisme"? Is daar ander nasionalsitiese bewegings? Anti-
nasionalsitiese bewegings?
> Dus, Willem, in Kongo sal jy min mense kry wat nog Vlaams ken ... net
> sommige van die ouer Kongolese, wat nog Nederlands as tweede taal geleer
> het.
Ek het in die laat sewentigs so een of twee teëgekom wat 'n bietjie
Nederlands kon praat (ek het in daardie tyd Matadi dikwels besoek - die
tweede lelikste stad op aarde).
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24516 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Tue, 06 July 1999 00:00   |
Hellin Gervaas
Boodskappe: 191 Geregistreer: January 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Waarom spreek men in Kongo slegs Frans? Die land was 'n Belgische kolonie,
> tog?
Omdat die Vlaamse burgery saam met die katolieke kerk net die Franstalige
ekonomiese mag gesteun het ! Die industrieë wat in Vlaandere gevestig was,
het hul hoofsetel in Brussel gehad - Daar was GEEN deurpaaie na Antwerpe
(wat 'n wêreldhawe was/is).
Toe my man jonk was, het die priesters gepreek dat om vir die Volksunie te
stem (wat 'n Vlaamsnasionalistiese party was, maar nie ekstreem-regs nie, en
net die Vlaamse ekononiese belange 'n die Nederlandse taal verdedig het) 'n
DOODSONDE was !!
Dit is hoekom "ons" kolonie nooit Vlaams/Nederlands geleer het nie - nogtans
was die meeste koloniale Vlaminge (o.a. my ouers, wat in 1952 in Kongo
aangekom het en daar tot in 1982 gebly het - ek het eers in 1991 België
toegekom.) Maar die administrasie was Franstalig.
Dus, Willem, in Kongo sal jy min mense kry wat nog Vlaams ken ... net
sommige van die ouer Kongolese, wat nog Nederlands as tweede taal geleer
het. Ek moet sê dat die land se meerderheid ook nie goed Frans praat nie -
maar dit is 'n ander storie.
Groete.
Hilda.
--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
http://myhuisie.webjump.com en
http://www.oocities.org/EnchantedForest/Tower/9054
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24563 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Wed, 07 July 1999 00:00   |
Hellin Gervaas
Boodskappe: 191 Geregistreer: January 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Watter soort "oplossing"(s) stel hulle voor vir die akkommodasie van
> vreemdelinge in die Belgiese samelewing?
Ek het die hele Vlaams Blok program nie gelees nie, maar wat ek gehoor het
oor die vreemdelinge-politiek is die volgende :
- vreemdelinge wat in België werk, kan bly.
- dié wat nie werk nie en 'n sosiale uitkering kry, moet terug na hul eie
land. Hulle sou wel 'n som geld kry om in hul eie land 'n nuwe lewe te
begin.
- dié wat 'n misdaad gepleeg het, moet hul straf in hul eie land gaan
uitsit.
- illegale moet ook onmiddellik teruggestuur word (ek weet nie of hulle geld
kry of nie).
Ek weet nie hoeveel mense vir die Blok stem louter uit Vlaamse
nasionalistiese oorwegings nie. In die pers en deur die andere partye word
die Blok as 'n nazi-party afgeskilder. Die algemene opvatting is dat as jy
vir die Blok stem, jy 'n rassis is.
Die nuwe regering gaan die regeling versoepel om die Belgiese nasionaliteit
te bekom. Iemand wat hier 5 jaar bly en Belg wens te word, sal dit maklik
kan doen. Dit is 'n alternatief vir die eis van die groene party, wat wou hê
dat die vreemdelinge wat hier al minstens 5 jaar bly, stemreg sou kry in die
gemeenteraadsverkiesings. Dit is dus geweier en in ruil kan hulle nou
makliker Belg word.
Jy's heeltemal reg as jy sê dat klein partye baie mag kan kry deur die
Belgiese sisteem. Daar's mos geen regte groot partye in België nie. As jy
die totale bevolking neem, dan het nie een party 20 % van die stemme nie.
Ek wou nog vra : as Matadi die tweede lelikste stad is, wat is dan die
lelikste ? :-)). Ek het enkele kere deur Matadi gery op pad Moanda en/of
Kinshasa toe en net een keer daar oornag. Matadi bestaan net omdat die
Kongostroom tot op daardie punt bevaarbaar is. Vanaf Kinshasa word hy weer
bevaarbaar. Tussen die twee stede is baie vroeg al 'n spoorlyn gebou - begin
van hierdie eeu. Daar's net een spoor en af en toe 'n syspoor van enkele
honderde meters om toe te staan dat twee treine mekaar kruis. Dan staan daar
langs die spoor Kongolese met 'n soort "stok" wat hulle aan die
treinbestuurder deurgee om te bevestig dat die spoor vry is. In 1966 het ek
met my ouers en my sussie daardie stuk tussen Matadi en Kinshasa per trein
gery (365 km) en dit was baie interessant :-). Ag, 'n mens belewe daardie
lekker avonture net in Afrika ! Ek mis dit alles baie :-).
Groete uit 'n nie-paradys :-).
Hilda.
--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
http://myhuisie.webjump.com en
http://www.oocities.org/EnchantedForest/Tower/9054
|
|
|
Re: Afrikaans [boodskap #24564 is 'n antwoord op boodskap #5866] |
Wed, 07 July 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Simon van der Schans wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
> Eers..
>
>>>> d) Miskien wil jy vir my 'n voorbeeld wys van 'n
> samelewing wat
>>>> tegnologies gevorderd is, en wat die wetenskap en tegnologie
> deur
>> medium
>>> van
>>>> 'n taal anders as die omganstaal bedryf?
>
> En, toe Alastair dit doen...
Nee. Alastair het daarop beweer dat die tegnologie in Singapoer deur medium
van Engels _onderrig_ word.
Hy het niks gesê oor die taal waarin dit _bedryf_ word in die werkswinkels
en fabrieke van die staatjie nie.
>
>> Singapoer is bekend vir sy handel, maar beswaarlik vir sy
>> tegnologiese leierskap.
>
> Merk ek hier 'n subtiele verskuiwing van die doelpale?
Nie regtig nie.
Beoefening van die wetenskap manifesteer in tegnologiese innovasie - wat
sekerlik 'n posisie van leierskap in die betrokke veld meebring. Beperkinge
in laasgenoemde suggereer dus noodwendig beperkinge in eersgenoemde.
In alle eeue is lingua franca's gebruik vir handelsverkeer - en handel is
seker een van die mees eenvoudige domeine vir 'n taal. Juis was is dit een
van die omgewings waarin pidginisering en kreolisering maklik plaasvind.
Een van die oudste voorbeelde waarvan ek gehoor het, is waarskynlik die
voorbeeld van laag-Latyn (vulgar Latin), veral is Spanje in die middeleeue.
Niks is ooit in die taal geskryf nie- behalwe handelsrekords.
Daar is, selfs vandag nog, bitter min begrip vir die kritieke
interafhanklikheid van taal en denke, en die ontwikkeling van albei, en daar
is amper geen begrip vir die mate waartoe sprekers van minderheidstale
kognitief en ekonomies ontmagtig word deur die imperialisme van die sprekers
van groot tale nie. Die ergste sondaars van almal is waarskynlik die klein
minderheid sprekers van minderheidstale wat wel 'n hoë vlak van
funksionering in die groot taal verwerf, en wat nie ontmagtig word nie. Maar
hulle is altyd uitsonderinge.
Nou: Watter bydrae lewer Singapoer tot die ontwikkeling van die wetenskap en
tegnologie? Of is hulle maar in 'n permanente soort van "copycat"- situasie?
|
|
|
Bladsye (6): [ 3 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 16:04:30 UTC 2025
|