Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Soutpan" deur C. LOUIS LEIPOLDT
"Die Soutpan" deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #24246] So, 27 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE SOUTPAN
Louis Leipoldt

Kaal is die ou sandwêreld hier, en kaal
Die see daar buite waar die branders breek -
'n Strand vol klippies en 'n pol'tjie kweek
Van ruigtegras, nou nie meer groen, maar vaal.
Hier praat die veld 'n onverstaanbêre taal;
Hier maak die son die blou soutwater bleek,
Totdat hy saans vermoeid sy kop versteek
Agter die duine, waar sy glans verdwaal.
Hier staan die soutkors sonder vou of plooi,
Glad, silwerwit, en met 'n goudgeel lys
Van modder en klei - hier dun en daar nog dig.
So arm die wêreld hier, en tog so mooi -
Stil, soos 'n oumens amper oor sy reis
En met die Dood se skadu op sy gesig.
Vorige onderwerp: "Seekoevlei" deur N.P. van Wyk Louw
Volgende onderwerp: "Digter in sy slaap oorlede" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 14:31:00 MGT 2024