Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Rita" deur GERT VLOK NEL
"Rita" deur GERT VLOK NEL [boodskap #24151] Wo, 23 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
RITA
Gert Vlok Nel

my tannie het 'n ruk gerou
toe haar lower jeug ophande was.
ek onthou haar in beaufort in 1969.
by die oop venster in die skakelhuis (16)g.h.j.j. vlok: hook-haai
in 1ste laan, spoorwegkamp, beaufort-wes. r.s.a., afrika.aarde.
al die besonderhede het toe en dan kosmies
geëggo, sy't 'n soet life gerook, sy't my gekyk, en
sy't kringe geblaas. uit by die venster, oor die rant.
i stoker in sy stoomenjin het hulle eensydig verby gewaai.

sater-dae (en vrydae) het sy begin loop, oos
na die dance-hall by die royal hotel*yyy
onder wriemelende wolke, tussen 2 straatlampe
sou sy 2 skaduwees gooi van wisselende prominensie
met die maan as beleë kontrapunt, soos sy gestap het
verby die vensters van die groot siel. het die aarde
gedraai onder haar voete, soos i boomstomp op rivier, kon sy
die goeie dag inhaal, al oos teen die lot? toe scott mckenzie
haar bla bla blomme & lief, op springbokradio, was
almal alreeds absoluut weg uit s. fransisco
iets was moerse verkeerd. ooms het haar dubbelsinnig gegroet.
tog was sy op pad, sy't een gevoel met die rymlose reën
(haar hês & lês leun soos bloekoms teen die wind
in die croxley-briewe van haar gehuil)
en twee met die skakelhuis, kerk & werk.
of het sy? dit was te bisar vir die hart.

sy't een reën die 7 af-trein gevat, wes.
in die môre vasgemeer in kaapstad met i hangover met i helse
lang ysterankerketting terug in die gestorte nag in. dit was pieng
oggend. woodstock was skoon
vol antagonistiese children of god. terug, oos.
sy't stuwend terug gekom.
i soldaat het haar beaufortstasie
binnegery, daar staan Oupa, akasha-annal op die hart.
en aan sy hand die demoon wat hom bewoon
"daar's my pa," het sy eenvoudig gesê.
my tannie het geruk 'n rou, straatjie op, straatjie af
sonder verband met enigiets
veral nie noodwendig met enigiets nie.
op 19 moes sy trou.

sy't ver weg gaan bly, soos almal
in i al vaer wordende huis, paleis, pondok, saam met
3 kinders en i treindrywerman met i wrok.
en ook het daar (verskriklik) gebly: geloof, hoop, liefde
maar die grootste hiervan was die hoop
Vorige onderwerp: "Die Swart Stad" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: Uit "Blom van die Baaierd" deur DIRK OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 18:20:11 MGT 2024