Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor dit en dat.......
Oor dit en dat....... [boodskap #24111] Ma, 21 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Daar's 'n skroef los êrens - benewens die paar in my eie kop.

Die afgelope tyd was hier baie stof. Tot nadenke en ook om in te verstik.
En dan nog ander soorte bog ook. Daar was ligter oomblikke - Robert het
selfs gebedel vir meer maar dit lyk nie of sulke goed spontaan hier ontstaan
nie. Die ng, za.humour, is gekaap deur vreemdtaliges en andere met
gedragsafwykings. So waarheen nou ?? In die geselskap wat ek normaalweg
verkeer, duur dit nie lank voordat iemand die ligter noot slaan nie - dus -
hier's my bydrae vir 'n krakerige glimlag :
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
Die oukêrel het gereeld ge-oefen in die "gym" en op die oggend van sy 70 ste
verjaarsdag staan hy amper kaalbas voor die spieël en bewonder homself.
Bult die armspiere. Spoggerig, dink hy. Trek die asem diep in en kyk na
die borskas. Ou breëbors, sê hy hardop. Kyk na die maag. Gan stuk
boepie aan my nie. Loer nog verder ondertoe en met so verergde swaai
van die hand spreek hy die onnoembare aan : "En as jy nie op 60 gevrek het
nie, was jy vandag saam met my 70.........."

^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^

CLAIM
Ek, Omie, aanvaar hiermee volle verantwoordelikheid vir die plasing hiervan
ongeag die gevolge wat dit op individue mag hê wat dit lees. As jy met 'n
disjointed stel kake sit van omdat jy onverwags geglimlag het, het jy dit
verdien.
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24112 is 'n antwoord op boodskap #24111] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Jun 1999 23:55:13 -1000, "Strand Jakkals"
wrote:

|Yip-Yip-Yip
|
|
Lei ek reg af dat jou huis ook kinders het wat na die dinosaurtjies se videos
kyk? Met Sarah wat so nou en dan gil met 'n stemmetjie wat soos 'n tandarts se
boor tot in die middel van jou skedel indring?
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24113 is 'n antwoord op boodskap #24111] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Dit lyk amper of julle wil regkom. Ek is oortuig hier's potensiaal op die
ng- maar moenie almal die half vals noot vat wat ek ingesit het nie.

As jy onseker is oor jou eie vermoë tot humor, gee dan gerus vir ons 'n
akademiese proefskrif oor die "mechanics" van humor. Alle bydraes is
welkom. (Regtig - daar IS so 'n onderwerp)

Vriendelik
Omie
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24114 is 'n antwoord op boodskap #24111] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Haai Omie!

Is dit 'n Selfportret?

'Skuus! Kon nie help nie!

Skryf vir my! Ek dog Omie het die emmer geskop! "No suck luck, I bet"

Groete
Royleen

Hans skryf in boodskap news:7kjrv1$1l3o$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...

> Die oukêrel het gereeld ge-oefen in die "gym" en op die oggend van sy 70 ste
> verjaarsdag staan hy amper kaalbas voor die spieël en bewonder homself.
> Bult die armspiere. Spoggerig, dink hy. Trek die asem diep in en kyk na
> die borskas. Ou breëbors, sê hy hardop. Kyk na die maag. Gan stuk
> boepie aan my nie. Loer nog verder ondertoe en met so verergde swaai
> van die hand spreek hy die onnoembare aan : "En as jy nie op 60 gevrek het
> nie, was jy vandag saam met my 70.........."
>
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
>
> CLAIM
> Ek, Omie, aanvaar hiermee volle verantwoordelikheid vir die plasing hiervan
> ongeag die gevolge wat dit op individue mag hê wat dit lees. As jy met 'n
> disjointed stel kake sit van omdat jy onverwags geglimlag het, het jy dit
> verdien.
>
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24115 is 'n antwoord op boodskap #24111] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Hans wrote in message ...
Loer nog verder ondertoe en met so verergde swaai van die hand spreek hy die
onnoembare aan : >
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
>
> CLAIM
> Ek, Omie, aanvaar hiermee volle verantwoordelikheid vir die plasing hiervan
> ongeag die gevolge wat dit op individue mag hê wat dit lees. As jy met 'n
> disjointed stel kake sit van omdat jy onverwags geglimlag het, het jy dit
> verdien.
>
-------------------------------------------

Haai Omie,
Dit laat my dink aan die dae, baie lank gelede, toe SWA nog SWA was..
Daar in Gobabis se distrik het 'n ou omie geboer wat 'n invalide was. Hy het
sy plaas maar so van die stoep af beheer. Sy spreekbuis was 'n swart
seuntjie van so om en by 8 jaar. Alles wat die omie gedoen wou gehad het,
moes die seuntjie aandra ensovoorts.
Soos gesê, die omie was 'n invalide en hy kon homself nie eers help as hy 'n
nood gehad het nie. Dan moes die seuntjie maar die blikkie naderbring,
oopknoop en alles regkry sodat omie homself kon verlig.

Soos seuntjies van 8 jaar maar is, het dié een ook maar daar rond gespeel
wanneer sy dienste nie benodig was nie. Op 'n dag was die outjie baie
verdiep in sy spelery en het hy nie die oom se geroep gehoor nie. Omie het
al ongeduldiger geword hoe groter die nood geword het. Toe hy uiteindelik
die noodkrete hoor, was die omie nou al goed op dreef met sy taalgebruik.
Verbouereerd knoop hy oop en vroetel rond, maar ky kan net nie die
onnoembare vind nie.

Die gesprek het toe min of meer sê verloop:
Omie: "Maak gou jou niksnut, ek kan dit nie meer hou nie!!!"
Seuntjie: "Oubaas, ek kan hom nie kry nie!"
Omie: "Soek bliksem, jý het hom laas gehad!"

Moraal: Ons kla so maklik dat dit sleg gaan met ons, maar as 'n man nie eers
meer weet waar sy eie gereedskap is nie .........

Groetnis

Johann
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24138 is 'n antwoord op boodskap #24111] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Strand Jakkals  is tans af-lyn  Strand Jakkals
Boodskappe: 13
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jakes wrote in message ...
> Hans wrote:
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> Kyk na die maag. Gan stuk
>> boepie aan my nie. Loer nog verder ondertoe en met so verergde swaai
>> van die hand spreek hy die onnoembare aan : "En as jy nie op 60 gevrek het
>> nie, was jy vandag saam met my 70.........."
>>
>
> Ek vra 'n ou oom eendag hoe dit met hom gaan - hy was oor die 70.
> "Aag boetie, dit gaan maar swaar. Wat nie pyn nie werk laaaaankal nie
> meer nie. As ek die more buk om my skoene vas te maak dan wonner ek
> wat ek nog kan doen terwyl ek nou hier onner is."
> Hy klap so op sy boepens en sê: "Sien jy dit - dis 'n afdak vir ou
> 'tools'
>
> Jakes

Het jy al ooit 'n Rolls Royce in die son sien staan ???

Jakkals
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24139 is 'n antwoord op boodskap #24111] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hans wrote:
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
Kyk na die maag. Gan stuk
> boepie aan my nie. Loer nog verder ondertoe en met so verergde swaai
> van die hand spreek hy die onnoembare aan : "En as jy nie op 60 gevrek het
> nie, was jy vandag saam met my 70.........."
>

Ek vra 'n ou oom eendag hoe dit met hom gaan - hy was oor die 70.
"Aag boetie, dit gaan maar swaar. Wat nie pyn nie werk laaaaankal nie
meer nie. As ek die more buk om my skoene vas te maak dan wonner ek
wat ek nog kan doen terwyl ek nou hier onner is."
Hy klap so op sy boepens en sê: "Sien jy dit - dis 'n afdak vir ou
'tools'

Jakes
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24201 is 'n antwoord op boodskap #24111] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Strand Jakkals wrote:
>
>
> Het jy al ooit 'n Rolls Royce in die son sien staan ???
>
> Jakkals

Nog nie, maar die ou Boere het daarvan gehou om oor 'n miershoop te
skiet.

Jakes
Vorige onderwerp: Die ligtere sy........
Volgende onderwerp: Re: POTGIETER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 22:38:22 MGT 2024