Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor dit en dat.......
Oor dit en dat....... [boodskap #24111] |
Mon, 21 June 1999 00:00  |
Oom Hans
Boodskappe: 83 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Daar's 'n skroef los êrens - benewens die paar in my eie kop.
Die afgelope tyd was hier baie stof. Tot nadenke en ook om in te verstik.
En dan nog ander soorte bog ook. Daar was ligter oomblikke - Robert het
selfs gebedel vir meer maar dit lyk nie of sulke goed spontaan hier ontstaan
nie. Die ng, za.humour, is gekaap deur vreemdtaliges en andere met
gedragsafwykings. So waarheen nou ?? In die geselskap wat ek normaalweg
verkeer, duur dit nie lank voordat iemand die ligter noot slaan nie - dus -
hier's my bydrae vir 'n krakerige glimlag :
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
Die oukêrel het gereeld ge-oefen in die "gym" en op die oggend van sy 70 ste
verjaarsdag staan hy amper kaalbas voor die spieël en bewonder homself.
Bult die armspiere. Spoggerig, dink hy. Trek die asem diep in en kyk na
die borskas. Ou breëbors, sê hy hardop. Kyk na die maag. Gan stuk
boepie aan my nie. Loer nog verder ondertoe en met so verergde swaai
van die hand spreek hy die onnoembare aan : "En as jy nie op 60 gevrek het
nie, was jy vandag saam met my 70.........."
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
CLAIM
Ek, Omie, aanvaar hiermee volle verantwoordelikheid vir die plasing hiervan
ongeag die gevolge wat dit op individue mag hê wat dit lees. As jy met 'n
disjointed stel kake sit van omdat jy onverwags geglimlag het, het jy dit
verdien.
|
|
|
|
|
|
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24115 is 'n antwoord op boodskap #24111] |
Mon, 21 June 1999 00:00   |
Johann de Jager
Boodskappe: 30 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Hans wrote in message ...
Loer nog verder ondertoe en met so verergde swaai van die hand spreek hy die
onnoembare aan : >
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
>
> CLAIM
> Ek, Omie, aanvaar hiermee volle verantwoordelikheid vir die plasing hiervan
> ongeag die gevolge wat dit op individue mag hê wat dit lees. As jy met 'n
> disjointed stel kake sit van omdat jy onverwags geglimlag het, het jy dit
> verdien.
>
-------------------------------------------
Haai Omie,
Dit laat my dink aan die dae, baie lank gelede, toe SWA nog SWA was..
Daar in Gobabis se distrik het 'n ou omie geboer wat 'n invalide was. Hy het
sy plaas maar so van die stoep af beheer. Sy spreekbuis was 'n swart
seuntjie van so om en by 8 jaar. Alles wat die omie gedoen wou gehad het,
moes die seuntjie aandra ensovoorts.
Soos gesê, die omie was 'n invalide en hy kon homself nie eers help as hy 'n
nood gehad het nie. Dan moes die seuntjie maar die blikkie naderbring,
oopknoop en alles regkry sodat omie homself kon verlig.
Soos seuntjies van 8 jaar maar is, het dié een ook maar daar rond gespeel
wanneer sy dienste nie benodig was nie. Op 'n dag was die outjie baie
verdiep in sy spelery en het hy nie die oom se geroep gehoor nie. Omie het
al ongeduldiger geword hoe groter die nood geword het. Toe hy uiteindelik
die noodkrete hoor, was die omie nou al goed op dreef met sy taalgebruik.
Verbouereerd knoop hy oop en vroetel rond, maar ky kan net nie die
onnoembare vind nie.
Die gesprek het toe min of meer sê verloop:
Omie: "Maak gou jou niksnut, ek kan dit nie meer hou nie!!!"
Seuntjie: "Oubaas, ek kan hom nie kry nie!"
Omie: "Soek bliksem, jý het hom laas gehad!"
Moraal: Ons kla so maklik dat dit sleg gaan met ons, maar as 'n man nie eers
meer weet waar sy eie gereedskap is nie .........
Groetnis
Johann
|
|
|
|
|
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24201 is 'n antwoord op boodskap #24111] |
Thu, 24 June 1999 00:00  |
Jakes
Boodskappe: 41 Geregistreer: October 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Strand Jakkals wrote:
>
>
> Het jy al ooit 'n Rolls Royce in die son sien staan ???
>
> Jakkals
Nog nie, maar die ou Boere het daarvan gehou om oor 'n miershoop te
skiet.
Jakes
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 02:04:56 UTC 2025
|