Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: History
Re: History [boodskap #23986] Di, 15 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
>> "Tobias Dierks"
>
>> But, they seem to be very
>> eurocentric and, of course, "politically correct"
>
> Eurocentric AND politically corrrect? Is this possible?
>

Hmmmm..... I was wondering about that myself.

But then, in some quarters it seems that Afrocentric can be politically
correct. (As, in some quarters, it seems to be assumed - often
explicitly - that only whites can be racist.)

If so, it would tell us something about the concept "politically
correct", I suppose.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: History [boodskap #24001 is 'n antwoord op boodskap #23986] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Tobias skryf :
> Maybe, even you, dude.

Wat 'n arrogansie ! Hierdie man vra vir hulp en hy kan nie eers beleef wees
nie ! Dit sê baie oor SY kultuur !
Groete.
Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: History [boodskap #24002 is 'n antwoord op boodskap #23986] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:

>>> Maybe, even you, dude.

> Ek moet sê,
> ek dink daar is beslis 'n kommunikasieprobleem wat te doen het met
> Tobias se vlak van bemeestering van Engels.

> Ek, byvoorbeeld, is nog meer verward oor wat met PC bedoel word :-)

Ek stem heeltemaal saam. Baie Duitsers - en daar sluit ek myself ook in -
is beïnvloed deur 'n Engels wat soms 'n volkome valse beeld van korrekte
Engelse taalgebruik teken. Daar is bv. Duitse woorde wat 'n Engelse
oorspronk het, maar wat geen engelssprekende sou kan verstaan nie.
"Oldtimer" is die Duitse woord vir 'n "vintage car", en selfone word
"Handy" genoem, net om twee voorbeelde te gee. Dus is dit moontlik dat
kommunikasieprobleme ontstaan, alhoewel die spreker eintlik redelik goed
Engels praat en skryf. Die betekenis van "PC" word dikwels nie korrek
uitgelê nie, en ek is seker dat my landgenoot ook nie heel verstaan het
wat Leswin eintlik bedoel het met sy antwoord. Onthou net die "PC"-debat
wat Johan 'n ruk gelede met 'n ander Duitser gevoer het... dieselfde
probleem.

Terloops, my Afrikaans is hoofsaklik deur hierdie nuusgroep beïnvloed.
Hmmm, ek wonder of dit nou 'n goeie teken is of nie... ;-)

Groete

Thorsten
Re: History [boodskap #24003 is 'n antwoord op boodskap #23986] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Gervaas Hellin" wrote:
> Tobias skryf :
>> Maybe, even you, dude.
>
> Wat 'n arrogansie ! Hierdie man vra vir hulp en hy kan nie eers beleef wees
> nie ! Dit sê baie oor SY kultuur !
> Groete.
> Hilda.

Hmmmm..... Ek dink mens moet dit maar aan julle Europeërs oorlaat om
mekaar uit te sorteer oor wat goeie maniere is en wat nie. Ek moet sê,
ek dink daar is beslis 'n kommunikasieprobleem wat te doen het met
Tobias se vlak van bemeestering van Engels. Daar kom idiomatiese
dissonansies in wat dit moeilik maak om te verstaan wat hy presies
bedoel.

Ek, byvoorbeeld, is nog meer verward oor wat met PC bedoel word :-)

Interessante oefening in interkulturele kommunikasie. Tot dusver dop
beide Tobias en Leswin die toets!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: History [boodskap #24028 is 'n antwoord op boodskap #23986] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

I promise to reciprocate.
>
> leswin

Ten messages later - and still he hasn't got any help! I don't thnik
really that you'll find any literature that is unbiased. I am a
History major myself and though that was a few years ago, I don't think
the info has really changed that much. I've got some books here that
can possibly be of assistance, but they're all in Afrikaans anyway.
Get in touch with me if you're interested.

And that word "dude" is slightly irritating - almost as irritating as
some people find my references to living in a "paradise"!

Bye
Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: History [boodskap #24029 is 'n antwoord op boodskap #23986] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobias Dierks  is tans af-lyn  Tobias Dierks
Boodskappe: 4
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Well, actually, it is not the best English I have ever written but I do not
think it is too bad to understand what I mean. I agree, though, that some
formulations differ from the ones you use. I am really surprised to hear
this. But, well, if you say it there most be some truth. I'll do better when
I answer "ProPacem".

> Hmmmm..... Ek dink mens moet dit maar aan julle Europeërs oorlaat om
> mekaar uit te sorteer oor wat goeie maniere is en wat nie. Ek moet sê,
> ek dink daar is beslis 'n kommunikasieprobleem wat te doen het met
> Tobias se vlak van bemeestering van Engels.
Re: History [boodskap #24030 is 'n antwoord op boodskap #23986] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin wrote:

> Tobias skryf :
>> Maybe, even you, dude.
>
> Wat 'n arrogansie ! Hierdie man vra vir hulp en hy kan nie eers beleef wees
> nie ! Dit sê baie oor SY kultuur !
> Groete.
> Hilda.
>

Ik vind hem eerder grappig! En ik denk niet dat beleefd of onbeleefd iets
overiemands cultuur zegt, maar eerder over zijn eigen gedrag. Iemand kan uit
een
zeer hoflijke cultuur komen, bv een Vlaming, maar zich nochtans onbeschoft
gedragen.

Just my 2 cents.

Robbert

> --
> E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
> Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
> http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: History [boodskap #24088 is 'n antwoord op boodskap #23986] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>

>So veel vir jou kulturele verdraagsaamheid.

Lou, verduidelik bietjie hoedat die gebruik van dude ('n amerikanisme soos ook
okay en yo) in hierdie konteks kulturele onverdraagsaamheid aan my kant
openbaar.
Re: History [boodskap #24121 is 'n antwoord op boodskap #23986] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>>
>
>> So veel vir jou kulturele verdraagsaamheid.
>
> Lou, verduidelik bietjie hoedat die gebruik van dude ('n amerikanisme soos ook
> okay en yo) in hierdie konteks kulturele onverdraagsaamheid aan my kant
> openbaar.

Die laaitie is Duits as ek reg onthou? En hy kyk amerikaanse flieks en
lees amerikaanse tydskrifte en luister amerikaanse musiek. En almal
daarin 'Yo Bro' en 'Hi dude' mekaar links en regs. So waarop grond hy
sy indrukke? Wat jou en 'n heel paar ander hier op die nuusgroep
onmiddelik die harnas ingejaag het was dalk maar net as 'n vriendelike
aanspreek vorm beskou. Gee die man die voordeel van die twyfel, dit is
dalk maar net sy indruk van jou kultuur :).

Ek verstaan terloops nog steeds nie waarom julle so oorreageer het nie?
Re: History [boodskap #24122 is 'n antwoord op boodskap #23986] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>

> Die laaitie is Duits as ek reg onthou? En hy kyk amerikaanse flieks en
> lees amerikaanse tydskrifte en luister amerikaanse musiek. En almal
> daarin 'Yo Bro' en 'Hi dude' mekaar links en regs. So waarop grond hy
> sy indrukke? Wat jou en 'n heel paar ander hier op die nuusgroep
> onmiddelik die harnas ingejaag het was dalk maar net as 'n vriendelike
> aanspreek vorm beskou. Gee die man die voordeel van die twyfel, dit is
> dalk maar net sy indruk van jou kultuur :).
>
> Ek verstaan terloops nog steeds nie waarom julle so oorreageer het nie?
>

Ek is huiwerig om hierdie spesifieke "dude-insident" in pynlike, mikroskopiese
detail hier te bespreek. Miskien is die breër soeke na veralgemeenbare temas
(soos wanneer is mens kultureel onverdraagsaam) meer verrykend. Tensy iemand
daarteen kapsie maak (en as jy wil, Lou, is ek heel bereid om per private e-pos
meer spesifiek te debatteer), wil ek dus die volgende in daardie breër gees
aanbied.

Eerstens, ek dink daar is weinig verkeerd met die artikulering van jou
behoeftes en voorkeure op 'n respekvolle en sensitiewe manier. Beteken dit,
bv., indien ek nie veel erg het aan sushi nie, en gevolglik nie 'n Japannese
restaurant besoek nie, dat ek kultureel onverdraagsaam is? Ek glo nie. Aan
die ander kant, wanneer my Japanese vriende my uitnooi vir ete, en sushi
bedien, berus ek my op 'n respekvolle respons. Ons vriendskap mag belangriker
weeg sodat ek of aan 'n klein stukkie peusel óf 'n rede aanbied (ek is
allergies vir vis) wat my gedrag in konteks plaas - vergelyk 'n botweg weiering
om hul kos te eet.

Met Tobias se eerste dude-verwysing, het ek dit laat verbygaan. Ek het wel -
heel snedig en sarkasties, gee ek toe - dude op so 'n manier gebruik om my
renons daarin te illustreer. Ek sou klaarblyklik hiervoor verskoning maak
indien Tobias my daarop attent gemaak het. Hy het egter op dieselfde trant
gereageer - so op tipies kinderagtige manier het ons beide dan vir mekaar tong
uitgesteek en die vinger gegee. Eers toe het ek gevra om op my naam
aangespreek te word.

Ek dink ook jy sit die pot effe mis, Lou, waar dit jou tipering van my as "die
harnas in", of as synde "oorreageer". Ek voel glad nie kwaad nie, en dink ek
het bloot reageer, nie oorreageer nie. Dude was 'n baie klein, amper
onbeduidende, deel van die reaksie wat gefokus het op politieke korrektheid.
Waar dit dude aangaan, is ek is dus verbaas en verstaan nie waarom jy so
oorreageer het nie?
Re: History [boodskap #24182 is 'n antwoord op boodskap #23986] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>>
>
>> Die laaitie is Duits as ek reg onthou? En hy kyk amerikaanse flieks en
>> lees amerikaanse tydskrifte en luister amerikaanse musiek. En almal
>> daarin 'Yo Bro' en 'Hi dude' mekaar links en regs. So waarop grond hy
>> sy indrukke? Wat jou en 'n heel paar ander hier op die nuusgroep
>> onmiddelik die harnas ingejaag het was dalk maar net as 'n vriendelike
>> aanspreek vorm beskou. Gee die man die voordeel van die twyfel, dit is
>> dalk maar net sy indruk van jou kultuur :).
>>
>> Ek verstaan terloops nog steeds nie waarom julle so oorreageer het nie?
>>
>
> Ek is huiwerig om hierdie spesifieke "dude-insident" in pynlike, mikroskopiese
> detail hier te bespreek. Miskien is die breër soeke na veralgemeenbare temas
> (soos wanneer is mens kultureel onverdraagsaam) meer verrykend. Tensy iemand
> daarteen kapsie maak (en as jy wil, Lou, is ek heel bereid om per private e-pos
> meer spesifiek te debatteer), wil ek dus die volgende in daardie breër gees
> aanbied.

Nee dankie vir die aanbod maar wat ek eintlik teen die hele thread het
is dat hy vir info gevra het en toe - soos standaard vir die nuusgroep -
het almal van 'n duiselingwekkende hoogte op mekaar en hom begin dinges
soos om sy taalgebruik te kritiseer, alternatiewe threads te begin (soos
die een :) ) maar niemand het hom rerig gehelp nie?! Lekker verwelkoming
wat ons hom gegee het. So dit het hom seker baie oor ons kulturele en
algemene verdraagsaamheid gesê.

Oor kulturele verdraagsaamheid - ons het 'n ver pad om te gaan. Soos
mense wat langs die pad water afslaan (PC!!), in die openbaar borsvoed,
eerste by 'n deur instap, aanspreek vorme ens. Ons is meer bekommerd oor
hoe om Japanese en ander toeriste te behandel as oor ons landgenote.
Verder - ons plaas te veel klem op hoe iemand op tree en hoe hy iets sê
as wat hy eintlik sê.

>
> Eerstens, ek dink daar is weinig verkeerd met die artikulering van jou
> behoeftes en voorkeure op 'n respekvolle en sensitiewe manier.

Vie een is 'n respekvolle manier vir 'n ander sommer plein ongeskik.

Maar die thread help nie juis die Duitse laaitie nie :)
Re: History [boodskap #24183 is 'n antwoord op boodskap #23986] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>

> wat ek eintlik teen die hele thread het
> is dat hy vir info gevra het en toe - soos standaard vir die nuusgroep -
> het almal van 'n duiselingwekkende hoogte op mekaar en hom begin dinges
> soos om sy taalgebruik te kritiseer, alternatiewe threads te begin (soos
> die een :) ) maar niemand het hom rerig gehelp nie?! Lekker verwelkoming
> wat ons hom gegee het

> Maar die thread help nie juis die Duitse laaitie nie :)
>

Ek het per private e-pos wel 'n verwysing aan hom gestuur en hy het ook per
private e-pos met my gekommunikeer. Ek het ook by daardie geleentheid vir hom
gevra om meer spesifieke inligting (per private e-pos), wat my in staat sou
stel om selfs addisionele verwysing te gee. Dit is dus nie korrek om te sê
niemand het hom probeer help nie - ek het wel.

leswin
Re: History [boodskap #24184 is 'n antwoord op boodskap #23986] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
>>

>> wat ek eintlik teen die hele thread het
>> is dat hy vir info gevra het en toe - soos standaard vir die nuusgroep -
>> het almal van 'n duiselingwekkende hoogte op mekaar en hom begin dinges
>> soos om sy taalgebruik te kritiseer, alternatiewe threads te begin (soos
>> die een :) ) maar niemand het hom rerig gehelp nie?! Lekker verwelkoming
>> wat ons hom gegee het
>
>> Maar die thread help nie juis die Duitse laaitie nie :)

Ek het my bewustelik uit hierdie thread
gehou, maar wil nou net 'n klein stuiwer-
tjie in die armbeurs gooi. Jy, Lou, veral,
is naief as jy dink dat die Duitse laaitie
net "informasie" wou gehad het. Sover ek
kan onthou het hy op 'n baie gesofistikeerde
manier 'n hele paar valdeure in sy skrywery
ingebou: hy wou, onder andere, gesprekke
uitlok oor euro-sentrisme, veral waar dit
afrika-sake raak. Hy wou mense uitlok om
"ander" "interpretasies" van die geskiedenis
van Suider-Afrika te gee. Hy het te vinnig
van die toneel verdwyn, voordat ek sy
"agenda" kon uitvind. Maar 'n agenda het
hy wel gehad.

Gloudina
Re: History [boodskap #24216 is 'n antwoord op boodskap #23986] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

> Hy wou mense uitlok om
> "ander" "interpretasies" van die geskiedenis
> van Suider-Afrika te gee. Hy het te vinnig
> van die toneel verdwyn, voordat ek sy
> "agenda" kon uitvind. Maar 'n agenda het
> hy wel gehad.
>
> Gloudina
>
>
>

Oep ek het vergeet ons eie 'n kuber Sherlock wat haar naam meeste van
die tyd Watson maak is ook op die lys. Somtyds is jy dalk net so klein
bietjie te wantrouig? Mens sou sweer jy bly nog steeds in SA. :)

Cheers
Lou

Just because you're paranoid doesn't mean they're NOT trying to get you.
Re: History [boodskap #24269 is 'n antwoord op boodskap #23986] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>>
>
>> wat ek eintlik teen die hele thread het
>> is dat hy vir info gevra het en toe - soos standaard vir die nuusgroep -
>> het almal van 'n duiselingwekkende hoogte op mekaar en hom begin dinges
>> soos om sy taalgebruik te kritiseer, alternatiewe threads te begin (soos
>> die een :) ) maar niemand het hom rerig gehelp nie?! Lekker verwelkoming
>> wat ons hom gegee het
>
>> Maar die thread help nie juis die Duitse laaitie nie :)
>>
>
> Ek het per private e-pos wel 'n verwysing aan hom gestuur en hy het ook per
> private e-pos met my gekommunikeer. Ek het ook by daardie geleentheid vir hom
> gevra om meer spesifieke inligting (per private e-pos), wat my in staat sou
> stel om selfs addisionele verwysing te gee. Dit is dus nie korrek om te sê
> niemand het hom probeer help nie - ek het wel.
>
Ok :)

Dus jy stem nie saam met anti Gloudia dat die kereltjie slegs probeer
vure aansteek nie?
Re: History [boodskap #24325 is 'n antwoord op boodskap #23986] Di, 29 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>

> Dus jy stem nie saam met anti Gloudia dat die kereltjie slegs probeer
> vure aansteek nie?
>

Ek stem saam met Gloudina dat daar in alle waarskynlikheid 'n agenda was. Ek
het derhalwe sekere duidelike vrae gevra (per private e-pos), beide om hom
beter te help maar ook om ten einde daardie agenda te probeer verhelder. Hy
het nooit op die vrae gereageer nie.
Vorige onderwerp: Re: Afgedankte Onderwyser
Volgende onderwerp: "hou van het leven" van André van Duin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:36:34 MGT 2024