Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Krimpvarkies
Krimpvarkies [boodskap #24] So, 20 Mei 2018 09:05
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
KITSKRIMPVARKIES

375 ml kookwater (1 ½ k)
150 g suiker (3/4 k)
20 ml kakao (4 t)
1 pak (125 g) suikerbrood-vingers (bouoir-beskuitjies)
100 g klapper (1 ¼)

Kook die kookwater, suiker en kakao ongeveer 25 minute lank onbedek tot `n dikkerige sjokoladestroop, maar pas op vir oorkook. Laat dit effens afkoel. Halveer die suikerbroodvingers. Doop die stukkies een-een in die stroop en rol dit dadelik in die klapper totdat dit rondom daarmee bedek is.

Lewer 40 krimpvarkies.
Vorige onderwerp: Kerrie rys slaai
Volgende onderwerp: Hoenderlewertjiesmeer met sampioene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:13:21 MGT 2024