Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Baie dankie!
Baie dankie! [boodskap #23958] Ma, 14 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Aan almal wat wenke gegee het oor wat om in Wenen te doen: baie dankie! Ek
het toe 'n pragtige gidsboek gaan koop by Barnes & Noble - wat 'n
oorweldigende verskeidenheid was daar nie om van te kies nie! Met 'n amrvol
boeke en 'n koppie Starbucks "tall latte" by 'n tafel gaan sit en heerlik
deur die boeke gekuier vir minstens 'n uur. Uiteindelik besluit op die
"Eyewitness Travel Guide"-uitgawe. Dis 'n pragboek (ook as klein
koffietafelboekie), wat 'n hele plesier is om net deur te blaai. Kos my toe
net $22.95.

As deel van die kongres kry ons 'n musiek- en balletuitvoering. "The
Bohuslav Martinu Philarmonie Zlin, a philharmonic orchestra composed by 65
musicians from the Czech Republic, will give a concert with pieces by
Mozart, Strauss and other well-known composers. Some of the pieces will be
accompanied by ballet dancers from Vienna." Ook 'n Weense aand en ete in die
Ferstelpaleis.

Verder gaan ek al die wenke wat ek ontvang het opvolg soos die tyd en
geleentheid hulle voordoen.

In Salzburg was ek al 'n keer (heeeeeeerlike Mozartkugeln geëet!) en
daarvandan na Berchtesgaden gegaan. Ook die marionette gesien in 'n
opvoering van die Zauberfloete van Mozart - met Elizabeth Schwarzkopf -
altans, 'n opname van haar.

Nog nooit in Wenen nie, en ek sien baie daarna uit.

Nogmaals dankie.

Henry / Kwarantyn
Re: Baie dankie! [boodskap #23984 is 'n antwoord op boodskap #23958] Di, 15 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jun 1999 21:20:40 -0400, "Kwarantyn" wrote:

|Verder gaan ek al die wenke wat ek ontvang het opvolg soos die tyd en
|geleentheid hulle voordoen.
|
Henry,

Jy moet asb kom vertel as jy terugkom - dit klink of jy 'n fees gaan
hê - ek is jaloers!
Re: Baie dankie! [boodskap #23985 is 'n antwoord op boodskap #23958] Di, 15 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
>
> Jy moet asb kom vertel as jy terugkom - dit klink of jy 'n fees gaan
> hê - ek is jaloers!
>

Ekke okke!!!

Jan van Perth.
Vorige onderwerp: Belaglike wet en orde
Volgende onderwerp: President van Daewoo doodgeskiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 22:40:52 MGT 2024