Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Melbourne is ook 'n Paradys
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #23963] Ma, 14 Junie 1999 00:00
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"nomad" wrote:

Stem heeltemal saam, ou Seun, dit was ons eerste stop (soos voorheen
genoem) vir nege maande na ons vertrek uit SA. En heel moontlik keer
ons binnekort permanent terug daarheen. Die Queen Vic is regtig uniek,
nie waar nie? Wonderlike plek, en net die beste en sentimentele
herinneringe. Meeste van ons vriende woon daar.

Groete uit die ander Paradys
Royleen

> 'n Europa waar almal Engels praat - en dan boonop nog koud ook.
>
> Trêms, rivier, see, bome, parke, ou katedrale en (baie) skoon,
> 'multicultural' (afrikaans ook). Markte en kafees/restaurante soos
> sterre aan die hemel - en nogtans goedkoop. MCG, Flinders Park en
> Albert Park - tuiste van krieket, Aussie Open en Grand Prix
> onderskeidelik. Teaters en IMAX. Omring deur wingerd en wynland, en
> ski net 'n paar uur ver.
>
> Lekker gekuier.
>
>

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Vorige onderwerp: Re: Eksamentyd (van die Nomad-variasie)
Volgende onderwerp: Belaglike wet en orde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 05:29:56 MGT 2024