Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Outspan" deur JOHAN MYBURG
"Outspan" deur JOHAN MYBURG [boodskap #23907] Sa, 12 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
OUTSPAN
Johan Myburg

Gister 'n brief
gehad van Bill.
Die somer was nat,
skryf hy, en guur.
London ruik plek-plek
nog net so suur
soos voorheen. "Niks
was soos jy jou sou
verbeel nie."
Breedvoerig brei hy
uit oor Maastricht
en die ekonomie.
Vanoggend luister
ek na die mars
uit Die liefde vir
drie lemoene, ruik
terstond die vars
sitrusreën in
die National Opera
en die London
van ons lemoenseisoen.
Vorige onderwerp: "Son op jou tong" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Fiesta de la Muerta" deur JOHAN MYBURG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 14:49:25 MGT 2024