Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Om Ê, ê, ô, ë, Ë, ens. te gebruik
Om Ê, ê, ô, ë, Ë, ens. te gebruik [boodskap #23829] Wo, 09 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Ernest  is tans af-lyn  Ernest
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Die gerieflikste manier om kappies en deeltekens te gebruik, is om die
sleutelbord eenmalig te stel (dit is nou vir rekenaars met Windows 95 of
98).

Gaan as volg te werk:

Gaan na die "Control Panel"

Dan na "Keyboard"

Gebruik "Add" om Afrikaans as taal by te voeg.

Klik dan op "Properties" en stel die "Layout" na United
States-International" (Laasgenoemde is die eintlike geheim!).

Die oorspronklike CD van Windows sal dan gevra word en die nodige drywers
sal gelaai word.

Na hierdie wysiging is dit net nodig om eers die kappie of deelteken
(eintlik die aanhalingsteken) te druk en daarna die klinker (a,e,i,o of u)
om die korrekte letter met deelteken of kappie te kry. Indien
aanhalingsteken gebruik wil word moet u net 'n spasie tik na die
aanhalingsteken en dan sal die letter nie 'n deelteken op hê nie, maar 'n
aanhalingsteken sal voor die letter verskyn.

Hoop dit help almal wat, soos ek, sukkel om die alt-kodes te onthou!

Groete

Ernest
Re: Om Ê, ê, ô, ë, Ë, ens. te gebruik [boodskap #23881 is 'n antwoord op boodskap #23829] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dit werk net in die Windows-wêreld, en wel net in sekere Windows applikasies
(Word byv.) In die gewone Windows applikasies werk sommige van die "dooie"
sleutels nie. Ek het 'n ander oplossing gekry. Koop vir jou 'n
Skandinawiese sleutelbord en installeer hom in Windows. Hulle diakritiese
karakters werk ALTYD. Natuurlik gaan jy op ander maniere sukkel, want al
die ander simbole (soos @, /, \, ?, ens. sit op verkeerde plekke, maar
wat's 'n paar verkeerde karakters tussen vriende?

Dries

Ernest wrote in message ...
> Die gerieflikste manier om kappies en deeltekens te gebruik, is om die
> sleutelbord eenmalig te stel (dit is nou vir rekenaars met Windows 95 of
> 98).
>
> Gaan as volg te werk:
>
> Gaan na die "Control Panel"
>
> Dan na "Keyboard"
>
> Gebruik "Add" om Afrikaans as taal by te voeg.
>
> Klik dan op "Properties" en stel die "Layout" na United
> States-International" (Laasgenoemde is die eintlike geheim!).
>
> Die oorspronklike CD van Windows sal dan gevra word en die nodige drywers
> sal gelaai word.
>
> Na hierdie wysiging is dit net nodig om eers die kappie of deelteken
> (eintlik die aanhalingsteken) te druk en daarna die klinker (a,e,i,o of u)
> om die korrekte letter met deelteken of kappie te kry. Indien
> aanhalingsteken gebruik wil word moet u net 'n spasie tik na die
> aanhalingsteken en dan sal die letter nie 'n deelteken op hê nie, maar 'n
> aanhalingsteken sal voor die letter verskyn.
>
> Hoop dit help almal wat, soos ek, sukkel om die alt-kodes te onthou!
>
> Groete
>
> Ernest
Re: Om Ê, ê, ô, ë, Ë, ens. te gebruik [boodskap #23903 is 'n antwoord op boodskap #23829] Sa, 12 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Die enkel aanhalingsteken kan ook gebruik word om klem te lê op iets.

Byvoorbeeld: Dáár loop die man wat ek soek.

Groete

Ernest wrote in message ...
> Na hierdie wysiging is dit net nodig om eers die kappie of deelteken
> (eintlik die aanhalingsteken) te druk en daarna die klinker (a,e,i,o of u)
> om die korrekte letter met deelteken of kappie te kry. Indien
> aanhalingsteken gebruik wil word moet u net 'n spasie tik na die
> aanhalingsteken en dan sal die letter nie 'n deelteken op hê nie, maar 'n
> aanhalingsteken sal voor die letter verskyn.
Vorige onderwerp: Nuwe Virus - Pasop!
Volgende onderwerp: Internet Stemmery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 17:33:44 MGT 2024