Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verkiesing Ervaring in SA
Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23657] Sa, 05 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek haal aan uit e-mail uit SA: (met die uitsluitlike doel om nog 'n
prentjie te gee van hoe iemand die stemmery ervaar het, weereens in
teenstelling met die van Ferdi)

"Nouja soos julle weet het ek voor die tyd gaan stem. Man en is ek bly
want die toue was lank en oral het die mense ure tougestaan."

"In kiesafdelings waar swartes meesal stem, is net dieselfde personeel
as by klein afdelings voorsiening gemaak. En dan is daar 5,000 mense
wat moet stem en die toue groei steeds . Sommige swartes het vroeg
gaan staan en dan teen 8 uur huis toe gegaan en weer teruggekom. Een
bediende het vroeg gaan tou staan en toe sy so 8 mense voor haar gehad
het het sy haar selfoon uitgehaal en haar madame gebel om te se sy kan
nou kom. Hoes daai vir jou!"

"Sommige het vir 8 ure en ander dwarsdeur die nag tougestaan. Een wit
vrou het lank tougestaan en toe hulle haar linker duim met `n soort
swart ink wou merk (dit bly 8 - 10 dae swart en niks haal dit uit nie)
weier sy en argumenteer en stap toe uit op die ou end baie kwaad
sonder on te stem."

"Daar was seker baie ander insidente en ons sal seker nog daarvan
hoor. Die Telkom advertensie mense was gou met `n advertensie wat die
kronkelende lang tou wys en `n regte ou aija wat staan en brei met
rooi wol. Naderhand het sy vir die persoon agter haar `n trui klaar
gebrei en vir die ou voor haar en sy was besig met die derde trui toe
sy naby die stemtent kom. Kostelik!"

"Die stemmery was baie kalm en vreedsaam. Robeneiland se uitslae
was eerste uit al voor die stembusse gesluit het."

NB: moet my asb nie aanval oor die inhoud van die ouens se e-mail nie
- dis ander ouens se opinies en dis hoe hulle ons van die stemmery
laat weet het.

Vir die liggeraaktes onder julle: dis nie my enigste "input" oor die
stemming!

=|:^)

Johan
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23693 is 'n antwoord op boodskap #23657] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 05 Jun 1999 22:31:01 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23694 is 'n antwoord op boodskap #23657] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> Ek haal aan uit e-mail uit SA: (met die uitsluitlike doel om nog 'n
> prentjie te gee van hoe iemand die stemmery ervaar het, weereens in
> teenstelling met die van Ferdi)
>
> "Nouja soos julle weet het ek voor die tyd gaan stem. Man en is ek bly
> want die toue was lank en oral het die mense ure tougestaan."
>
> "In kiesafdelings waar swartes meesal stem, is net dieselfde personeel
> as by klein afdelings voorsiening gemaak. En dan is daar 5,000 mense
> wat moet stem en die toue groei steeds .

Volgens wat ek gehoor het, is die kiesafdelings so ingedeel dat daar kleiner
hoeveelhede mense, ek dink onder 5000 by 'n punt sou wees. Die
kiesafdelings wat dus groter getalle gehad het is dus mense wat nie by hul
'geregistreerde kiesafdeling' gaan stem het nie. Nee wat as jy wil sukkel
moet jy maar sukkel.

> "Sommige het vir 8 ure en ander dwarsdeur die nag tougestaan.

Hulle het wel die stem-ure later verleng toe hulle merk almal gaan nie kans
kry om te stem nie. By een stempunt was dit 'n geval gewees van mense wat
enkele minute voor 9 daar opgedaag het. Hulle kon toe wel stem.

> NB: moet my asb nie aanval oor die inhoud van die ouens se e-mail nie
> - dis ander ouens se opinies en dis hoe hulle ons van die stemmery
> laat weet het.

Ek sê maar net! :-)
>
> Vir die liggeraaktes onder julle: dis nie my enigste "input" oor die
> stemming!
>
> =|:^)
>
> Johan
>
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23738 is 'n antwoord op boodskap #23657] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neef  is tans af-lyn  Neef
Boodskappe: 20
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message ...
> On Sun, 06 Jun 1999 19:55:52 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
> Greyling) wrote:
> |
> |Vreedsaam. Omtrent almal kon gaan stem. Hoe" stempersentasie. Die
> |eerste kieslys is in plek. Alles in een dag afgehandel.
>
> Ferdi, wat was die stempersentasie - ek kry nerens verwysing daarna
> nie! Ek vergeet ook wat dit in 1994 was.
>

Die stempersentasie was volgens nuusberigte in sommige plekke so hoog
soos 300%. Dit is net jammer dat hierdie fenominale groeikoers nie
in ons Suid-Afrikaanse ekonomie kan plaasvind nie!

Ek weet egter nie wat die totale stempersentasie is nie,
heelwaarskynlik nader aan 103% as 300%

Groete
Neef
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23739 is 'n antwoord op boodskap #23657] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Shannon wrote in message

> Volgens wat ek gehoor het, is die kiesafdelings so ingedeel dat daar kleiner
> hoeveelhede mense, ek dink onder 5000 by 'n punt sou wees. Die
> kiesafdelings wat dus groter getalle gehad het is dus mense wat nie by hul
> 'geregistreerde kiesafdeling' gaan stem het nie. Nee wat as jy wil sukkel
> moet jy maar sukkel.

Jy het verkeerd gehoor.

Stempunte is ingedeel sodat die _gemiddelde_ getal kiesers ongeveer 3000 is.

By sommige is slegs een kieser ingedeel.

By ander (soos Joubertpark) 15 000
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23740 is 'n antwoord op boodskap #23657] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...

> Die hoof-"trend" was uit die uitslag na vore kom is dat radikale
> partrye langs die pad afgeval het.
> Loshande die meeste stemme is uitgebring vir partye wat almal
> waarskynlik as "social democrat" beskryf kan word.
>
> Die regses is van die pad af en waarskynlik saam daarmee die wit
> tuisland idee. Die radikale swart partye soos die PAC is ook van die
> pad af. En daarme saam waarskynlik die idee van n swart
> vergeldingstaat.

Hmmm.... Ek het ook Vrydag nog so gedink. Maar met die inligting wat teen
Sondag se uitsending van "Kommentaar" beskikbaar was, toe Harald Pakendorf
ook hierdie mening gelug het, moet mens aflei dat ons hier weereens te doen
het met een van sy oppervlakkige analises.

Die feit is dat daar nou tien partye in die parlement verteenwoordig is,
vergeleke by ses tevore.

Tevore het die "ekstremiste" (insluitende Christenfundamentaliste) saam
omtrent dertien of veertien setels gehad. Nou het hulle iewers tussen
vyftien en agtien - 'n goeie persentasiegroei. Die "wit tuislandidee" is nou
versprei tussen ten minste twee partye, en daar het ten minste een "swart
tuisland"-party bygekom. Dit lyk nie juis vir my asof vreeslike baie
"radikales" "langs die pad afgeval" het nie.

Daarby moet jy die volgende inreken:

a) Die DP het self sterk na "regs" beweeg om te oes onder die
"radikales" - soos jy self elders aantoon. Gesien Leon se klem op sy belofte
dat hy "minderheidsbelange" en "afrikanerbelange" sal bevorder, (en die feit
dat, byvoorbeeld, die hele Danville soos een man vir hom gestem het) kan
mens selfs argumenteer dat "die wit tuislandidee" nou 'n sterk
verteenwoordiging reg binne in die DP het (bid jou aan!). Ek dink daar is
min twyfel dat die DP hom nou regs van die NP bevind. (Soos ek tevore genoem
het, sou die DP beleid hom aan die regserige kant van die Republikeinse
party plaas as hy in die VSA was - met die uitsondering van sy beleid oor
minderhede.)

b) Ek dink dis 'n fout om die IVP as "middel" te reken. Allermins sou ek
hulle as "social democrat" beskryf. In hierdie verkiesing het hulle omtrent
al hul "wit" en ander steun afgeskud, wat hulle sonder twyfel bevestig as 'n
Zulu nasionalistiese (neigend na royalistiese) vesting - reken ekke.
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23741 is 'n antwoord op boodskap #23657] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 06 Jun 1999 19:55:52 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:
|
|Vreedsaam. Omtrent almal kon gaan stem. Hoe" stempersentasie. Die
|eerste kieslys is in plek. Alles in een dag afgehandel.

Ferdi, wat was die stempersentasie - ek kry nerens verwysing daarna
nie! Ek vergeet ook wat dit in 1994 was.
|
|Ales in ag geneem, n groot sukses. Beter as die eerste een.
|
Dis goed dat dit ook vreedsaam was. Het daardie regter van verlede
keer se afwesigheid meer sukses verseker?

=|:^)

Johan
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23742 is 'n antwoord op boodskap #23657] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 7 Jun 1999 10:38:06 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

vergeleke by ses tevore.>>[/color]

Versplintering van die rante?

Meer as 70% van die stemme (rofweg geskat) was NIE vir militante
partye nie.
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23775 is 'n antwoord op boodskap #23657] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Shannon wrote:
>
> Johan wrote in message ...
>> Ek haal aan uit e-mail uit SA: (met die uitsluitlike doel om nog 'n
>> prentjie te gee van hoe iemand die stemmery ervaar het, weereens in
>> teenstelling met die van Ferdi)
>>
>> "Nouja soos julle weet het ek voor die tyd gaan stem. Man en is ek bly
>> want die toue was lank en oral het die mense ure tougestaan."
>>
>> "In kiesafdelings waar swartes meesal stem, is net dieselfde personeel
>> as by klein afdelings voorsiening gemaak. En dan is daar 5,000 mense
>> wat moet stem en die toue groei steeds .
>
> Volgens wat ek gehoor het, is die kiesafdelings so ingedeel dat daar kleiner
> hoeveelhede mense, ek dink onder 5000 by 'n punt sou wees. Die
> kiesafdelings wat dus groter getalle gehad het is dus mense wat nie by hul
> 'geregistreerde kiesafdeling' gaan stem het nie. Nee wat as jy wil sukkel
> moet jy maar sukkel.
>

Nou wonder ek maar net: Jy het aansoek gedoen om te stem en die klein
plakkertjie met die bar-kode in jou boek gekry. Intussen het die IEC
besluit om jou nie op die kieserslys te plaas nie om een of ander rede -
jy is dalk nie 'n burger nie of jou nommer is vals of iets. Jy kom dit
agter jy is nie op die kieserslys nie of kom dit nie agter nie. Kom
verkiesings dag gaan jy na 'n stempunt wys jou boekie en plakker en
Voilá - jy kan stem. Soveel vir die Voters Roll!!! Ek self het ure tou
gestaan vir my Bar Coded ID Boek maar die Bar code is nie met
registrasie of die stemmery gelees nie! Soveel vir die Voters Roll!!!

By ons het net 2600 mense gestem maar ek het steeds ure wag gestaan.
Sommige mense is maar net staaadiger as ander - Welkom in Afrika - nie
'n plek vir sissies nie! (Apologie Henri)
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23776 is 'n antwoord op boodskap #23657] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Mon, 7 Jun 1999 10:38:06 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> verteenwoordig is,
>> vergeleke by ses tevore.>>
>
> Versplintering van die rante?

Mens kan dit so sien - as jy oppervlakkig daarna kyk. As jy net kyk na die
VF/EAB/FA - verskynsel. Of na die feit dat ons nou beide die PAC en AZAPO
aan die verlinks het, saam met minder setels as die PAC in die vorige
parlement.

Of jy kan daarop wys dat die _randparty_ uit die vorige parlement, die
vierpersentertjie DP, nou die tweede grootste party is. Dit lyk eerder na 'n
_konsolidasie_ van die "rante" aan die regterkant, met beduidende wegtrek
van die regtervleuel van die NP.

Dan kan jy ook verwys na ou Mangope se party wat nou daar is, en tevore nie
was nie. Sy steun het in die vorige verkiesing aan die ANC gegaan, en sit
nou aan die "rant". Hierdie geval lyk vir my eerder na 'n versplintering van
die _middel_.

Dieselfde geld vir die nuwe vierpersentertjie, die UDM.

(Daarvan gepraat. Ek sien 'n berig in die beeld wat meld dat sommige mense
bekommerd is daaroor dat die UDM, die IVP, en Mangope se UCDP hul steun
verwerf het deur in hul verkiesingsveldtogte daarop te wys dat "dit beter
was onder die vorige [voor die ANC] bedeling - die hospitale het gewerk,
daar was onderwysers in die skole, ens." Nogal ironies.)

Ook die ACDP se groei, dink ek, kom eerder uit die middel as uit sy mede
"randpartye" in die vorige parlement.

Rasjbanzi se Minority Front, vermoed ek, het ook sy steun uit die
_middelparty_, die NP getrek, eerder as van mede-"randpartye".

>
> Meer as 70% van die stemme (rofweg geskat) was NIE vir militante
> partye nie.

Hmmm.... Tevore het jy gepraat van "radikale" partye, maar nou van
"militante". Die twee is nie vir my sinoniem nie, maar dit daar gelaat...

In die vorige parlement was meer as 80% van die stemme vir twee
"middelpartye".

Vir my lyk die storie nie na 'n versplintering _van_ die rante nie, maar na
versplintering _na_ die rante.

En ek waag nou 'n voorspelling - teen die volgende verkiesing, gaan die
meeste van die aksie heel moontlik aan die "rante" wees, eerder as in die
"middel".
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23777 is 'n antwoord op boodskap #23657] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 7 Jun 1999 16:12:37 +0200, "Neef" wrote:

soos 300%. Dit is net jammer dat hierdie fenominale groeikoers nie[/color]
> in ons Suid-Afrikaanse ekonomie kan plaasvind nie!>>

Watter nuusberigte was dit?
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23778 is 'n antwoord op boodskap #23657] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neef  is tans af-lyn  Neef
Boodskappe: 20
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Mon, 7 Jun 1999 16:12:37 +0200, "Neef" wrote:
>
>
> hoog
>> soos 300%. Dit is net jammer dat hierdie fenominale groeikoers nie
>> in ons Suid-Afrikaanse ekonomie kan plaasvind nie!>>
>
> Watter nuusberigte was dit?
>
>

Ek het dit gehoor op 'n nuusberig van SABC (2/3?)
Ek kan ongelukkig nie met sekerheid onthou watter tyd die berig was nie,
maar ek dink dit was om 1800 op Vrydagaand 1999/06/04.
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23779 is 'n antwoord op boodskap #23657] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> Gesien dat dit die eerste verkiesing is wat op n kieserlys gegrond was
> en waarin elkeen by n SPESIFIEKE stembus MOES gaan stem, het dit baie
> goed afgeloop.

Ja MOES maar toe ...

> Die volgende is nou om Mbeki se kabinet te sien.
>
> Daar was reeds voor die verkiesing reeds gerugte van verandering. Die
> interresantste een is waarskynlik Syney Mufamadi uit en Patrick Lekota
> minister van wet en orde (polisie).

Sien Mufamadi as minister van Buitelandse Sake of Verdediging
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23780 is 'n antwoord op boodskap #23657] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> En ek waag nou 'n voorspelling - teen die volgende verkiesing, gaan die
> meeste van die aksie heel moontlik aan die "rante" wees, eerder as in die
> "middel".

Verskoon my onkunde op hierdie laat
stadium, maar het die ANC toe sy
twee-derde meerderheid gekry?

Gloudina
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23816 is 'n antwoord op boodskap #23657] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neef  is tans af-lyn  Neef
Boodskappe: 20
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
>
> Verskoon my onkunde op hierdie laat
> stadium, maar het die ANC toe sy
> twee-derde meerderheid gekry?
>
> Gloudina
>

Nee.
Jy kan maar se dat hulle 66.6666666 (sonder die repetisie) gekry het.
Hulle het die 2/3 meerderheid met een nasionale setel gemis.

Groete
Neef
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23817 is 'n antwoord op boodskap #23657] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 9 Jun 1999 16:28:39 +0200, "Thys de Wet" wrote:

|Laat mens dink nè! (Alt 130). Nogal interessant hoe die politieke pastei
|nou opgedeel is... G'n meer net Natte of Sappe nie!! Dank die vader tog
|daarvoor.
|
Wat sê julle wat is die voor en nadele van a) 'n een party staat soos wat SA nou
is, of b) 'n stelsel met regering en oposisie wat 50-50 gedeel is soos die
Conservatives en Labour is die UK?

=|:^)

Johan
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23818 is 'n antwoord op boodskap #23657] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ja, en dit toe gekry vanaf die een enkele setel van die Minority Front van
Amichand Rasbanji se 'alliansie' met die ANC...

Laat mens dink nè! (Alt 130). Nogal interessant hoe die politieke pastei
nou opgedeel is... G'n meer net Natte of Sappe nie!! Dank die vader tog
daarvoor.

Neef wrote in message ...
> Jy kan maar se dat hulle 66.6666666 (sonder die repetisie) gekry het.
> Hulle het die 2/3 meerderheid met een nasionale setel gemis.
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23819 is 'n antwoord op boodskap #23657] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>
>> En ek waag nou 'n voorspelling - teen die volgende
> verkiesing, gaan die
>> meeste van die aksie heel moontlik aan die "rante"
> wees, eerder as in die
>> "middel".
>
>
> Verskoon my onkunde op hierdie laat
> stadium, maar het die ANC toe sy
> twee-derde meerderheid gekry?

Toemaar, die ANC self het ook gisteraand maar eers gehoor. Nee, hulle het
dit met een setel gemis.

Nie dat dit vreeslik saak maak nie.
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23833 is 'n antwoord op boodskap #23657] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Shannon wrote in message
>
>> Volgens wat ek gehoor het, is die kiesafdelings so ingedeel dat daar
> kleiner
>> hoeveelhede mense, ek dink onder 5000 by 'n punt sou wees. Die
>> kiesafdelings wat dus groter getalle gehad het is dus mense wat nie by hul
>> 'geregistreerde kiesafdeling' gaan stem het nie. Nee wat as jy wil sukkel
>> moet jy maar sukkel.
>
> Jy het verkeerd gehoor.
>
> Stempunte is ingedeel sodat die _gemiddelde_ getal kiesers ongeveer 3000 is.
>
> By sommige is slegs een kieser ingedeel.
>
Met jou opmerking van die een kieser in die agterkop, het ek gister,
geamuseerd, die volgende in die Beeld gelees:
"In die Drakensberg was by een stemlokaal net een kieser geregistreer. Hy
het nie opgedaag om te stem nie en die lede van die Onafhanklike
Verkiesingskommissie het geduldig, maar vergeefs bly wag."

Groete :-))

Shannon

> By ander (soos Joubertpark) 15 000
>
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23834 is 'n antwoord op boodskap #23657] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Jun 1999 11:50:37 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|In die UK, met sy "Conservatives" en "Labour" en al, het jy nie 'n kat se
|kans om ou Liesbet of een van haar moroniese ingeteelde telge voor die hof
|te kry nie.
|
|
Jy meen nou net soos ou Winnne, né!

=|:^)

Johan
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23835 is 'n antwoord op boodskap #23657] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Wed, 9 Jun 1999 16:28:39 +0200, "Thys de Wet" wrote:
>
> |Laat mens dink nè! (Alt 130). Nogal interessant hoe die politieke pastei
> |nou opgedeel is... G'n meer net Natte of Sappe nie!! Dank die vader tog
> |daarvoor.
> |
> Wat sê julle wat is die voor en nadele van a) 'n een party staat soos wat SA nou
> is, of b) 'n stelsel met regering en oposisie wat 50-50 gedeel is soos die
> Conservatives en Labour is die UK?

As SA nou 'n eenpartystaat is, is dit reeds die afgelope 50 jaar effektief
'n eenpartystaat.

Maar daar is wel een verskil.

Deesdae het die reg die oppergesag, en nie die regerende party nie, soos wat
dit tevore was.

Die grondwetlike hof het dit so pas bevestig deur die ANC en sy ministers en
amptenare behoorlik die kop te was omdat hulle regter De Villiers verguis
het toe hy in die SARFU-saak vir Mandela effektief tot leuenaar verklaar
het.

In die UK, met sy "Conservatives" en "Labour" en al, het jy nie 'n kat se
kans om ou Liesbet of een van haar moroniese ingeteelde telge voor die hof
te kry nie.
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23836 is 'n antwoord op boodskap #23657] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 08 Jun 1999 10:24:15 +0200, lou wrote:

besluit om jou nie op die kieserslys te plaas nie om een of ander rede -[/color]
> jy is dalk nie 'n burger nie of jou nommer is vals of iets. Jy kom dit
> agter jy is nie op die kieserslys nie of kom dit nie agter nie. Kom
> verkiesings dag gaan jy na 'n stempunt wys jou boekie en plakker en
> Voilá - jy kan stem. Soveel vir die Voters Roll!!!>>

Wel ek wonder nou maat net: Het hulle dan nie jou naam doodgetrek met
n outydse pen op die kieslys nie?
En as jy nie op daardie lys is nie, dan kan jy mos nie stem nie?

Sommige mense is maar net staaadiger as ander - Welkom in Afrika - nie[/color]
> 'n plek vir sissies nie! (Apologie Henri)>>

Ja die Afrikaners het maar altyd daai probleem gehad.
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23870 is 'n antwoord op boodskap #23657] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Tue, 08 Jun 1999 10:24:15 +0200, lou
> wrote:
>
> plakkertjie met die bar-kode in jou boek gekry. Intussen het die IEC
>> besluit om jou nie op die kieserslys te plaas nie om een of ander rede -
>> jy is dalk nie 'n burger nie of jou nommer is vals of iets. Jy kom dit
>> agter jy is nie op die kieserslys nie of kom dit nie agter nie. Kom
>> verkiesings dag gaan jy na 'n stempunt wys jou boekie en plakker en
>> Voilá - jy kan stem. Soveel vir die Voters Roll!!!>>
>
> Wel ek wonder nou maat net: Het hulle dan nie jou naam doodgetrek met
> n outydse pen op die kieslys nie?
> En as jy nie op daardie lys is nie, dan kan jy mos nie stem nie?

So het hulle Ferdi. Maar as jy mooi onthou het die IEC net voor die
verkiesing aangekondig dat as jy 'n ID-Boek het en kon bewys dat jy
geregisteer het dan kon jy stem AL WAS JY NIE OP DIE VERKIESINGS ROL VIR
DIE STEMAREA NIE. Net so kon jy in 'n ander provinsie stem - maar slegs
vir die Nasionale verkiesing. So hulle kan niks doodtrek nie! So jy kon
stem. Verstaan jy nou? Dit is waarom meer mense by sommige stembusse
gestem het as wat op die rol was.

>
> gestaan.
>> Sommige mense is maar net staaadiger as ander - Welkom in Afrika - nie
>> 'n plek vir sissies nie! (Apologie Henri)>>
>
> Ja die Afrikaners het maar altyd daai probleem gehad.

Ja ek sien dit duidelik uit die feit dat ek so mooi moes verduidelik vir
jou waarom die Voters Roll 'n bokkerop is.
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23909 is 'n antwoord op boodskap #23657] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Jun 1999 11:11:43 +0200, lou wrote:

verkiesing aangekondig dat as jy 'n ID-Boek het en kon bewys dat jy[/color]
> geregisteer het dan kon jy stem AL WAS JY NIE OP DIE VERKIESINGS ROL VIR
> DIE STEMAREA NIE.>>

Dis nou nadat mense soos jy so vreeslik gemoan het daaroor ne?
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23942 is 'n antwoord op boodskap #23657] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Fri, 11 Jun 1999 11:11:43 +0200, lou
> wrote:
>
> > verkiesing aangekondig dat as jy 'n ID-Boek het en kon bewys dat jy
>> geregisteer het dan kon jy stem AL WAS JY NIE OP DIE VERKIESINGS ROL VIR
>> DIE STEMAREA NIE.>>
>
> Dis nou nadat mense soos jy so vreeslik gemoan het daaroor ne?

Dit nadat jy tot so onlangs as laas week die Stem Rol as 'n eerste
aangekondig het. Lees jy nie koerant nie?
Vorige onderwerp: Die leier van die Boere is 'n Jood!
Volgende onderwerp: milleniumvieringe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 17:46:54 MGT 2024