Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verkiesing Ervaring in SA
Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23657] |
Sat, 05 June 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek haal aan uit e-mail uit SA: (met die uitsluitlike doel om nog 'n
prentjie te gee van hoe iemand die stemmery ervaar het, weereens in
teenstelling met die van Ferdi)
"Nouja soos julle weet het ek voor die tyd gaan stem. Man en is ek bly
want die toue was lank en oral het die mense ure tougestaan."
"In kiesafdelings waar swartes meesal stem, is net dieselfde personeel
as by klein afdelings voorsiening gemaak. En dan is daar 5,000 mense
wat moet stem en die toue groei steeds . Sommige swartes het vroeg
gaan staan en dan teen 8 uur huis toe gegaan en weer teruggekom. Een
bediende het vroeg gaan tou staan en toe sy so 8 mense voor haar gehad
het het sy haar selfoon uitgehaal en haar madame gebel om te se sy kan
nou kom. Hoes daai vir jou!"
"Sommige het vir 8 ure en ander dwarsdeur die nag tougestaan. Een wit
vrou het lank tougestaan en toe hulle haar linker duim met `n soort
swart ink wou merk (dit bly 8 - 10 dae swart en niks haal dit uit nie)
weier sy en argumenteer en stap toe uit op die ou end baie kwaad
sonder on te stem."
"Daar was seker baie ander insidente en ons sal seker nog daarvan
hoor. Die Telkom advertensie mense was gou met `n advertensie wat die
kronkelende lang tou wys en `n regte ou aija wat staan en brei met
rooi wol. Naderhand het sy vir die persoon agter haar `n trui klaar
gebrei en vir die ou voor haar en sy was besig met die derde trui toe
sy naby die stemtent kom. Kostelik!"
"Die stemmery was baie kalm en vreedsaam. Robeneiland se uitslae
was eerste uit al voor die stembusse gesluit het."
NB: moet my asb nie aanval oor die inhoud van die ouens se e-mail nie
- dis ander ouens se opinies en dis hoe hulle ons van die stemmery
laat weet het.
Vir die liggeraaktes onder julle: dis nie my enigste "input" oor die
stemming!
=|:^)
Johan
|
|
|
|
|
|
|
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23740 is 'n antwoord op boodskap #23657] |
Mon, 07 June 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote in message ...
> Die hoof-"trend" was uit die uitslag na vore kom is dat radikale
> partrye langs die pad afgeval het.
> Loshande die meeste stemme is uitgebring vir partye wat almal
> waarskynlik as "social democrat" beskryf kan word.
>
> Die regses is van die pad af en waarskynlik saam daarmee die wit
> tuisland idee. Die radikale swart partye soos die PAC is ook van die
> pad af. En daarme saam waarskynlik die idee van n swart
> vergeldingstaat.
Hmmm.... Ek het ook Vrydag nog so gedink. Maar met die inligting wat teen
Sondag se uitsending van "Kommentaar" beskikbaar was, toe Harald Pakendorf
ook hierdie mening gelug het, moet mens aflei dat ons hier weereens te doen
het met een van sy oppervlakkige analises.
Die feit is dat daar nou tien partye in die parlement verteenwoordig is,
vergeleke by ses tevore.
Tevore het die "ekstremiste" (insluitende Christenfundamentaliste) saam
omtrent dertien of veertien setels gehad. Nou het hulle iewers tussen
vyftien en agtien - 'n goeie persentasiegroei. Die "wit tuislandidee" is nou
versprei tussen ten minste twee partye, en daar het ten minste een "swart
tuisland"-party bygekom. Dit lyk nie juis vir my asof vreeslike baie
"radikales" "langs die pad afgeval" het nie.
Daarby moet jy die volgende inreken:
a) Die DP het self sterk na "regs" beweeg om te oes onder die
"radikales" - soos jy self elders aantoon. Gesien Leon se klem op sy belofte
dat hy "minderheidsbelange" en "afrikanerbelange" sal bevorder, (en die feit
dat, byvoorbeeld, die hele Danville soos een man vir hom gestem het) kan
mens selfs argumenteer dat "die wit tuislandidee" nou 'n sterk
verteenwoordiging reg binne in die DP het (bid jou aan!). Ek dink daar is
min twyfel dat die DP hom nou regs van die NP bevind. (Soos ek tevore genoem
het, sou die DP beleid hom aan die regserige kant van die Republikeinse
party plaas as hy in die VSA was - met die uitsondering van sy beleid oor
minderhede.)
b) Ek dink dis 'n fout om die IVP as "middel" te reken. Allermins sou ek
hulle as "social democrat" beskryf. In hierdie verkiesing het hulle omtrent
al hul "wit" en ander steun afgeskud, wat hulle sonder twyfel bevestig as 'n
Zulu nasionalistiese (neigend na royalistiese) vesting - reken ekke.
|
|
|
|
|
|
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23776 is 'n antwoord op boodskap #23657] |
Tue, 08 June 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Mon, 7 Jun 1999 10:38:06 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> verteenwoordig is,
>> vergeleke by ses tevore.>>
>
> Versplintering van die rante?
Mens kan dit so sien - as jy oppervlakkig daarna kyk. As jy net kyk na die
VF/EAB/FA - verskynsel. Of na die feit dat ons nou beide die PAC en AZAPO
aan die verlinks het, saam met minder setels as die PAC in die vorige
parlement.
Of jy kan daarop wys dat die _randparty_ uit die vorige parlement, die
vierpersentertjie DP, nou die tweede grootste party is. Dit lyk eerder na 'n
_konsolidasie_ van die "rante" aan die regterkant, met beduidende wegtrek
van die regtervleuel van die NP.
Dan kan jy ook verwys na ou Mangope se party wat nou daar is, en tevore nie
was nie. Sy steun het in die vorige verkiesing aan die ANC gegaan, en sit
nou aan die "rant". Hierdie geval lyk vir my eerder na 'n versplintering van
die _middel_.
Dieselfde geld vir die nuwe vierpersentertjie, die UDM.
(Daarvan gepraat. Ek sien 'n berig in die beeld wat meld dat sommige mense
bekommerd is daaroor dat die UDM, die IVP, en Mangope se UCDP hul steun
verwerf het deur in hul verkiesingsveldtogte daarop te wys dat "dit beter
was onder die vorige [voor die ANC] bedeling - die hospitale het gewerk,
daar was onderwysers in die skole, ens." Nogal ironies.)
Ook die ACDP se groei, dink ek, kom eerder uit die middel as uit sy mede
"randpartye" in die vorige parlement.
Rasjbanzi se Minority Front, vermoed ek, het ook sy steun uit die
_middelparty_, die NP getrek, eerder as van mede-"randpartye".
>
> Meer as 70% van die stemme (rofweg geskat) was NIE vir militante
> partye nie.
Hmmm.... Tevore het jy gepraat van "radikale" partye, maar nou van
"militante". Die twee is nie vir my sinoniem nie, maar dit daar gelaat...
In die vorige parlement was meer as 80% van die stemme vir twee
"middelpartye".
Vir my lyk die storie nie na 'n versplintering _van_ die rante nie, maar na
versplintering _na_ die rante.
En ek waag nou 'n voorspelling - teen die volgende verkiesing, gaan die
meeste van die aksie heel moontlik aan die "rante" wees, eerder as in die
"middel".
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Verkiesing Ervaring in SA [boodskap #23942 is 'n antwoord op boodskap #23657] |
Mon, 14 June 1999 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Fri, 11 Jun 1999 11:11:43 +0200, lou
> wrote:
>
> > verkiesing aangekondig dat as jy 'n ID-Boek het en kon bewys dat jy
>> geregisteer het dan kon jy stem AL WAS JY NIE OP DIE VERKIESINGS ROL VIR
>> DIE STEMAREA NIE.>>
>
> Dis nou nadat mense soos jy so vreeslik gemoan het daaroor ne?
Dit nadat jy tot so onlangs as laas week die Stem Rol as 'n eerste
aangekondig het. Lees jy nie koerant nie?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Mar 12 05:26:30 UTC 2025
|