Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Waatlemoen" deur D.J. OPPERMAN
"Waatlemoen" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #23773] Ma, 07 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
WAATLEMOEN (uit "Kroniek van Kristien.")
D.J. Opperman

In die tyd van geestelike dronkenskap
is haar lyf gevul met die rooi sap
wat van die geel son en die soet fontein
in haar liggaam gis en borrel soos jong wyn;
en daarvan het sy uitermate groot geswel
sodat haar lyf verby haar lede wel
en sy, volkome deur haarself omsluit,
net kommer oor: "Wat kom daar uit my uit?
In die groot honger is die kwaad
gesaai reeds met die strooiing van die saad
wat ek vermenigvuldig wek in my."
Sy voel in haar hoe roer die rye:
"Is die pitte swart of bruin of wit?"
Dan het sy om haar sondes weer gebid.
Sy word ten volste van die groot verwag
en weet nou breek die uur aan van die slag,
en op 'n warm somerdag het sy gedwee
haar met die loop van die vrugwaters oorgegee...
en half verstrooi sien sy hoe om haar staan
wit, bruin en swart, 'n halwe maan,
en onbesorg eet hulle skyf na skyf
die wyn en brood van haar bros lyf.
Vorige onderwerp: "Son op jou tong" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Gelykenis" deur LEON STRYDOM
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 21:03:45 MGT 2024