Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Van Aangesig tot Aangesig
Van Aangesig tot Aangesig [boodskap #23754] Ma, 07 Junie 1999 00:00
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Verlede week het ons een van die roerendste programme gesien. Die
agtergrond: 'n sestienjarige seun wat in Pizza Hut gewerk het, is
koelbloedig doodgeskiet in 'n rooftog, net omdat hy in die pad gestaan
het van een van die rowers wat die geld in die hande wou kry. In die
program het die ouers en vriende van die seun, wat almal beskryf het
as 'n liefdevolle en behulpsame jong man, ingestem om van aangesig tot
aangesig te kom, in 'n beplande konferensie, met die misdadigers. Twee
van die bende het besluit dat hulle nie die ouers en vriende in die
gesig kon kyk nie, onder die twee was die een wat die haelgeweer
gebruik het.

Die rou emosie was ongelooflik - die oorheersende vraag van die seun se
ouers: hoekom het julle hom geskiet - julle hoef net te gevra het en
hy sou die geld gegee het. En die misdadigers kon net nie verduidelik
nie. Mens sal nooit weet of die trane in hulle oe opreg was of net
krokodiltrane was nie. Maar mens moet seker toegee dat hulle dapper
genoeg was om die familie van hulle slagoffer te ontmoet. En op die ou
end het een van die misdadigers ingestem om die vader van die seun te
help met 'n misdaadvoorkoming veldtog. Die moeder en ander vriende was
baie bitter en ek dink nie hulle sal ooit kan vergewe nie. Beslis nie
vergeet nie. Maar in 'n sekere mate het dit hulle ook gehelp -
"closure" gebring en 'n bietjie vrede.

Nou wonder ek of dit dalk 'n metode is wat in ander lande ook gebruik
word - en of dit vrugte afwerp. En ek wonder, as so iets in my familie
gebeur, of ek dit sal kan doen en of ek ooit sal kan vergewe en
vergeet. Ek wonder of dit my vriendin, wat haar moeder se liggaam
ontdek het in SA nadat sy vermoor is, sou gehelp het. En hoe kom 'n
mens by die punt uit dat jy so iets kan vergewe - iets wat die Bybel
heel duidelik van mens verwag.

Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Van Aangesig tot Aangesig [boodskap #23755 is 'n antwoord op boodskap #23754] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 07 Jun 1999 05:28:16 GMT, roy...@my-deja.com wrote:
Re: Van Aangesig tot Aangesig [boodskap #23756 is 'n antwoord op boodskap #23754] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> roy...@my-deja.com

> Nou wonder ek of dit dalk 'n metode is wat in ander lande ook gebruik
> word - en of dit vrugte afwerp

Die WVK was sekerlik op hierdie lees geskoei.

In die VSA is daar wetgewing (veral met seksuele molestering) wat die slagoffer
in staat stel om (hoofsaaklik haar) aanvaller in persoon te konfronteer. Dis
ook die geval vir kinders waar dit veronderstel is om terapeutiese closure
teweeg te bring (natuurlik met sielkundige begeleiding en voorbereiding).
Hierdie benadering is anders in vorm en gees van die in suid-afrika waar
kinders die gesig tot gesig konfrontasie gespaar word deur bv. in 'n
afsonderlike kamer dmv videokamera te getuig. Selfs kleiner munisipaliteite
(bv. Paarl) het hierdie geriewe. Debatvoering oor die voor of nadele van beide
benaderings word nog altyd gevoer en dit blyk asof mens beide vorme moet
gebruik soos dit die individuele kind betaam.
Vorige onderwerp: Post Toasties?
Volgende onderwerp: Ag, ou Gloudina - was: Daasy - gestem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 00:42:14 MGT 2024