| De Kat ook oorle? [boodskap #23547] |
Di., 01 Junie 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
Ek sien 'n beriggie dat de Kat een (dalk die laaste) van sy lewens verloor het.
Is dit nog 'n slag vir Afrikaans in SA?
Moeilik om te glo iemand met die naam Pearl Mashabela sal die belange van
Afrikaans op die hart dra, veral as jy die volgende kommentaar daarby lees:
"Mnr. Vusi Mona, voormalige redakteur van Tribune, De Kat se vlagskip-stalmaat,
het vroeër vanjaar in 'n Engelse sakeblad gesê Penta se probleme 'is 'n
gevallestudie van swart ekonomiese bemagtiging wat lelik verkeerd geloop het' ".
Maar nou ja - so baie keer is hier al gesê ons mag nie stereotipeer nie en dis
seker wat ek nou doen as ek dink 'n anderstalige persoon sal nie Afrikaans se
belange voorop stel nie....
=|:^)
Johan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23625 is 'n antwoord op boodskap #23547] |
Do., 03 Junie 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 3 Jun 1999 09:13:29 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
|(Hoekom gaan alle goeie Afrikaanse tydskrifte mettertyd die weg van Die
|Huisgenoot?)
|
Dis seker maar die Huisgenoot tipe artikels wat die publikasie syfers laat klim.
'n Mens kan nie veralgemeen nie, maar dit is seker maar duidelik dat daar 'n
groot persentasie Afrikaanse (en Engelse mense met You) in SA is wat graag wil
lees van gebreklikes, gestremdes, hartseer, bedrog, ensovoorts.
En dis seker maar reg oor die wêreld so - die persentasie mense wat "meer
pittige" leesstof verkies is klein. En is SA is dit natuurlik 'n probleem - om
'n klein oplaag uit te gee is nie juis winsgewend nie. Ferdi, jy kan gerus vir
ons meer vertel oor omset syfers en sulke goed.
Ons is gelukkig in Amerika waar selfs 'n klein persentasie van die bevolking tog
neerkom op 'n beduidende oplaag vir 'n tydskrif, wat maak dat daar honderde
spesialis tydskrifte beskikbaar is, en dat selfs van die populêre tydskrifte nie
hoef staat te maak op sensasie om hulle oplaag hoog te hou nie.
Ons is byvoorbeeld ingeteken op Good Housekeeping, 'n tydskrif vol huishoudelike
wenke en raad, vergelykende verslae oor toestelle soos stofsuiers en goed, en
dan is daar ook elke maand 'n hele paar stories oor mense wat 'n positiewe
bydrae tot die samelewing lewer (nie mense wat oorleef het ten spyte van hulle
gebrek of so iets nie) - mense wat andersinds dalk nooit erkenning sou kry nie.
Daar is natuurlik 'n groot skoot sensasionele tydskrifte ook beskikbaar, maar
die keuse is so groot, dat dit nie eers 'n kuns is om die soort leesstof te
vermy nie.
Ek het grootgeword met Patrys. En toe hy verdwyn, was daar Vonk. Ek het nou
nog die hele reeks Vonke en is besig om hulle vir my seuns in 'n paar volumes te
bind. Dit bly vir my 'n leemte dat daar nie 'n populêre tydskrif vir kinders
bestaan nie.
=|:^)
Johan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23868 is 'n antwoord op boodskap #23547] |
Do., 10 Junie 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Thu, 3 Jun 1999 09:13:29 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
>
>> (Hoekom gaan alle goeie Afrikaanse tydskrifte mettertyd die weg van Die
>> Huisgenoot?) >>
>
> Fanie en Melanie ontdek Margaret Thatcher. Dis hoekom.
>
> Die keuse tussen miljoene met hyg-hyg of honderde duisende met
> intellektualiteit.
Hmmm..... En De Kitsch se resep is om "intellektueel" te hyg-hyg, in die
hoop dat hy nie die keuse hoef te maak nie?
Al wat jy daarmee bereik, is dat die miljoene dink dis intellektueel om te
hyg-hyg. En mettertyd eindig Antjie Krog al stomende en kort-van-asem op
hierdie nuusgroep, danksy Gloudina se blootstelling aan De Kitsch.
Maar. Grappies op 'n stokkie. Naspers het vir twintig jaar Insig
gesubsidieer, wel wetende dat die Afrikaanse mark te klein is om so 'n
tydskrif te onderhou in kompetisie met Die Huisgenoot. (Insig het hom
inderdaad ten doel gestel om te wees wat Huisgenoot altyd was.) Ek vind dit
jammer dat hulle blykbaar nou nie meer dink dis geregverdig dat Huisgenoot
se lesers moet bydra om Insig op die rakke te kry nie. As ek dit reg
verstaan, moet Insig nou teen wil en dank "betalend" word, al moet hy dan
die weg van Huisgenoot gaan.
Dan sit ons met twee Huisgenote in Naspers, en geen Insig nie. Al wat hulle
tot dusver regekry het, is dat Insig se nuwe "look & feel" mens laat dink
aan 'n tienderjarige se eerste website. En die artikels is nou so politiek
korrek soos 'n Hollander met 'n oompie wat in die NSB vir die Nazis skoene
gepoets het.
Hopelik vrek De Kitsch sommer gou. Anders het ons drie Huisgenote. Een wat
stink, een wat blink, en een vir mense wat dink hulle dink.
|
|
|
|
| Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23887 is 'n antwoord op boodskap #23547] |
Vr., 11 Junie 1999 00:00  |
Thys de Wet
Boodskappe: 211 Geregistreer: Desember 2002
|
Senior Lid |
|
|
Ja nee wat Boet!
Iemand sê-vra nou die dag: "Het jy al die nuutset huisdemoon gelees?"
Menende natuurlik die Huisgenoot. Koop 'it 'ie en sal ok 'ie!
Mooi naampie gegee: De Kitsch! Maaiu-Maaiu
|
|
|
|