Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gansbaai se Kroeg.
Gansbaai se Kroeg. [boodskap #23516] Di, 01 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gansbaai is 'n vissersgemeenskap naby Hermanus. 'n Aantal jare terug
was die hotel op Gansbaai berug vir sy woeste kroeggevegte.Die aanloop
was gewoonlik iets soos die volgende:

'n Persoon stap die kroeg binne, groet beleefd en bestel iets te
drinke. Vra selfs uit oor wat die weer gaan maak, en of die vis loop.
Kort voor lank vra iemand uit die bloute, "Wie se moer sê jy?".

Nou sit ons vriend met 'n helse dilemma, want wat hy ook al antwoord,
gaan uitloop op 'n geveg. (Selfs as hy sê hy het dit nie gesê nie, maak
hy die vrasteller tot leuenaar.) Hy het dus een van twee keuses - óf hy
baklei saam, óf hy stap uit.

Cheers, en mag die voorspoed julle verveel.

Henri

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Gansbaai se Kroeg. [boodskap #23551 is 'n antwoord op boodskap #23516] Wo, 02 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
hen...@my-deja.com wrote:

> Nou sit ons vriend met 'n helse dilemma, want wat hy ook al antwoord,
> gaan uitloop op 'n geveg. (Selfs as hy sê hy het dit nie gesê nie, maak
> hy die vrasteller tot leuenaar.) Hy het dus een van twee keuses - óf hy
> baklei saam, óf hy stap uit.
>
> Cheers, en mag die voorspoed julle verveel.

Ek is baie jammer dat Gloudina en Kie jou nou weggejaag het - in al die
verwarring en katgevegte wat hier plaasvind, was jy een van die min
mense vir wie ek 'n diep respek opgebou het. Ek is jammer dat ek jou
nie beter kon leer ken nie. Maar ek verstaan jou motivering - gebore
uit frustrasie. Al wat enige mens wil doen op hierdie groep (ek sal
nou maar die "nuus" uitlaat, want net soos die "kultuur" is dit nerens
te vind nie) is om 'n opinie uit te spreek en saam te gesels. Maar
sommige mense ly aan die ongeneeslike siekte - hulle moet oorheers en
alle ander deelnemers afskiet in die grond in sodat hulle as
die "wenners" gesien kan word. Dus word die waarde van die groep meer
en meer gedevalueer. En jy is ongelukkig een van die slagoffers. Want
met logika kom mens nie ver hier nie. Ek probeer nog terugveg, maar
dit word al hoe moeiliker.

Voorspoed vir jou - ek hoop jy lees hierdie boodskap vir oulaas.

Groete (en jy is welkom om in my Paradys te kom kuier, enige tyd)
Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Vorige onderwerp: Re: The wind
Volgende onderwerp: Korder homopage
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 20:51:48 MGT 2024