Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nomad, jy word nie verskoon nie
Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23264] |
Tue, 25 May 1999 00:00  |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nomad skryf:
> Don't shoot the messenger.......
Neewat, jy verdien 'n skoot hael. Jy weet waar.
Hierdie tipe van bydrae (?) dien geen doel nie. Dit is nie interresant nie,
dit is beledigend, dit is (goeie afrikaanse woord vir "invidious"?), en dit
is nie uniek nie. Dit vereis nie meer as 'n dosyn neurone in werkende
toestand nie.
En jammer, dit is ook snaaks nie. Glad nie.
Dit herhinner my aan gesprekke met tussen blanke en swart mense toe ek kind
was. Sommige blanke mense het swartmense op hierdie manier aangespreek. Dan
praat die swart persoon terug in goeie afrikaans (vir 'n tweede, of baie
keer derde of vierde taal) en dan hou die blanke aan: "Jy vat hom die
tuinvurk, dan jy spit hom..."
Ek het baie keer gewonder wat die aangespreekte dink oor hierdie vorm van
paternalisme. Dit het my grensloos irriteer.
Tot later
Bees
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23328 is 'n antwoord op boodskap #23264] |
Wed, 26 May 1999 00:00   |
crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees skryf in boodskap news:uELRhxxp#GA.297@cpmsnbbsa05...
> Neewat, jy verdien 'n skoot hael. Jy weet waar.
>
> Hierdie tipe van bydrae (?) dien geen doel nie. Dit is nie interresant nie,
> dit is beledigend, dit is (goeie afrikaanse woord vir "invidious"?), en dit
> is nie uniek nie. Dit vereis nie meer as 'n dosyn neurone in werkende
> toestand nie.
>
> En jammer, dit is ook snaaks nie. Glad nie.
Ek het geen probleem met jou opinie nie, soos hulle sê 'horses for
courses'. Etniese humor was maar altyd tot 'n mate beledigend, bv.
Joodse, vd Merwe, Boere, Ierse, ens. grappe - dis maar net die
gewilligheid om die snaakse kant daarvan in jou eie soort te herken
(en dan vir 'n bietjie quid pro quo ook in 'n ander groep) en daaroor
dan te kan lag - dis 'n goeie manier om van frustrasie ontslae te
raak. Hierdie goed gebeur elke dag in ons samelewing - dit help niks
om jou kop in die sand te begrawe nie en dit te ontken nie. OTOH, soos
'n goeie ekonoom sal sê, is hierdie miskien nie etnies bedoel nie maar
verwys slegs na die sosiale stand van 'n groot gedeelte van die
bevolking van SA
Maar, jy kan tog seker nie ontken dat hierdie deel van ons Afrikaanse
kultuur is nie.............? Miskien nou nie die kultuur van ons op
hierdie ng wat so geleerd en belese is nie, maar wél die van die ander
(meerderheid) Afrikaanssprekendes nie? (Dink nou net bv aan van die
skare op die Oospawiljoen op Loftus hoe hulle hiervoor sou
lag.........8>)). Die Afrikaners is mos plesierig, of hoe?
> Dit herhinner my aan gesprekke met tussen blanke en swart mense toe ek kind
> was. Sommige blanke mense het swartmense op hierdie manier aangespreek. Dan
> praat die swart persoon terug in goeie afrikaans (vir 'n tweede, of baie
> keer derde of vierde taal) en dan hou die blanke aan: "Jy vat hom die
> tuinvurk, dan jy spit hom..."
>
> Ek het baie keer gewonder wat die aangespreekte dink oor hierdie vorm van
> paternalisme. Dit het my grensloos irriteer.
Bees, dit gaan nog net so op die plase waar ek in die afgelope jaar of
twee was - vanaf N-Tvl tot in die Laeveld: dis die de facto vorm van
kommunikasie, en geen hoeveelheid PC gaan dit verander nie, in elk
geval nie totdat die wit boere (met 'n klein 'b') nie meer bestaan
nie. Hierdie mag net 'n nuwe vorm van Afrikaans in wording te wees en
behoort dus op hierdie ng met ope arms verwelkom te word.
|
|
|
|
|
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23464 is 'n antwoord op boodskap #23264] |
Sun, 30 May 1999 00:00  |
Boerseun[1]
Boodskappe: 15 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hierdie ouens sal nie eens kan besef waaroor dit gaan, al word hul
Proffesore - want die goed het ook maar net soos pappagaaie geleer van 'n
vorige pappagaai.
Probeer nou korrek praat dan kry jy gewoonlik 'n Ja vir 'n Nee ens. Hoe maak
jy nou PROF.
Jy moet so praat met hulle anders is alles verkeerd.
Boerseun
> In skrywe het be...@vleis.com die volgende
> te sê gehad ...
>
>> keer derde of vierde taal) en dan hou die blanke aan: "Jy vat hom die
>> tuinvurk, dan jy spit hom..."
>>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:52:44 UTC 2025
|