Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » PASELLA
PASELLA [boodskap #23360] Do, 27 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Pasella  is tans af-lyn  Pasella
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
PASELLA OP SABC2:

Die SABC het aangekondig dat hulle die gewilde joernaalprogram Pasella
vanaf sy
huidige tydsgleuf op Dinsdag om 19:30 gaan verskuif na Maandag om 21:30.
Geen
redes vir of verduideliking van hierdie stap is gegee nie, en dit
geskied sonder enige
oorleg hoegenaamd met Afrikaanse belangegroepe.

Gemeet aan kykersgetalle, kwalitatiewe navorsing en advertensie-inkomste
is Pasella,
wat gereeld onder die SABC se top tien lys van gewilde programme is, een
van die
mees suksesvolle programme. Volgens die AMPS-gegewens is die program
gewild by
Afrikaanse sowel as Engelse kykers, en as inligtings-, opvoedkundige- en

vermaaklikheidsprogram trek Pasella Dinsdagaand gedurende spitskyktyd
meer as 800
000 kykers bo 16 jaar ouderdom. Indien kinders bygetel word, beloop dit
meer as 1
miljoen kykers.

Hierdie gesinsprogram, 'n televisievenster op die wêreld van Afrikaanses
uit álle
gemeenskappe, se beplande verskuiwing na laat op 'n Maandagaand, kan
uiteindelik
lei tot die afskaffing van die program. Maandagaande en die laat
tydgleuf sal die
kykersgetalle drasties laat afneem en sodoende vir baie minder
advertensie-inkomste
sorg, wat 'n seker manier is om Pasella te laat sneuwel.

Hierdie beoogde verskuiwings is die gevolg van skeduleveranderings
gebaseer op
“stroke” in plaas van “blokke” (vaste tydgleuwe vir bepaalde tale). In
hierdie “stroke” sal
daar elke aand gedurende spitstyd nuus wees, gevolg deur ligte
vermaaklikheidsprogramme, sitkoms en wedstrydprogramme. Hierdie
programme sal
feitlik uitsluit in Engels of Sotho (op SABC2) wees. Sodoende verloor
Afrikaans hier
andermaal 'n uur uitsaaityd gedurende spitstyd. Die hoeveelheid
Afrikaans sal
sodoende na minder as 20% daal en ook nie meer Dinsdagaande 'n vaste
tydgleuf hê
nie.

Dit is dringend dat vanuit alle oorde en so sterk moontlik protes
aangeteken sal word
teen hierdie beplande en verdere aftakeling van Afrikaans op SABC2, en
die minagting
van die behoeftes, regte en belangstellings van Afrikaanse (én Engelse)
kykers.

Die SABC gaan met hierdie verkuiwing nie slegs die tyd vul met goekoper
ingevoerde
Amerikaanse programme nie, maar sal so ook nóg minder aan die vereistes
van die
Uitsaaiwet (1998) en die Onafhanklike Uitsaai Owerheid voldoen.

'n Beroep word op kykers gedoen om 'n nota van beswaar teen hierdie
beplande
verskuiwing van Pasella te stuur aan mnr Malan Otto, Algemene
Bestuurder: Sentrale
Klagtekantoor, SABC, Radiopark, Henleyweg, Aucland Park 2092. Sy
faksnommer is
(011)714-4508 en sy E-posadres: ot...@sabc.co.za
Re: PASELLA [boodskap #23399 is 'n antwoord op boodskap #23360] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Pasella wrote:
>
> PASELLA OP SABC2:
>
> Die SABC het aangekondig dat hulle die gewilde joernaalprogram Pasella
> vanaf sy
> huidige tydsgleuf op Dinsdag om 19:30 gaan verskuif na Maandag om 21:30.
> Geen
> redes vir of verduideliking van hierdie stap is gegee nie, en dit
> geskied sonder enige
> oorleg hoegenaamd met Afrikaanse belangegroepe.
>

Gloudina? waar is jy nou ou sus? Jy is mos die kampvegter?
Re: PASELLA [boodskap #23400 is 'n antwoord op boodskap #23360] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes: > Pasella wrote:
>>
>> PASELLA OP SABC2:
>>

>
> Gloudina? waar is jy nou ou sus? Jy is mos die kampvegter?

Ek het al klaar by Mnr. Malan Otto
gekla, ou Lou.

Gloudina
Re: PASELLA [boodskap #23430 is 'n antwoord op boodskap #23360] Sa, 29 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum writes:

> En wie is Malan Otto as hy by die huis is?
>
> In elk geval - tensy hy die spelling verander na Nqutu, sal dit jou
> niks help om by hom te kla nie!

Aha, Leendert het ook kleivoete.
Gaan na die oorspronklike pos.
en vind Mnr. Malan Otto se naam
onderaan die stuk geskrif. Dis
die man om te kontak as jy wil
kla oor wat hulle doen. Dis goed
om enige stuk geskrif deeglik en
enduit te lees, my ou neef.

Gloudina
Re: PASELLA [boodskap #23431 is 'n antwoord op boodskap #23360] Sa, 29 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> lou writes: > Pasella wrote:
>>>
>>> PASELLA OP SABC2:
>>>
>
>>
>> Gloudina? waar is jy nou ou sus? Jy is mos die kampvegter?
>
> Ek het al klaar by Mnr. Malan Otto
> gekla, ou Lou.
>
> Gloudina
>

En wie is Malan Otto as hy by die huis is?

In elk geval - tensy hy die spelling verander na Nqutu, sal dit jou
niks help om by hom te kla nie!
>

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Vorige onderwerp: bieutiefoel m^onieng
Volgende onderwerp: Hande in die lug......
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 05:08:06 MGT 2024