Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek het ook 'n vibrator
Ek het ook 'n vibrator [boodskap #2311] |
Wo., 27 Augustus 2003 21:28  |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 27 Aug 2003 21:36:45 -0700, "Lorinda" wrote:
> Speedy en Andries, waar was julle vandag? DD jy is nie dalk besig om van 'n
> internet kafee in Skotland te pos nie? Ek vra net, want 2 mans in 'n Golf
> Gti was vandag naby Drumlanrig Castle in Skotland gesien, net nadat die Da
> Vinci skildery daar weggeraak het....:-))
>
> Lorinda
>
As ek jou van my drama die afgelope paar dae vertel,
sal jy besef dat ek nie tyd gehad het om Da Vinci te
gaan ondersteun nie.
Vrydagoggend het ek my sellulêre foon op my kar se dak
neer gesit en gery.
Gister het ek 'n ander een gekoop (weer 'n Nokia) en
en vanmiddag by die huis gekom, en dit was weg.
Ek weet dat ek net by twee plekke stil gehou het na
ek vertrek het by my kantoor. Die eerste was by
'n swartman wat skilderye en beelde verkoop langs die pad
en die tweede was by iemand ('n onbekende) wat ek gaan help
het met 'n probleem op sy nuwe Pentium 1V. Eerste na nommer
twee. Dit was nie daar. Toe onthou ek van nommer een en ry
daarheen. Terwyl ek met hom praat en hy sê dat dit aan my sy
was toe ek vertrek het, skakel ek my nommer. (Ek kan soms
heel doof wees, en daarom aktiveer ek 'vibrating alert.)
Terwyl ek met hom praat en my nommer skakel, voel ek die
vibrering onder my bas! Dit het toe onder die seatcover (dit klink
lekkerder as sitplekbedekking) ingeskuif, en dit lê in die hoek wat
deur die ruglening en sitplek gevorm word. En dit vibreer met 'n
genotvolle 'hier is ek, hier is ek...'
Die outa, wat net Zulu kan praat, het nie geweet waarom ek sê,
'toemaar, ek weet waar dit is' en ry nie.
DD
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ek het ook 'n vibrator [boodskap #2347 is 'n antwoord op boodskap #2331] |
Do., 28 Augustus 2003 07:25  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf in boodskap news:tueqkv0sncgm8tsp89h9ablaadktja0lrs@4ax.com...
>
> Die tweede een natuurlik, wat darem 'n opgradering was:-)
>
> DD
>
Hopelik is dit nie 'n groot selfoon nie, jy weet wat hulle daarvan sê....:-)
Sien julle môre!
Lorinda
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 10:28:40 UTC 2025
|