Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ballingkultuur
Ballingkultuur [boodskap #23216] Ma, 24 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hmmmm.......

Ek het so pas verneem 'n veldskool ("summer camp") vir Afrikaanse jeug word
Augustus in Saskatchewan gehou.

Interessant, nogal... Sou dit 'n "eerste" wees?

Groete, Leendert
Re: Ballingkultuur [boodskap #23320 is 'n antwoord op boodskap #23216] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
new2USA  is tans af-lyn  new2USA
Boodskappe: 6
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina - sal jy omgee om ons te vertel hoekom jy SA verlaat het?

@igs.net wrote in message ...

> Afrikaanse vanne, veral in die prairie-provinsies
> Alberta, Saskatchewan en Manitoba is so maklik om
> te vind soos duwweltjies in die laatsomer in die Noord-
> Kaap. Dit verbaas my dan ook nie dat daar 'n somer-
> kamp vir Afrikaans-sprekendes gehou gaan word nie.
> Wie se kinders die kamp gaan bywoon? Sal nogal
> interessant wees. Ek sal my geld sit op die feit dat dit
> meestal mense is wat sedert 1994 hierheen gekom het.
> Immigrante uit SA wat mekaar hier in Kanada
> ontmoet, voer gewoonlik 'n fyn dans uit om agter te
> kom wat die agtergrond is van die emigr�s. In die ou
> dae was dit maklik. Behalwe vir die diplomatiese korps
> hier van SA af (natuurlik almal wit, en amper almal
> Afrikaners) was die meeste mense persone wat op
> verskillende tydstipte uit SA is as protes teen wat in
> SA aangegaan het. Deesdae moet jy eers op eiers loop,
> totdat jy die persoon voor jou opgesom het en jy jou
> kan regmaak vir die klagtes oor die Nuwe SA as
> hulle redelik nuut hier aangekom het.
> Nou en dan kom jy egter in situasies wat jou
> werklik verstom. Ons praat eendag met 'n vrou wat
> ek gedag het ek al klaar opgesom het: Engelse Suid-
> Afrikaner, uit Durban, alreeds sedert 1988 in die land.
> Op die oog af geen liefhebber van die Afrikaanse
> politieke hegemonie en van apartheid nie. Ons praat
> toe oor ons onlangse besoek aan Suid-Afrika. Skielik
> sê sy vir ons sy wil vir ons iets wys. Sy gaan haal 'n foto
> van een van Durban se strande wat uit die lug afgeneem
> is, en wat wys hoe daar letterlik duisende mense op die
> strand krioel. �There, I showed that to my children and
> I told them that is why we left South Africa,� vertel sy.
> Dit het my eers 'n rukkie geneem voordat ek besef het
> wat sy besig was om te sê: Durban se strande was OK
> toe net wit mense daar kon swem, maar nou dat �almal�
> daar kan swem, nou is SA skielik nie meer goed genoeg
> nie. Ek antwoord haar toe: � You know, this picture
> makes me actually extremely happy.� Ek vertel haar toe
> hoe ons die skoolkinders van Adams Mission aan die
> begin van elke skooljaar na die strand geneem het. Maar
> omdat die skoolkinders swart was, was hulle nie toegelaat
> om op die veilige en vir haaie-beskermde strande van
> Amanzimtoti te swem nie. Ons moes hulle na 'n stuk
> strand neem wat buite die dorp was, uiters onveilig, en
> sonder enige strandwagte. En elke begin van die jaar,
> op daardie godsverlate strande waarop my studente hulle
> plesier moes vind, het my haat vir die apartheidsvarke
> groter en groter geword. Nou goddank, hoop ek, kan
> alle inwoners van Suid-Afrika swem waar hulle wil.
>
> Gloudina
>
Re: Ballingkultuur [boodskap #23321 is 'n antwoord op boodskap #23216] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) writes:

> On Mon, 24 May 1999 19:12:30 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
[color=blue]>
Vorige onderwerp: Streeksaksente
Volgende onderwerp: Ouma se skoene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 14:16:18 MGT 2024