Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die mooiste taal?
Die mooiste taal? [boodskap #23139] Vr, 21 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin het vroeër geskryf dat sy een pêl sê Zulu is die mooiste taal, en 'n
ander Sotho. Dit herinner my aan 'n ander gesprek lank terug:

"Wat sê die mense wie's ek?"

Nou wil ek vir Leswin ook vra, wat sê jy?

Dan het Leswin 'n paar skrywers aangehaal wat taamlik onvleiend was teenoor
ons voorsate (terloops, ek het soortgelyke lewensomstandighede teengekom in
Zoeloeland, Caprivi en Malawi).

Ek wil graag weet wat sê hy van die volgende kwout:

"I fear the Almighty, and I respect His works, but I could never understand
why He made the kafir and the rinderpest. The Hottentot is a little better.
The Hottentot will only steal the biltong hanging out on the line to dry. He
won't steal the line as well."

Afgesien van die onvleiende terminologie, selfs erger stereotiperend, of hoe
Leswin? Maar die skrywers, en hulle onderwerpe is van 'n ander era.

(Bg. uit 'Makapan's Caves', Mafeking Road deur Herman Charles Bosman.)

Groete

Henri
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23188 is 'n antwoord op boodskap #23139] So, 23 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 21 May 1999 22:20:36 +0200, "Henri Burger" wrote:

[/color]
> Afgesien van die onvleiende terminologie, selfs erger stereotiperend, of hoe
> Leswin? Maar die skrywers, en hulle onderwerpe is van 'n ander era.
>
> (Bg. uit 'Makapan's Caves', Mafeking Road deur Herman Charles Bosman.)>>

Ek is nie seker van die argument wat hier aangevoer word nie, maar
Bosman se goed is deurweek van ironie en dubbele betekenisse en goed
wat omvlieg en terugslaan.

Die aanhaling van hom is tipies en die res van die verhaal MOET
eenvoudig ook saamgelees word.
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23209 is 'n antwoord op boodskap #23139] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> Nee. Ek wys inderdaad op die stereotipering, en hoe maklik dit kan
> wees, veral met selektiewe aanhalings. Maar juis nie om dit goed te
> praat nie.
>
> Wat my egter interesseer, is hoe geredelik Leswin daar in die vreemde
> spesifiek daardie aanhalings gereed gehad het. So asof hy hulle
> byderhand gehou het vir die regte oomblik. Ek moes gaan soek na Bosman
> se aanhaling. Miskien kan Leswin verduidelik hoe hy so vinnig daaraan
> gekom het. Ek hoop dit was bloot toevallig!

Wel Henri, as jy in die vervolg dinge van
Bosman aanhaal, wees versigtig. As Bosman
dinge in sy karakters se mond l^e, is dit
baiekeer om die dwaasheid en die domgeit
van die mensdom oop te vlek, nie deur daaroor
te moraliseer nie, maar deur dit in die mond
van sy karakters te l^e. En onthou, baie van
die mense, veral die ver-regse ouens, het
heelwaarskynlik nooit van Bosman iets
gelees nie, en neem jou aanhaling aan as
aanmoediging vir hulle rassistiese gekwetter.

Nou wonder ek ook waarom jy vir Leswin
beskuldig dat hy sy literere skietgoed
reg gehad het om rassistiese beswadderaars
op 'n punt te wys. Dink jy nie dat hy
as vorige bewoner van Suid-Afrika reis-
verhale en dies meer het wat die afgelope
eeue in die geskiedenis van Suid-Afrika
beskrywe nie? Ek het net die Dictionary
of South African English hier wat my kan
help. Maar ek wed jou dat ek vir jou
talle aanhalings uit reisbeskrywings van
Duitsers en Swede en Nederlanders kan
neerskryf, wat maar 'n taamlike onvleiende
beeld van sommige van ons voorsate teken.
Hierdie grootskaalse romantisering van
die Afrikaner en sy geskiedenis was maar
iets wat eers in hierdie eeu begin is,
as deel van 'n politieke skaakspel. Vir
die grondleggers van die apartheids-staat
was dit essensieel (net soos in Hitler se
Duitsland en heelwaarskynlik in Milosevitch
se Joegoslawia) dat die Afrikaner glorieryk
en groots in suidelike Afrika tot stand
gekom het, en sonder smet en sonder blaam
is. Die Vader bewaar ons van die mense wat
dink dat hulle altyd 'n bietjie beter as
ander is.

Gloudina
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23210 is 'n antwoord op boodskap #23139] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) writes:

> On Fri, 21 May 1999 22:20:36 +0200, "Henri Burger"
> wrote:
>
>
> >
>> Afgesien van die onvleiende terminologie, selfs erger stereotiperend, of hoe
>> Leswin? Maar die skrywers, en hulle onderwerpe is van 'n ander era.
>>
>> (Bg. uit 'Makapan's Caves', Mafeking Road deur Herman Charles Bosman.)>>

> Ek is nie seker van die argument wat hier aangevoer word nie, maar
> Bosman se goed is deurweek van ironie en dubbele betekenisse en goed
> wat omvlieg en terugslaan.
>
> Die aanhaling van hom is tipies en die res van die verhaal MOET
> eenvoudig ook saamgelees word.

Ek neem aan dat Henri Burger die Herman
Charles Bosman aangehaal het as 'n uiterste
vorm van tipering. Sy argument is blykbaar
dat jy orals tipering kan vind (in reis-
verhale wat vertel van die kondisies van
die grensboere, en in die werk van Bosman.)
Dis alles goed en wel. Maar sy injeksie
van die aanhaling in 'n gesprek waar een
persoon alle swartes as "vuil" beskryf
het, en Leswin aangehaal het uit reis-
beskrywings om te bewys dat die wit voor-
sate van die een wat so spog met sy
higieniese voorsate ook maar vuil was,
slaan my bietjie dronk. Bedoel Henri
dat omdat almal in die verlede nou maar
getipeer het, hedendaagse mense ook maar
kan voortgaan om alle swartes as "vuil"
te tipeer, want almal weet dis 'n
tipering?

"Skoon" is ook 'n relatiewe begrip, vervul
met diep kulturele vooroordele. As ek dink
aan die baie skoon en netjiese riethuisies
wat ek in my kinderdae gesien het, die vloere
glad gesmeer met beesmis, en ek dink dan aan
die sogenaamde westerse huise wat ek hier in
Kanada sien, soms so onversorg met goed wat
op die grond l^e, dan wonder mens soms wat
die term "skoon" beteken.

Gloudina
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23211 is 'n antwoord op boodskap #23139] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf

> Wel Henri, as jy in die vervolg dinge van
> Bosman aanhaal, wees versigtig.

Enige ou wat enigiets vir soetkoek opeet, verdien om by die
gevolgtrekking uit te kom wat hy maak, Gloudina. Ek sal 'n uitsondering
maak waar daar kinders betrokke is, maar ek hoop jy ken die Afrikaanse
gesegde 'Dom mense moet swaarkry'.

>
> Nou wonder ek ook waarom jy vir Leswin
> beskuldig dat hy sy literere skietgoed
> reg gehad het om rassistiese beswadderaars
> op 'n punt te wys. Dink jy nie dat hy
> as vorige bewoner van Suid-Afrika reis-
> verhale en dies meer het wat die afgelope
> eeue in die geskiedenis van Suid-Afrika
> beskrywe nie

Vir my lyk dit of Leswin van die heup af geskiet het, Gloudina. Dit
beteken een van twee dinge. Of Leswin het 'n ensiklopediese
verwysingsraamwerk na Suid-Afrikaanse geskiedkundige literatuur, of sy
rewolwers was gelaai. Ek sal verkies dat hy self sê wat van toepassing
is.

Groete

Henri

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23213 is 'n antwoord op boodskap #23139] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

>> Ek is nie seker van die argument wat hier aangevoer word nie, maar
>> Bosman se goed is deurweek van ironie en dubbele betekenisse en goed
>> wat omvlieg en terugslaan.
>>
>> Die aanhaling van hom is tipies en die res van die verhaal MOET
>> eenvoudig ook saamgelees word.

Goed, eers die rede vir die aanhaling. Leswin het heerlik aangehaal uit
reisbeskrywings van hoe vuil die trekboere was, om te illustreer dat
ons voorsate nou nie te higiënies was nie. My aanhaling probeer aan hom
illustreer dat 'n mens goed in konteks van o.a. tyd moet sien, maar
soos jy tereg sê, ook in die konteks van die storie.

Ter wille van volledigheid, vir die wat nie 'Makapan's Caves' van
Bosman ken nie. Die deel wat volg op dit wat ek aangehaal het, klink so:

"Still, sometimes you come across a good kafir, who is faithful and
upright and a true Christian and doesn't let the wild dogs catch the
sheep. I always think that it isn't right to kill that kind of kafir."!

Die storie word dan vertel van die swart kind, Nongaas, wat deur blanke
boere grootgemaak is, baie lojaal aan hulle is, en saam met die twee
broers vertrek na die Slag van Makapaansgat. Een van die broers raak
vermis tydens die slag, en Nongaas gaan soek hom. As hy ook nie opdaag
nie, gaan soek die jonger broer. By die ingang van die grot skiet hy 'n
swartman wat uitkom, wat dan nooodwendig Nongaas is.

Gloudina skryf:

> Dis alles goed en wel. Maar sy injeksie
> van die aanhaling in 'n gesprek waar een
> persoon alle swartes as "vuil" beskryf
> het, en Leswin aangehaal het uit reis-
> beskrywings om te bewys dat die wit voor-
> sate van die een wat so spog met sy
> higieniese voorsate ook maar vuil was,
> slaan my bietjie dronk. Bedoel Henri
> dat omdat almal in die verlede nou maar
> getipeer het, hedendaagse mense ook maar
> kan voortgaan om alle swartes as "vuil"
> te tipeer, want almal weet dis 'n
> tipering?

Nee. Ek wys inderdaad op die stereotipering, en hoe maklik dit kan
wees, veral met selektiewe aanhalings. Maar juis nie om dit goed te
praat nie.

Wat my egter interesseer, is hoe geredelik Leswin daar in die vreemde
spesifiek daardie aanhalings gereed gehad het. So asof hy hulle
byderhand gehou het vir die regte oomblik. Ek moes gaan soek na Bosman
se aanhaling. Miskien kan Leswin verduidelik hoe hy so vinnig daaraan
gekom het. Ek hoop dit was bloot toevallig!

Groete

Henri

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23253 is 'n antwoord op boodskap #23139] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> hen...@my-dejanews.com writes:
>
>> Nee. Ek wys inderdaad op die stereotipering, en hoe maklik dit kan
>> wees, veral met selektiewe aanhalings. Maar juis nie om dit goed te
>> praat nie.
>>
>> Wat my egter interesseer, is hoe geredelik Leswin daar in die vreemde
>> spesifiek daardie aanhalings gereed gehad het. So asof hy hulle
>> byderhand gehou het vir die regte oomblik. Ek moes gaan soek na Bosman
>> se aanhaling. Miskien kan Leswin verduidelik hoe hy so vinnig daaraan
>> gekom het. Ek hoop dit was bloot toevallig!
>
> Wel Henri, as jy in die vervolg dinge van
> Bosman aanhaal, wees versigtig. As Bosman
> dinge in sy karakters se mond l^e, is dit
> baiekeer om die dwaasheid en die domgeit
> van die mensdom oop te vlek, nie deur daaroor
> te moraliseer nie, maar deur dit in die mond
> van sy karakters te l^e. En onthou, baie van
> die mense, veral die ver-regse ouens, het
> heelwaarskynlik nooit van Bosman iets
> gelees nie, en neem jou aanhaling aan as
> aanmoediging vir hulle rassistiese gekwetter.
>

Weereens Gloudina wys jy jou partydigheid. Toe Leswin sy aanhalings
geplaas het was jy nou nie juis vinning om hom tereg te wys nie maar nou
skeur jy Henri se aanhaling uitmekaar :). Vervolgens weier jy ook om te
sien dat Henri slegs 'n punt wil illustreer. Die feit is Leswin se
aanhalings moet ook in konteks gelees word en was maar redelik
rassisties uit 'n Engelse oogpunt maar geen kwiek uit Gloudina nie.

> Nou wonder ek ook waarom jy vir Leswin
> beskuldig dat hy sy literere skietgoed
> reg gehad het om rassistiese beswadderaars
> op 'n punt te wys.

En dan wonder jy nog - somtyds kan ek net 'n moerse glimlag kry as ek
jou skrywes op die nuusgroep sien. Wie was die eenoog in die Griekse
Mitologie nou weer?
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23254 is 'n antwoord op boodskap #23139] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
lo...@hotmail.dinges.com wrote:

> Weereens Gloudina wys jy jou partydigheid. Toe Leswin sy aanhalings
> geplaas het was jy nou nie juis vinning om hom tereg te wys nie maar nou
> skeur jy Henri se aanhaling uitmekaar :).

> En dan wonder jy nog - somtyds kan ek net 'n moerse glimlag kry as ek
> jou skrywes op die nuusgroep sien. Wie was die eenoog in die Griekse
> Mitologie nou weer?

Ja nee wat, enige iets "off-white" is vir Goudina soos manna uit die
hemel. En as iemand dit durf waag om van diegenes te verskil, dan
spring sy op haar Wit Perd ('skuus tog, maar Swart Perd klink net nie
reg nie...).

Ek moet saamstem, dis moeilik om jou gesig reguit te hou. Ek weet nie
wie die eenoog was nie, maar hulle se mos: In die land van die blindes
is eenoog koning... of is dit nou koningin?

Paradysgroete
Royleen

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23255 is 'n antwoord op boodskap #23139] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Maar sy injeksie
> van die aanhaling in 'n gesprek waar een
> persoon alle swartes as "vuil" beskryf
> het, en Leswin aangehaal het uit reis-
> beskrywings om te bewys dat die wit voor-
> sate van die een wat so spog met sy
> higieniese voorsate ook maar vuil was,
> slaan my bietjie dronk. Bedoel Henri
> dat ......

As ek moes raai, sou ek reken Henri se "injeksie" uit Herman Charles Bosman
was bloot 'n harde kooltjie vuur wat hy so tussen die politieke korrektheid
ingegooi het om te sien wat gebeur.

Die dansie wat gebeur het was dan inderdaad ook giggelsnaaks.
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23256 is 'n antwoord op boodskap #23139] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:7icfmj$jbn$1@nnrp1.deja.com...

> ..............., maar ek hoop jy ken die Afrikaanse
> gesegde 'Dom mense moet swaarkry'.
>
> Groete
>
> Henri
>
>
Henri, ek ken nie die uitdrukking glad nie (miskien agv van my
gebrekkige Afrikaanse opvoeding in Natal). Miskien, as jy nie omgee
nie, dit net vir ons uitstippel.

Ek het egter 'n pêl in die army gehad wat altyd, met genot, die rympie
opgesê het, 'Pacta cum Servant� (sp?), die wat Dom is moet Swaarkry',
na aanleiding van ouens wat nie ordentlik kon gyppo nie........8>)
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23257 is 'n antwoord op boodskap #23139] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Die Vader bewaar ons van die mense wat
> dink dat hulle altyd 'n bietjie beter as
> ander is.
>
> Gloudina
>

Inderdaad!

Van Gloudina, Leswin en Skwirrel.
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23258 is 'n antwoord op boodskap #23139] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin skryf:

> Voorts was my aanhalings historiese reisbeskrywings, en nie fiksie nie.

Korrek. Ek kan aanhaal uit reisbeskrywings wat ewe of meer onvleiend is
teenoor die Khoi en San, maar soos jy tereg sê, die goed moet binne
historiese konteks gesien word. Die probleem, soos Gloudina uitgewys het, is
dat almal dit nie kan insien nie. Ek verkies om nie op diesulkes te reageer
nie. Die ander vraag is, maak enige verwysing na iemand se voorsate enigsins
'n verskil aan die persoon onder bespreking? Ek weet nie of my voorsate
'stoer' of 'lui' of wat ook al was nie. As ek ver genoeg terug gaan, was
hulle dalk Vikings wat kinders se koppe pap geslaan het. Dit maak geen duit
verskil aan my nie.

> Waar dit jou suggestie aangaan dat ek rondloop met stukkies papier en
> "onvleiende aanhalings" - ek vind dit disrespekvol, kleinlik, en teleurstellend
> in die knie-ruk affektiewe partisynskap wat dit openbaar. Ek het nie
> ensiklopediese kennis nie, maar ek het 'n boekrak. Ek lees dan iets oor
> higiene, en herinner my aan iets wat ek daaroor gelees het. Ek gaan dan na my
> boekrak, vind dit, en plaas dit hier.

Ek glo jou, maar baie ander sal nie.

> Waar
> dit my voorsate aangaan, het ek waardering vir die wonderlike konneksie wat die
> Khoi gehad het met die natuur, maar ek worstel ook met die teleurstelling in
> die manier waarop hulle byvoorbeeld toegelaat het dat hul taal en kultuur
> verswelg was in nederlandse assimilasie.

En as jy klaar geworstel het, gaan dit enige verskil aan jou maak? Jy kan
nie die tyd terug draai nie. Jy kan nie die invloede wat gegeld het verander
nie. Jy kan nie pa staan vir jou voorgeslagte se doen en late nie, en oor 'n
paar jaar sal jy dit ook nie vir jou nageslag kan doen nie. Carpe Diem.

Groete

Henri
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23259 is 'n antwoord op boodskap #23139] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> hen...@my-dejanews.com

Ek was 'n paar dae op reis en vandaar hierdie laterige respons. Ek reageer dus
op die hele reeks reaksies (hoofsaaklik Henri s'n).

> Leswin het heerlik aangehaal uit
> reisbeskrywings van hoe vuil die trekboere was, om te illustreer dat
> ons voorsate nou nie te higiënies was nie

Eerstens, die doel was nie, soos jy voorgee, om "heerlik" aan te haal bloot om
jou neus daarin te vryf of bloot om "te illustreet dat ons voorstae ... nie te
higienies was nie". Inderwaarheid het ek gedink die boodskap was voor die hand
liggend - naamlik dat mens versigtig moet wees om hedendaagse standaarde en
omstandighede (van higiene byvoorbeeld) te aanvaar as synde altyd (histories)
die geval te wees VERAL wanneer jy dan daardie "vergete" dele van jou
geskiedenis op 'n negatiewe manier aan ander toedig. Gloudina het min of meer
dieselfde argument aangevoer. Een wat bloot voorstel dat die uitdaging daarin
lê om beide goed en kwaad, positief en negatief, te eien.

Voorts was my aanhalings historiese reisbeskrywings, en nie fiksie nie. Terwyl
Bosman by monde van Oom Schalk en ander marico-karakters waardevolle insigte
lewer ten opsigte van persepsie en stereotipe, loop mens gevaar om hierdie
literêre vorm gelyk te stel aan die reisbeskrywing wat poog om meer "objektief"
(let tog op die aanhalings asb.) te wees. Ferdi het tereg gewys op satire,
ironie en ander soortgelyke literêre meganismes wat dit moeilik maak om die
aanhaling buite konteks te waardeer. Bosman was altyd een van my gunsteling
skrywers en dit is so dat sy persoonlike sieninge nie gelykgestel kan word met
die van sy karakters nie - hy het weliswaar talle stereotipes gebruik juis om
hul illogiese aard uit te wys (vergelyk Bosman se briewe vanuit die tronk vir
interresante opmerkings oor ras en menswaardigheid).

Waar dit jou suggestie aangaan dat ek rondloop met stukkies papier en
"onvleiende aanhalings" - ek vind dit disrespekvol, kleinlik, en teleurstellend
in die knie-ruk affektiewe partisynskap wat dit openbaar. Ek het nie
ensiklopediese kennis nie, maar ek het 'n boekrak. Ek lees dan iets oor
higiene, en herinner my aan iets wat ek daaroor gelees het. Ek gaan dan na my
boekrak, vind dit, en plaas dit hier. In dieselfde trant het jou pos oor kafirs
en die rinderpes my herinner aan 'n alternatiewe beskrywing deur John Barrow,
wat saam met Lady Anne barnard en Goewerneur McCartney aan die kaap geland het
in 1797. Hy skryf, in dieselfde jaar:

"There is perhaps no nation on earth that produces so fine a race of man as the
Kaffers: they are tall, stout, muscular, well made, elegant figures.... The
head of the Kaffer is convex like that of most Europeans. In short, had not
nature bestowed upon him the dark-coloring principle that anatomists have
discovered to be owing to a certain gelatinous fluid lying between the
epidermis and the cuticle, he might have ranked among the first of Europeans
.... Judging the mind of a Kaffer, ... it could not be pronounced deficient in
talent. The experiment of giving him a suitable education has not yet been
made; but there are perhaps no unlettered people on the face of the earth whose
manners and opinions have more the appearance of civilization than those of the
Kaffers"(Barrow, 1801, An account of travels into the interior of South Africa,
Vol.2)


Weer eens, henri, die uitdaging is om die durf en moed van jou voorsate te
bewonder net soos jy worstel met die gewelddadige manier waarop hulle die
KhoiKhoi uitgemoor het. Net soos die Xhosa 'n bewonderenswaardige demokrasie
gehad het, so ook worstel mens met hul martetling van dieselfde KhoiKhoi. Waar
dit my voorsate aangaan, het ek waardering vir die wonderlike konneksie wat die
Khoi gehad het met die natuur, maar ek worstel ook met die teleurstelling in
die manier waarop hulle byvoorbeeld toegelaat het dat hul taal en kultuur
verswelg was in nederlandse assimilasie.
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23260 is 'n antwoord op boodskap #23139] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com wrote in message ...

>
> Wat my egter interesseer, is hoe geredelik Leswin daar in die vreemde
> spesifiek daardie aanhalings gereed gehad het. So asof hy hulle
> byderhand gehou het vir die regte oomblik. Ek moes gaan soek na Bosman
> se aanhaling. Miskien kan Leswin verduidelik hoe hy so vinnig daaraan
> gekom het. Ek hoop dit was bloot toevallig!

Jy maak 'n fout, Henri:

Daardie soort aanhalings is geredelik bekombaar in die literatuur wat deur
die "Afrikan" - lobby en dampkring geproduseer word.

Ons het tevore 'n meer beledigende (in rassistiese terme) voorbeeld gesien
met die sogenaamde "aanhaling" van PW Botha waarmee "oorle Sizwe" sy
kortstondige verblyf hier aangekondig het. In daardie geval, natuurlik, was
die "aanhaling" so klaarblyklik vals dat geen selfrespekterende mens met
akademiese of professionele pretensies dit onder sy eie naam sou versprei
nie. Derhalwe moes die persona van "Sizwe" geskep word om die prul te plaas.

Al wat die onlangse insident waarskynlik demonstreer is dat Leswin
oënskynlik, net soos "oorle Sizwe", bekend is met daardie genre in die
literatuur wat die denke van swart rassiste weerspieël. En dat hy dit graag
propageer.

Die alternatief, natuurlik, is dat hy, soos jy suggereer, 'n versameling van
hierdie soort aanhalings opbou en met hom saamneem na die vreemde.

Albei hierdie moontlikhede is natuurlik nie te onderskei van die soort ding
wat mens verwag van die Frikkie Potgieters nie.

Groete, Leendert
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23315 is 'n antwoord op boodskap #23139] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Henri Burger"

> En as jy klaar geworstel het, gaan dit enige verskil aan jou maak? Jy kan
> nie die tyd terug draai nie. Jy kan nie die invloede wat gegeld het verander
> nie.

Jy verskaf as't ware die antwoord jouself, Henri. In 'n vorige pos vra jy:"Wie
is ek?", en daarin lê gesetel die unieke menslike behoefte aan 'n transendente
eksistensiele betekenis en identiteit. Die meeste mense bevredig hierdie
behoefte in groot mate in identifikasie met, en geworteldheid in, 'n groep, 'n
godsdiens, 'n nasionaliteit, 'n familie, etnisiteit, of politieke ideologie.
Ek is dus nie net 'n individu met unieke persoonlikheidstrekke soos waagmoed of
jaloesie of sensitiwiteit nie, maar ook 'n Afrikaner, 'n Hindoe, iemand se
dogter, en homoseksueel. My bestaansrede en identiteit is verweef in al
hierdie komponente, en om myself te ken beteken dat ek hierdie komponente ken
so goed ek kan. Waarom dink jy bestee mense soveel aandag aan genealogie en
stambome? Waarom bestaan daar hoegenaamd so 'n disipline soos geskiedenis?
Waarom vertroetel ons fantasiee dat ons kinders en kleinkinders ons met respek
en agting sal onthou lank nadat ons weg is? Waarom doen ons generatiewe "goeie
werke" wat so geredelik in die eulogie besing word? Inderwaarheid soek ons 'n
spieël vir onsself in daardie bybel met die stamboom voorin en die foto van
groot-oupa Hendrik. Weliswaar dans ons om die besef dat ons verblyf hier nie
permanent is nie en generatiewe dade ons in 'n sekere mate onsterflik maak. My
worsteling met geskiedenis, die mitologie van my voorvaders, die
groepskaraktertrekke, die stories - alles sinkretiseer in die individuele hede.
'n Jood in die hede, is ook een in Dachau, Masada, en in slawerny in Egipte.
Die hede is net nog 'n stappie in 'n oerdans. Respice Prospice.

leswin
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23316 is 'n antwoord op boodskap #23139] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Eerstens, weer eens is ALTYD twee woorde.

Dan, die eenoog ou was Cyclops, hy het Herkules laat lesopsê.

En laastens, ek wil nie altyd voorkom of ek vir Aunti G in die bresse tree
nie, maar sy het haar plek verdien op hierdie nuusgroep. Sy kom al n laaang
pad , haar Afrikaans is altyd suiwer, sy gooi altyd n klip in die bos om
dinge lekker lewendig te hou, en sy pos die mooiste gedigte, so julle
ander, buzz off...

Pat in die dorp waar die magnoliabome nou in volle blom staan, te mooi vir
woorde dit lyk soos reuse wit krismisbome (wag, ek gaan nou eers n beker
mint juleps aanslaan, saam met n bakkie grits :-))


>> Weereens Gloudina wys jy jou partydigheid. Toe Leswin sy aanhalings
>> geplaas het was jy nou nie juis vinning om hom tereg te wys nie maar nou
>> skeur jy Henri se aanhaling uitmekaar :).
>
>> En dan wonder jy nog - somtyds kan ek net 'n moerse glimlag kry as ek
>> jou skrywes op die nuusgroep sien. Wie was die eenoog in die Griekse
>> Mitologie nou weer?
>
> Ja nee wat, enige iets "off-white" is vir Goudina soos manna uit die
> hemel. En as iemand dit durf waag om van diegenes te verskil, dan
> spring sy op haar Wit Perd ('skuus tog, maar Swart Perd klink net nie
> reg nie...).
>
> Ek moet saamstem, dis moeilik om jou gesig reguit te hou. Ek weet nie
> wie die eenoog was nie, maar hulle se mos: In die land van die blindes
> is eenoog koning... of is dit nou koningin?
>
> Paradysgroete
> Royleen
>
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23317 is 'n antwoord op boodskap #23139] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
PAT wrote:
>
> Eerstens, weer eens is ALTYD twee woorde.

Aarghh! Weereens is twee woorde? Nooit! So sorry! NOT!!!

>
> Dan, die eenoog ou was Cyclops, hy het Herkules laat lesopsê.
>

Ja maar toe Herc (jammer - kyk te veel disney videos) sy oog uitsteek
toe was ou Cyclops magteloos. Is les opsê nie twee woorde nie :)?

> En laastens, ek wil nie altyd voorkom of ek vir Aunti G in die bresse tree
> nie, maar sy het haar plek verdien op hierdie nuusgroep. Sy kom al n laaang
> pad , haar Afrikaans is altyd suiwer, sy gooi altyd n klip in die bos om
> dinge lekker lewendig te hou, en sy pos die mooiste gedigte, so julle
> ander, buzz off...

Ek het geen probleem met Gloudina per se :) nie, dis net as sy so uit
twee monde nonsens praat en haarself nog weerspeek boonop (het Cyclops
twee monde gehad?) dan kan ek myself nie inhou nie!!! Die gedigte - dit
is tog van self sprekend toelaatbaar op 'n kultuur nuusgroep. Die laaang
pad - ja Alzheiemers is tragies :). Laastens - PC rassisme gee my 'n
moerse pyn!
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23318 is 'n antwoord op boodskap #23139] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin skryf:
> Voorts was my aanhalings historiese reisbeskrywings, en nie fiksie
> nie.

Korrek Ek kan eweneens aanhaal uit reisbeskrywings wat ewe of meer
onvleiend is teenoor die Khoi en San, maar soos jy tereg sê, die goed
moet binne historiese konteks gesien word, met in ag neming van die
skrywer se eie stereotipering.

Die vraag is of enige verwysing na iemand se voorsate enigsins 'n
verskil maak aan die persoon onder bespreking. As my voorsate baie vêr
terug Vikings was wat babas se koppe vergruis het, wat maak dit van my?
Geen blou duit verskil nie

> Waar dit jou suggestie aangaan dat ek rondloop met stukkies papier en
> "onvleiende aanhalings" - ek vind dit disrespekvol, kleinlik, en teleurstellend
> in die knie-ruk affektiewe partisynskap wat dit openbaar. Ek het nie
> ensiklopediese kennis nie, maar ek het 'n boekrak. Ek lees dan iets oor
> higiene, en herinner my aan iets wat ek daaroor gelees het. Ek gaan dan na my
> boekrak, vind dit, en plaas dit hier.

Ek glo jou. Baie ander sal nie.

> Waar
> dit my voorsate aangaan, het ek waardering vir die wonderlike konneksie wat die
> Khoi gehad het met die natuur, maar ek worstel ook met die teleurstelling in
> die manier waarop hulle byvoorbeeld toegelaat het dat hul taal en kultuur
> verswelg was in nederlandse assimilasie.

En as jy klaar geworstel het, gaan dit enige verskil aan Leswin maak?
Jy kan nie die tyd terugdraai nie, jy kan nie die invloede wat gegeld
het verander nie, jy kan nie pa staan vir jou voorsate se doen en late
nie. Oor 'n paar jaar sal ek en jy dit ook nie vir ons nageslag kan
doen nie. Carpe Diem.

Groete

Henri
Re: Die mooiste taal? [boodskap #23319 is 'n antwoord op boodskap #23139] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"PAT" wrote:
> Eerstens, weer eens is ALTYD twee woorde.
>
> Dan, die eenoog ou was Cyclops, hy het Herkules laat lesopsê.
>
> En laastens, ek wil nie altyd voorkom of ek vir Aunti G in die bresse tree
> nie, maar sy het haar plek verdien op hierdie nuusgroep. Sy kom al n laaang
> pad , haar Afrikaans is altyd suiwer,

Jammer om van jou te verskil, maar Gloudina se Afrikaanse is alles
behalwe suiwer. Inteendeel - dit is dikwels deursuur van Engelse idioom
en selfs Engelse woorde en uitdrukkings wat in 'n Afrikaanse borsrokkie
ingegeord is.

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Vorige onderwerp: Watergat!
Volgende onderwerp: Streeksaksente
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 13:38:43 MGT 2024