Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die vriendelike Afrikaner
Die vriendelike Afrikaner [boodskap #22992 is 'n antwoord op boodskap #22994] Ma, 17 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Neef  is tans af-lyn  Neef
Boodskappe: 20
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek sien 'n swaar toekoms vir Afrikanerdom as hierdie NG 'n voorbeeld is van
die gemiddelde Afrikaner!
Vir 'n paar dae het ek nou hierdie NG dopgehou, en die grootste gros
boodskappe is van ouens wat mekaar probeer kap en intellektueel
superieer wil voorkom.

Komaan, as iemand 'n onskuldige, vriendelike boodskap laat, aanvaar dit in
die gees waarmee dit bedoel is. (Ek wag in spanning vir die eerste een om
nou
bloed te trek uit hierdie boodskap.)

Groete
Neef
Re: Die vriendelike Afrikaner [boodskap #22993 is 'n antwoord op boodskap #22992] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Komaan, as iemand 'n onskuldige, vriendelike boodskap laat ...

Met "vriendelik" het ek geen probleem nie - maar wat bedoel jy met
"onskuldig" ?
As ek bv. sê : ek het orals vriendelike en gawe mense ontmoet en ek was al
in baie lande, en vir my maak dit nie saak nie watter kultuur, godsdienst,
ras hulle het nie, want dis die mens wat tel en nie soseer waar hy gebore
is - dan is hierdie boodskap vriendelijk, maar dalk sal dit nie deur almal
as onskuldig bevind word nie. Wel ?
Vriendelike groete.
Hilda.
--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: Die vriendelike Afrikaner [boodskap #22994 is 'n antwoord op boodskap #22992] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neef  is tans af-lyn  Neef
Boodskappe: 20
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Gervaas Hellin wrote in message ...
>> Komaan, as iemand 'n onskuldige, vriendelike boodskap laat ...
>
> Met "vriendelik" het ek geen probleem nie - maar wat bedoel jy met
> "onskuldig" ?
>
Ek trek "onskuldig" terug, want ek verstaan dat daar soveel opinies oor
onskuld is as wat daar mense is wat die boodskap lees.

Vriendelike groete
Neef
Re: Die vriendelike Afrikaner [boodskap #23061 is 'n antwoord op boodskap #22994] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Neef wrote in message ...
> Ek sien 'n swaar toekoms vir Afrikanerdom as hierdie NG 'n voorbeeld is van
> die gemiddelde Afrikaner!

Ek dink jy is baie na aan die kol.

> Vir 'n paar dae het ek nou hierdie NG dopgehou, en die grootste gros
> boodskappe is van ouens wat mekaar probeer kap en intellektueel
> superieer wil voorkom.

Wel ek hoop nie jy is een van die wat dit durf waag om deel te neem aan die
ng sonder jou handskoene nie. Dit is uiters onverantwoordelik! Die mense
wat tans aan die gesprekke deelneem is die lammetjies, daar is dus nog
genoeg tyd om handskoene aan te trek!

>
> Komaan, as iemand 'n onskuldige, vriendelike boodskap laat, aanvaar dit in
> die gees waarmee dit bedoel is. (Ek wag in spanning vir die eerste een om
> nou
> bloed te trek uit hierdie boodskap.)

Weens die aantal mense wat jou bloedbek slaan, elke keer as jy iets kwytraak
vind die meeste mense dit ietwat moeilik om deel te neem. Ek aanvaar jy is
hier om te bly?

Groete

Shannon
Re: Die vriendelike Afrikaner [boodskap #23126 is 'n antwoord op boodskap #22994] Vr, 21 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neef  is tans af-lyn  Neef
Boodskappe: 20
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Shannon wrote in message
...
> Weens die aantal mense wat jou bloedbek slaan, elke keer as jy iets kwytraak
> vind die meeste mense dit ietwat moeilik om deel te neem. Ek aanvaar jy is
> hier om te bly?
>
> Groete
>
> Shannon
>
>
>

Ek sal op 'n gereelde basis die NG deurlees, en ek sal ook nou en dan my
mondskerm insit en kommentaar waag

Groete

Neef
Re: Die vriendelike Afrikaner [boodskap #23153 is 'n antwoord op boodskap #22994] Sa, 22 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"Neef" wrote:
> Ek sien 'n swaar toekoms vir Afrikanerdom as hierdie NG 'n voorbeeld is van
> die gemiddelde Afrikaner!
> Vir 'n paar dae het ek nou hierdie NG dopgehou, en die grootste gros
> boodskappe is van ouens wat mekaar probeer kap en intellektueel
> superieer wil voorkom.

Welkom, my ou Neef!

Man, jy het al die pret gemis so 'n paar maande gelede! Toe het ek mos
op die ng ingeval (nogal in ENGELS! 'n Aartsonde hier!) en die mense
hier beskuldig van modder-gooiery en "petty-mindedness" en ek het
hardop gewonder waar die sogenaamde "culture" is wat in die ng se naam
genoem word. Grote Griet! Ek het nooit gedog ek sou dit oorleef nie!
Waar was jy toe? Ek het hulp erg nodig gehad. Gelukkig het die
dierbare Oom Hans my gehelp. Nou na 'n paar maande hier het ek maar
die onvermydelike aanvaar: kultuur beteken sulke verskillende dinge
vir so baie mense dat 'n mens maar die ou gekibbel moet laat
verbygaan. So af en toe maak iemand darem sin iewers. En ek het al
self soms verlore gevoel tussen al die sogenaamde geleerdes wat die
ander probeer beindruk met al hulle hoogse kennis - maar dan besef jy
geleidelik dat hulle eintlik die minste weet van die werklike
lewensondervindinge en hulle babbel maar uit onkunde. Hou nou maar die
reaksie dop, ou vriend, hulle sal sekerlik verklap wie hulle is.

Paradysgroete
Royleen

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: Die vriendelike Afrikaner [boodskap #23203 is 'n antwoord op boodskap #22994] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Neef skryf in boodskap news:7ib1ss$elb$1@hermes.is.co.za...
>
> Ongelukkig is die betekenis van 'kultuur' vir sommige daardie ding
> wat op een of ander manier in die yskas ontstaan het.
> Wat partykeer hier op die NG kop uitsteek blyk vir my van hierdie
> tipe kultuur te wees, of hoe?
>
> Groete
>
> Neef
>
Netso: Koud, NAT en suur, meestal wit. Partykeer grillerig ook.
Re: Die vriendelike Afrikaner [boodskap #23204 is 'n antwoord op boodskap #22994] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Neef  is tans af-lyn  Neef
Boodskappe: 20
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
roy...@my-dejanews.com wrote in message ...

> ... Nou na 'n paar maande hier het ek maar
> die onvermydelike aanvaar: kultuur beteken sulke verskillende dinge
> vir so baie mense dat 'n mens maar die ou gekibbel moet laat
> verbygaan. So af en toe maak iemand darem sin iewers. ...


Ongelukkig is die betekenis van 'kultuur' vir sommige daardie ding
wat op een of ander manier in die yskas ontstaan het.
Wat partykeer hier op die NG kop uitsteek blyk vir my van hierdie
tipe kultuur te wees, of hoe?

Groete

Neef
Vorige onderwerp: "Reisiger" deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: Stellenbosch
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 02:53:22 MGT 2024