'n Voorstel...ignoreer die pes [boodskap #23150] |
Sat, 22 May 1999 00:00 |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie squirrel mannetjie raak nou regtig irriterend.
Ek stem nie saam met die idee van "sensuur" nie, maar ek dink die maklikste
manier van "stem" is met die sleutelbord. IGNOREER DIE PES SE POSTE. Moenie
ooit daarop reageer nie, al is die versoeking groot. Hy sal op 'n stadium
die boodskap kry. (Ek vermoed dit mag egter 'n bietjie tyd neem.)
Redes:
1. Die ou kan afrikaans praat, en weier. (Hoewel ek nie so "ideologies"
sterk voel oor die saak soos andere nie, is die doel van die groep tog
sekerlik om afrikaans te skryf en lees.)
2. Sy engels is in elk geval ook niks vir die brein nie. (Inteendeel, dit is
daardie afgryslike vrot engels wat in areas soos Natal deur sekere mense
gepraat word.)
3. Ongeag van die taal wat hy gebruik, skryf hy meestal nonsens.
4. Verder is dit gewoonlik vieslik of rassisties.
5. Dit is ook amper altyd afbrekend, veral tenoor afrikaans en afrikaners.
Ek kan aanhou... maar ek dink 'n vieslike, rassistiese, skynbaar nie baie
intellegente, klein pes wat afrikaans en afrikaners anhoudend beledig in
swak engels op 'n afrikaanse nuusgroep verdien om geignoreer te word.
Dag.
Bees
|
|
|
|
Re: 'n Voorstel...ignoreer die pes [boodskap #23174 is 'n antwoord op boodskap #23150] |
Sun, 23 May 1999 00:00 |
crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees skryf in boodskap news:eX221pFp#GA.51@cpmsnbbsa03...
> Hierdie squirrel mannetjie raak nou regtig irriterend.
>
> Ek stem nie saam met die idee van "sensuur" nie, maar ek dink die maklikste
> manier van "stem" is met die sleutelbord. IGNOREER DIE PES SE POSTE. Moenie
> ooit daarop reageer nie, al is die versoeking groot. Hy sal op 'n stadium
> die boodskap kry. (Ek vermoed dit mag egter 'n bietjie tyd neem.)
>
Ek dink die meeste deelnemers op hierdie ng het hom al lankal in hul
'killfiles' en word dus glad nie meer gepla nie. Daar is ook ander
hier wat sal raas en blaas, maar nie daad by woord sal voeg en hom
ignoreer nie.
> (Inteendeel, dit is daardie afgryslike vrot engels wat in areas soos Natal deur sekere mense
> gepraat word.)
Vertel meer asb., ek het nog nooit hiervan gehoor nie. Ek't gedog ons
praat mooi Engels.
Dink jy daar sal enige kapsie wees as ek hierdie stelling herskryf na
'.......daardie afgryslike vrot afrikaans wat in areas soos Die Kaap
deur sekere mense gepraat word...' ?.
|
|
|
Re: 'n Voorstel...ignoreer die pes [boodskap #23176 is 'n antwoord op boodskap #23150] |
Sun, 23 May 1999 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"nomad" writes: >
> Ek dink die meeste deelnemers op hierdie ng het hom al lankal in hul
> 'killfiles' en word dus glad nie meer gepla nie. Daar is ook ander
> hier wat sal raas en blaas, maar nie daad by woord sal voeg en hom
> ignoreer nie.
Wel. tot tyd en wyl mense ophou om vir
hom, in Engels, terug te antwoord op
hierdie Afrikaanse nuusgroep, sal ek
raas en blaas, om mense se aandag daarop
te vestig dat hy Afrikaans-sprekend is,
so verklaar hy, en dat hy net siek aandag
wil trek. As ek geen antwoord op sy geskrifte
sien op die nuusgroep nie, sal ek ook ophou.
Minnehaha, wie se naam dieselfde wortel
het as Minneapolis en Minnesota.
|
|
|
Re: 'n Voorstel...ignoreer die pes [boodskap #23177 is 'n antwoord op boodskap #23150] |
Sun, 23 May 1999 00:00 |
kleintjie
Boodskappe: 5 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dankie Bees,
beter kan dit nie gestel word nie en my hart is nou rustig.
Bees wrote in message ...
> Hierdie squirrel mannetjie raak nou regtig irriterend.
>
> Ek stem nie saam met die idee van "sensuur" nie, maar ek dink die maklikste
> manier van "stem" is met die sleutelbord. IGNOREER DIE PES SE POSTE. Moenie
> ooit daarop reageer nie, al is die versoeking groot. Hy sal op 'n stadium
> die boodskap kry. (Ek vermoed dit mag egter 'n bietjie tyd neem.)
>
> Redes:
>
> 1. Die ou kan afrikaans praat, en weier. (Hoewel ek nie so "ideologies"
> sterk voel oor die saak soos andere nie, is die doel van die groep tog
> sekerlik om afrikaans te skryf en lees.)
>
> 2. Sy engels is in elk geval ook niks vir die brein nie. (Inteendeel, dit is
> daardie afgryslike vrot engels wat in areas soos Natal deur sekere mense
> gepraat word.)
>
> 3. Ongeag van die taal wat hy gebruik, skryf hy meestal nonsens.
>
> 4. Verder is dit gewoonlik vieslik of rassisties.
>
> 5. Dit is ook amper altyd afbrekend, veral tenoor afrikaans en afrikaners.
>
> Ek kan aanhou... maar ek dink 'n vieslike, rassistiese, skynbaar nie baie
> intellegente, klein pes wat afrikaans en afrikaners anhoudend beledig in
> swak engels op 'n afrikaanse nuusgroep verdien om geignoreer te word.
>
> Dag.
>
> Bees
>
|
|
|