Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar?
SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22854 is 'n antwoord op boodskap #22857] |
Tue, 11 May 1999 00:00  |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Haai almal
Ek het vandag 'n skokkende berrig gekry, en ek wil net hoor of dit nou
al weer 'n netrumour is of waar...
Ek verneem dat die ANC dit nou blykbaar een van hul verkiesingsstellings
gemaak het dat hulle dit wil deurvoer dat "blanke Suid-Afrikaners" wat
langer as drie jaar in die buiteland is outomaties hul burgerskap
verloor.
Ek is seker dat so 'n skreiende situasie wel in die pers daar sal tereg
kom, so laat maar weet.
-Gideon-
--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22893 is 'n antwoord op boodskap #22857] |
Fri, 14 May 1999 00:00   |
Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 11 May 1999 16:26:00 GMT, gide...@usa.net wrote:
> Haai almal
>
> Ek het vandag 'n skokkende berrig gekry, en ek wil net hoor of dit nou
> al weer 'n netrumour is of waar...
So jammer ne..
>
> Ek verneem dat die ANC dit nou blykbaar een van hul verkiesingsstellings
> gemaak het dat hulle dit wil deurvoer dat "blanke Suid-Afrikaners" wat
> langer as drie jaar in die buiteland is outomaties hul burgerskap
> verloor.
Reg...
Die eerste vraag is wat soek jy in die Buiteland..
As jy gevlug het vir misdaad, geweld, ens. BLY dan daar.. Jy word nie
weer hier gesoek nie, want jy is `n swakkeling en `n verloorder.
As jy om enige ander rede gegaan het, studies, kontrak werk, ens.
wel jou burgerskap en stem betekin nou in elk gevan niks vir Suid
Afrika nie, so hoekom skrik.
Harde waarheid my maat...
Groete
Frikkie
|
|
|
|
|
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22914 is 'n antwoord op boodskap #22857] |
Sat, 15 May 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
roy...@my-dejanews.com writes:
> "Gervaas Hellin" wrote:
>
>> En ek verstaan dat dit vreeslik moet wees as jy besef dat jy dalk jou
>> nasionaliteit kan verloor - dis asof jy deel van jou identiteit verloor.
>> Groete.
>> Hilda.
>
> Maar ek glo nie dat mens ooit jou nasionaliteit kan verloor nie.
"Burgerskap" is 'n wetlike term. Dis
dit wat jy het van 'n land waar jy as
"burger" geregistreer is, die voordele
as burger van daardie land kan geniet,
en die verpligtinge moet nakom wat van
jou as burger van daardie land vereis
word (byvoorbeeld belasting betaal,
wette gehoorsaam, ens.) Mense in hierdie
bespreking verwar soms die woorde
burgerskap en nasionaliteit (wat wyer
konnotasies as net "burgerskap" het.)
Wanneer Mr. Le Riche met bitterheid
praat, vermoed ek die volgende, omdat
ek baie Le Riches geken het wat in
die voormalige Suidwes-Afrika (nou
Namibia) gewoon het. Toe Namibia
'n onafhanklike staat geword het
(in plaas van onder die mandaat van
SA te wees - daar geplaas na die
Eerste Wereld-Oorlog) het baie mense
wat SA burgers was, seker skielik
Namibiese burgers geword. Vir die
oorgrote meerderheid van mense het
dit seker nie saak gemaak nie. Maar
as mense nou teen die hele proses
van Namibiese onafhanklikheid was,
dan was dit nog een meer ding om oor
te kla - dat hulle nou hulle SA
burgerskap verloor het.
Ek mag natuurlik verkeerd wees, en
dat Mr. Le Riche iets anders bedoel
het. Maar ek weet dat baie Le Riches
wat eers met SA paspoorte rondgeloop
het, nou met Namibiese paspoorte moet
rondgaan. Dit was vir my ook interessant
dat my seun, 'n Kanadese burger, 'n
visa moes kry om Namibia binne te gaan,
selfs op 'n kanoe-oortog van die Oranje.
Hy was op 'n studente-visa in SA. Gewone
toeriste van binne die Commonwealth
hoef nie SA visas te kry om SA binne te
gaan nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22979 is 'n antwoord op boodskap #22857] |
Mon, 17 May 1999 00:00   |
daniel[2]
Boodskappe: 31 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Frikkie Potgieter wrote in message ...
> On Tue, 11 May 1999 16:26:00 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
>> Haai almal
>>> Reg...
> Die eerste vraag is wat soek jy in die Buiteland..
> As jy gevlug het vir misdaad, geweld, ens. BLY dan daar.. Jy word nie
> weer hier gesoek nie, want jy is `n swakkeling en `n verloorder.
> As jy om enige ander rede gegaan het, studies, kontrak werk, ens.
> wel jou burgerskap en stem betekin nou in elk gevan niks vir Suid ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> Afrika nie, so hoekom skrik.
>
> Harde waarheid my maat...
> Groete
> Frikkie
>
En jy dink jou stem beteken iets?
Nog 'n harder waarheid
|
|
|
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22980 is 'n antwoord op boodskap #22857] |
Mon, 17 May 1999 00:00   |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message
...
> "Burgerskap" is 'n wetlike term. Dis
> dit wat jy het van 'n land waar jy as
> "burger" geregistreer is, die voordele
> as burger van daardie land kan geniet,
> en die verpligtinge moet nakom wat van
> jou as burger van daardie land vereis
> word (byvoorbeeld belasting betaal,
> wette gehoorsaam, ens.) Mense in hierdie
> bespreking verwar soms die woorde
> burgerskap en nasionaliteit (wat wyer
> konnotasies as net "burgerskap" het.)
Nee, Gloudina, nou praat jy sommer 'n klomp twak.
Burgerskap en nasionaliteit is dieselfde ding.
En die verpligting om belasting te betaal en om 'n land se wette
te gehoorsaam het niks met 'n mens se burgerskap of nasionaliteit
uit te waai nie.
Het julle daar in Kanada, bo en behalwe burgerskap (of
nasionaliteit), nie ook nog te doen met getrouheid aan die Britse
Kroon nie? Dis nou weer vir jou 'n ander ding! Raak jy nie dalk
daarmee in die war nie?
Om terug te kom op die ding wat Gideon so bekommer: In lande wat
as beskaafde lande wil deurgaan kan 'n burokraat jou nie sommer
willekeurig, met 'n pennestreek (soos iemand anders onlangs hier
beweer het), van jou burgerskap ontneem nie. Selfs burokrate
moet hulleself by die wette van die land hou. Dalk moet Gideon
begin daarmee om die Suid-Afrikaanse grondwet te lees. Daar
staan dit kort en kragtig:
"Geen burger mag burgerskap ontneem word nie." (Art 20)
En ook:
"Elke burger het die reg om die Republiek binne te kom, daarin
aan te bly, en op enige plek daarin verblyf te neem." (Art 21.3)
As jy nie 'n S.A. burger is nie en die land vir 'n lang tyd
verlaat, of as jy vrywillig die burgerskap van 'n ander land
opneem, dan kan jy natuurlik probleme optel.
Die grondwet kan natuurlik gewysig word (met 'n twee-derde
meerderheid). Maar as daar dan aan hierdie bepalings oor
burgerskap getorring sou word dan loop die land die risiko om gou
weer 'n muishond onder die nasies te word. Ek verwys hier na die
bepalings van die VVO se Universal Declaration of Human Rights:
"No one shall be arbitrarily deprived of his nationality nor
denied the right to change his nationality." (Art 15.2)
en
"Everyone has the right to leave any country, including his own,
and to return to his country." (Art 13.2)
Hierdie Universal Declaration is natuurlik nie die wet van die
land nie, maar dit geld as't ware as 'n "gentleman's agreement"
tussen state, insluitende Suid-Afrika.
My raad aan Gideon is: Moenie worry nie, en pluk die dag terwyl
jy die kans kry daar in Nedeland.
> Wanneer Mr. Le Riche met bitterheid
> praat, vermoed ek die volgende, omdat
> ek baie Le Riches geken het wat in
> die voormalige Suidwes-Afrika (nou
> Namibia) gewoon het. Toe Namibia
> 'n onafhanklike staat geword het
> (in plaas van onder die mandaat van
> SA te wees - daar geplaas na die
> Eerste Wereld-Oorlog) het baie mense
> wat SA burgers was, seker skielik
> Namibiese burgers geword. Vir die
> oorgrote meerderheid van mense het
> dit seker nie saak gemaak nie. Maar
> as mense nou teen die hele proses
> van Namibiese onafhanklikheid was,
> dan was dit nog een meer ding om oor
> te kla - dat hulle nou hulle SA
> burgerskap verloor het.
Van Namibië en burgerskap gepraat: Die posisie daar, na die
Eerste Wêreld-oorlog, was dat Suid-Afrika 'n wet gepasseer het
ingevolge waarvan "vyandsonderdane" 'n 6-maande tydperk gegee is
om 'n verklaring te onderteken dat hulle nie genaturaliseer wil
word nie. Iemand wat nie die verklaring onderteken het nie het
outomaties 'n "Britse onderdaan" geword. Alhoewel dié wat nie
geteken het nie toe deur Suid-Afrika as Britse onderdane beskou
is is hulle nie deur Brittanje as Britse onderdane erken nie.
Duitsland het hierdie "naturalisasie by verstek" ook nie erken
nie, en volgens Duitsland het hulle dus Duitse burgers gebly.
Gedurende die Tweede Wêreld-oorlog (nou was daar natuurlik
probleme met verdeelde lojaliteite) is die massa-naturalisasie
weer ongedaan gemaak en het al die genaturaliseerdes skielik weer
"vreemdelinge" geword, met uitsondering van diegene wat as
vrywilligers in die Unie-verdedigingsmag gedien het! Weet iemand
van 'n groter deurmekaarspul?
Swart Simon
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23018 is 'n antwoord op boodskap #22857] |
Tue, 18 May 1999 00:00   |
Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In skrywe het gervaas...@ping.be
die volgende te sê gehad ...
> Wat het jou dan oorkom ? Het jy jou burgerskap verloor ?
> Ek's 'n Belg en my ouers is in 1952 Kongo toe. My kinders is daar gebore en
> ek het daar gebly tot in 1991 toe ons 'n soort revolusie geken het en alles
> geplunder is. Toe kom Belgiese en Franse soldate om ons uit die land weg te
> vat. Vir die Belge het België die reis "vaderland" toe betaal. Dus, na amper
> 40 jaar en sonder dat ek ooit een frank (Belgiese munt) belastings betaal
> het in België, was ek nog steeds "Belg" genoeg vir die land om my te kom
> haal ... 8000 kilos van die land af !
> 'n Mens het regte in sy offisiële land en ek kan nie sien hoe jou
> nasionaliteit van jou kan weggeneem word nie. Behalwe natuurlik as jy twee
> het, dan kan een daarvan geweier word. Belge het , in prinsipe, nie die reg
> om twee nasionaliteite te hê nie.
> Dalk is ons bevoorreg ?
> Ek's nuuskierig vir jou antwoord.
Ek praat nie van die burgerskap van die hart nie, maar wel van die
burgerskap wat net op papier bestaan, maar nogtans die mag het om jou
lewe te bedonder.
Ek is 'n Namibiër by geboorte. Voor onafhanklikheid was ons almal Suid-
Afrikaanse burgers. Na onafhanklikheid het ek aansoek gedoen om Namibiese
burgerskap. Reelmatig verlore vorms, heraansoeke, dae se gestaan in toue
en drie jaar later word ek gedeporteer. Na Suid-Afrika, want ek is dan 'n
Suid-Afrikaner (sê hulle). Nee, die Suid-Afrikaanse regering het niemand
gestuur om my te kom help nie, inteendeel, hulle wou my summier
terugstuur, want hulle was baie oortuig ek is juis *nie* 'n Suid-
Afrikaner nie. Lang storie volg, maar vandag sit ek amptelik met Suid-
Afrikaanse burgerskap; ek moet immers werk. Stel jou die absurde
belediging daarvan voor: ek moes die Namibiese burgerskap (wat ek nooit
op papier gehad het nie, maar vandag nog in die hart het) afsweer voordat
ek mag aansoek doen vir Suid-Afrikaanse burgerskap (wat ek volgens
Namibië deurgaans gehad het).
Dis nou maar net ek. My kind se geboortesertifikaat sê hy is in Windhoek
gebore en daar geregistreer, maar die afskrif wat ek het is die enigste
een wat klaarblyklik bestaan. Dit was voor onafhanklikheid. Die
registrasie moes na Pretoria gestuur gewees het, maar hulle het dit nie.
Terselfdertyd is ook geen rekord daarvan in Windhoek nie. Altwee lande
trek hulle skouers op. Effektief bestaan die kind nie. Oor 6 jaar gaan hy
'n ID-dokument begin nodigkry. Prettige gedagte.
Ons gevalle is nie geïsoleer nie. Verstaan jy nou waarom ek papier-
burgerskap nie beskou as iets onaantasbaar nie, maar eerder as
ondergeskik aan die individuele giere van klein burokraatjies ?
___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23110 is 'n antwoord op boodskap #22857] |
Fri, 21 May 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Simon van der Schans wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>>
>> Simon van der Schans wrote in message
>> ...
>
>
>>> Selfs burokrate
>>> moet hulleself by die wette van die land hou.
>
>> Burokrate kan doen wat hulle wil - totdat die burgers hulle teengaan en die
>> aandag van 'n hof daarop vestig.
>
>
> Q.E.D. Wat wil jy nog meer?
>
> Swart Simon
Die geld om die hofkoste te betaal.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:52:46 UTC 2025
|