Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stellenbosch
Stellenbosch [boodskap #22879] Do, 13 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek luister die ander aand na 'n CD van Valiant Swart ("Kopskoot") met 'n
paar verwysing na Stellenbosch, soos "...sy drink haar bier in die Akker..."
Hoe gaan dit daar?

Die Dros, het die Lanzerac nog 'n "cheeselunch"? Gaan die boys (en girls!)
nog Koelbaai toe?

Wonder maar net.

Bees
Re: Stellenbosch [boodskap #22898 is 'n antwoord op boodskap #22879] Vr, 14 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 13 May 1999 23:42:20 -0600, "Bees" wrote:

> Ek luister die ander aand na 'n CD van Valiant Swart ("Kopskoot") met 'n
> paar verwysing na Stellenbosch, soos "...sy drink haar bier in die Akker..."
> Hoe gaan dit daar?
>
> Die Dros, het die Lanzerac nog 'n "cheeselunch"? Gaan die boys (en girls!)
> nog Koelbaai toe?
>

"Die Dros" is nou 'n franchise, en opgedollie maar nog op die ou plek
(helaas, verander in 'n "mall"). Lanzerac behoort glo aan die Wieses,
en die cheese lunch kos deesdae 'n arm en 'n been. Soos ek op die
radionuus verneem, het die drinkplekke op die bos ook deesdae las van
ouens wat "date rape" dwelms in die meisjes se drank gooi. (Dis of
dit, of die meisies ly maar eenvoudig aan die newe-effekte van die
voggies.) En Koe�lbaai is nou 'n erkende spot en dra swaar skares
op mooi dae.
Re: Stellenbosch [boodskap #22918 is 'n antwoord op boodskap #22879] Sa, 15 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:7higrr$2jl$1@nnrp1.deja.com...
>
> Die studente van vandag mis seker baie dinge wat hulle nie meer in
> vandag se wereld kan doen nie. Ek voel jammer vir hulle - die
> studentepret is een van die hoogtepunte in 'n mens se lewe.
>
> Groete
> Royleen
>
Moenie jammer voel vir hulle nie - akademie is nog steeds nie 'n
prioriteit nie - voel jammer vir ons (die ouers) wat die pot aan die
kook hou terwyl hulle 'jol'. Die een van my (en sy pêlle) het def.
geen tekort aan pret nie, gewoonlik net aan geld.

Miskien sal Charl Marais (ek sien dat hy vanaf U. Stell pos) vir ons
kan sê of die studente met lang gesigte rondloop................ 8>)

BTW Royleen, hierdie ng het wondere verrig vir jou Afrikaans.....!
Re: Stellenbosch [boodskap #22919 is 'n antwoord op boodskap #22879] Sa, 15 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
nos...@please.net (Fook) wrote:
> On Thu, 13 May 1999 23:42:20 -0600, "Bees" wrote:

> Lanzerac behoort glo aan die Wieses,
> en die cheese lunch kos deesdae 'n arm en 'n been. Soos ek op die
> radionuus verneem, het die drinkplekke op die bos ook deesdae las van
> ouens wat "date rape" dwelms in die meisjes se drank gooi. (Dis of
> dit, of die meisies ly maar eenvoudig aan die newe-effekte van die
> voggies.)

Jinne, al die gepraat oor Stellenbosch neem my nou terug na amper
vergete dae... En vul my met nostalgie. Ek wonder of die ouens van
Wilgenhof nog steeds so beledig voel as mens verbyhardloop
en "Bekfluitjie!" skree... Hulle het ons een aand gevang en 'n
behoorlike waterbad gegee en gevangene gehou vir 'n paar uur. En ek
wonder of mens nog die Karnaval so veilig en uitgelate kan geniet...
ons het darem een jaar die "Boat Race" gewen! En dit in 'n koshuis wat
veronderstel was om baie "koekerig" te wees. En 'n mens kan seker nie
meer rondom middernag in die state rondloop om te gaan "serenade" nie.
En hou hulle nog sokkiejolle?

Die studente van vandag mis seker baie dinge wat hulle nie meer in
vandag se wereld kan doen nie. Ek voel jammer vir hulle - die
studentepret is een van die hoogtepunte in 'n mens se lewe.

Groete
Royleen

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: Stellenbosch [boodskap #22946 is 'n antwoord op boodskap #22879] So, 16 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Marais  is tans af-lyn  Charl Marais
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
>> Die studente van vandag mis seker baie dinge wat hulle nie meer in
>> vandag se wereld kan doen nie. Ek voel jammer vir hulle - die
>> studentepret is een van die hoogtepunte in 'n mens se lewe.

Jammer voel ?? Vir wat ? Wat mis ons nogal ??

> Moenie jammer voel vir hulle nie - akademie is nog steeds nie 'n
> prioriteit nie

Vir die meeste studente nie, ja...

> - voel jammer vir ons (die ouers) wat die pot aan die
> kook hou terwyl hulle 'jol'. Die een van my (en sy pêlle) het def.
> geen tekort aan pret nie, gewoonlik net aan geld.

Maar deesdae is daar studente wat darem BAIE geld het,
meestal vir die image, met besittings soos selfone o.a.

> Miskien sal Charl Marais (ek sien dat hy vanaf U. Stell pos) vir ons
> kan sê of die studente met lang gesigte rondloop................)

glad nie, dis bly nog steeds 'n lekker plek met so baie om te doen,
maar dis my 7de jaar hier, so ek is nou redelik gatvol van in Pa se gesig
kyk vir geld ens.
en Pa dra swaar, want hy't 3 spruite om te onderhou hier...
Re: Stellenbosch [boodskap #23195 is 'n antwoord op boodskap #22879] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nee, jammer.

Na-graads, buitestudent in 87/88.

Groete

Bees (een van 'n hele paar)

M_Mouse skryf in boodskap news:240519991636575197%nowhere@somewhere.com...
> In article , Bees wrote:
>
>> Ek luister die ander aand na 'n CD van Valiant Swart ("Kopskoot") met 'n
>> paar verwysing na Stellenbosch, soos "...sy drink haar bier in die Akker..."
>> Hoe gaan dit daar?
>>
>> Die Dros, het die Lanzerac nog 'n "cheeselunch"? Gaan die boys (en girls!)
>> nog Koelbaai toe?
>>
>> Wonder maar net.
>>
>> Bees
>
>
> Bees!
>
> Wil net gou vir jou vra. Was jy dalk in Paul Roos gewees?
Re: Stellenbosch [boodskap #23196 is 'n antwoord op boodskap #22879] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
M_Mouse  is tans af-lyn  M_Mouse
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article , Bees wrote:

> Ek luister die ander aand na 'n CD van Valiant Swart ("Kopskoot") met 'n
> paar verwysing na Stellenbosch, soos "...sy drink haar bier in die Akker..."
> Hoe gaan dit daar?
>
> Die Dros, het die Lanzerac nog 'n "cheeselunch"? Gaan die boys (en girls!)
> nog Koelbaai toe?
>
> Wonder maar net.
>
> Bees

Bees!

Wil net gou vir jou vra. Was jy dalk in Paul Roos gewees?
Vorige onderwerp: Die vriendelike Afrikaner
Volgende onderwerp: Just a few ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:57:36 MGT 2024