Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Voorspel" deur MARLISE JOUBERT
"Voorspel" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #22821] Sa, 08 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Voorspel
Marlise Joubert

Terwyl die jaar dof begin
en dagbreek grys oor dakke sleep

terwyl die see haar silwer heupe skud
geboortes gee en sterf

terwyl my vriende uit 'n vormlose nag
sirkels lag en hoeke huil
soos bekke van diere die pyn oopruk
en die lieflike flanke
van somer afskeur

terwyl die snawels van voëls
los reis en wit

is my dag pasgebore
en gewier in sand
my bruin begin warm en nakend
my mond wat bloei donker see-anemoon

terwyl die mossels ewig slaap
met swart boggels teen die son
gekeer
Vorige onderwerp: Re: Boodskap aan Bees
Volgende onderwerp: Oop voordeur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 22:11:16 MGT 2024