Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n "True Aussie"
'n "True Aussie" [boodskap #22755 is 'n antwoord op boodskap #22757] Di, 04 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
wrote:
> "Daniel" writes:

> In alle geval, die "true Aussie"
> is ook maar, dink ek, 'n stereotiep.
> Alle Australiers wat ek nog ontmoet
> het, het nie soos "true Aussies"
> opgetree nie. Ek dink nie daar is
> so 'n ding soos 'n "true Aussie"
> nie, >
> Gloudina.

Hmm, daar moet ek met jou saamstem. Die beeld wat in boeke, films of TV
opgedis word van die ware Aussie van die "outback", bestaan meestal ongelukkig
net in mense se verbeeldings. Ek het self daarvoor geval en toe ek van die
vliegtuig afklim, soek ek desperaat vir die Aussie met die Akubra en krokodil
oor sy arm. Ongelukkig vind ek toe net duisende ander mense soos ek... 'n
Bietjie van 'n teleurstelling, totdat ek die regte Aussies (wit, swart of
pienk) - die wat hier gebore is en al vir geslagte hier woon - ontmoet het.
Doodgewone mense, met oop harte, oop oe en oop gemoedere; 'n sin vir humor en
die vermoe om vir hulself te lag; 'n eerlikheid wat hulle maklik laat erken as
hulle 'n fout gemaak het en wat gou vir jou sal vertel wat hulle van jou dink;
en bo alles, mense wat baie lief vir hul eie land is en vreeslik patrioties
bly, maak nie saak of hulle in Australie woon of orals oor die wereld
rondgereis het en moontlik deur omstandighede (of praktiese keuse) iewers
anders woon nie.

Kan jy net vir my se wat jy bedoel met die sin dat alle Australiers wat jy
ontmoet het, nie soos "true Aussies" opgetree het nie? En hoe het jy verwag
hulle moet optree?

Groete uit my Paradys
Royleen

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22756 is 'n antwoord op boodskap #22755] Di, 04 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-dejanews.com writes:

> Kan jy net vir my se wat jy bedoel met die sin dat alle Australiers wat jy
> ontmoet het, nie soos "true Aussies" opgetree het nie? En hoe het jy verwag
> hulle moet optree?
>
> Groete uit my Paradys
> Royleen

Nee, ek het maar net verklaar dat geen
Australiers wat ek al ontmoet het, inpas
in die stereotiepe Australier wat jy ook
daar beskrywe het nie. Meeste van hulle
praat nie eens met 'n merkbare Australiese
aksent nie. En mens neem aan dat mense
wat uit verskillende dele van Australia
kom, ook maar verskillend is. Ek het een
geken wat uit Tasmania was, vreeslik
snobbish omdat sy pa iets in die regering
daar was op 'n tyd, maar gedurig ook
vreeslik met 'n gevoel van minderwaardigheid
oor iets (hy is uiteindelik van sy Kanadese
vrou geskei.) 'n Ander, 'n Jood van Sydney,
was 'n vreeslike womanizer. Sy vrou het hom
ook vroeg verlaat. Moet ek hierdeur tot
die konklusie kom dat Australiese mans hulle
vrouens vroeg sat vir hulle maak? Ek hoop
nie so nie.

Ek wag nog om te verneem hoekom jy alle
New Zealanders deur die bank haat.

Gloudina
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22757 is 'n antwoord op boodskap #22755] Di, 04 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Party Aussies se aksente is darem lelik vir my, die een vriendin het bv.
nie fifteen gesê nie, maar "fieftaain", en my ore wou-wou toeklap by tye.
Ek hoor ook dat buitelanders dink die Johannesburg "eksint" is nie so hot
nie, (aai pok my cah on the rrrrroad sed the oke) mens se oor raak later
gewoond aan alles :-))

Pat

roy...@my-dejanews.com wrote in article
...
> In article ,
> wrote:
>> "Daniel" writes:
>
>> In alle geval, die "true Aussie"
>> is ook maar, dink ek, 'n stereotiep.
>> Alle Australiers wat ek nog ontmoet
>> het, het nie soos "true Aussies"
>> opgetree nie. Ek dink nie daar is
>> so 'n ding soos 'n "true Aussie"
>> nie, >
>> Gloudina.
>
> Hmm, daar moet ek met jou saamstem. Die beeld wat in boeke, films of TV
> opgedis word van die ware Aussie van die "outback", bestaan meestal ongelukkig
> net in mense se verbeeldings. Ek het self daarvoor geval en toe ek van die
> vliegtuig afklim, soek ek desperaat vir die Aussie met die Akubra en krokodil
> oor sy arm. Ongelukkig vind ek toe net duisende ander mense soos ek... 'n
> Bietjie van 'n teleurstelling, totdat ek die regte Aussies (wit, swart of
> pienk) - die wat hier gebore is en al vir geslagte hier woon - ontmoet het.
> Doodgewone mense, met oop harte, oop oe en oop gemoedere; 'n sin vir humor en
> die vermoe om vir hulself te lag; 'n eerlikheid wat hulle maklik laat erken as
> hulle 'n fout gemaak het en wat gou vir jou sal vertel wat hulle van jou dink;
> en bo alles, mense wat baie lief vir hul eie land is en vreeslik patrioties
> bly, maak nie saak of hulle in Australie woon of orals oor die wereld
> rondgereis het en moontlik deur omstandighede (of praktiese keuse) iewers
> anders woon nie.
>
> Kan jy net vir my se wat jy bedoel met die sin dat alle Australiers wat jy
> ontmoet het, nie soos "true Aussies" opgetree het nie? En hoe het jy verwag
> hulle moet optree?
>
> Groete uit my Paradys
> Royleen
>
> -----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
> http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

>
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22767 is 'n antwoord op boodskap #22757] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Royleen, ek wil ook maar gou my tuppence ingooi met betrekking tot beide
die Aussies en Kiwis. En dis my persoonlike gevoellens, en ek mag heel
verkeerd wees.

Ek het vir n hele lang ruk in die Ooste gewoon, en was omring deur mense
van Oz en NZ en het hulle redelik goed geleer ken (dink ek).

Daar was n tyd, toe Suid-Afrika onder die wêreld se vergrootglas was
tydens die boikot jare van isolasie. Beide Australie en New Zealand het
toe hoog gery op die boikot omdat hulle landbougoedere toe voorkeur gekry
het in die Noordelike lande tydens die seisoenverskille. Hulle het harder
geskreeu as ander lande dat Suid-Afrika geboikot moet word, want hulle
produkte was eens op n keer inferior teenoor ons produkte. Dit was die dae
toe die KWV wyn nog na iets gesmaak het, en toe ons appels en ywe gesog was
in die (veral) Europese markte. Ons produkte was vir hulle n bedreiging,
en die boikot het hulle baie gehelp.

Daardie dae is nou verby, en die speelvelde is gelyk, en hulle het ons (of
hulle, hang af waar jy bly) nou verby gesteek met kwaliteit en gehalte.

Met al hulle foute vind ek nog die Amerikaners meer aanvaarbaar, en ek vind
hulle minder arrogant en kultuurloos. Ek sal eers n draai in Oz moet gooi
en nie op hoorsê moet leef voordat my opninies (en ander wat soos ek dink)
sal verander nie.

Pat

@my-dejanews.com wrote in article ...
> In article ,
> wrote:
>
> Moet ek hierdeur tot
>> die konklusie kom dat Australiese mans hulle
>> vrouens vroeg sat vir hulle maak? Ek hoop
>> nie so nie.
>>
>> Ek wag nog om te verneem hoekom jy alle
>> New Zealanders deur die bank haat.
>>
>> Gloudina
>
> Nee wat, Aussie mans is seker maar soos alle mans: dryf jou teen die muur op
> totdat jy nie meer reguit kan dink nie. En sommige vrouens kies dan maar die
> kortpad uit. Al die getroudes wat ons ontmoet, is al vir jare bymekaar.
> Seker maar soos orals: egskeidings is volop, veral onder die beroemdes wat
> net so 3 jaar kan uithou voordat hulle groener weiding soek. Natuurlik
> "toetsry" die jongeres ook goed voordat hulle die een kies wat hulle hoop 'n
> leeftyd sal hou. Nie dat dit help met die egskeidingsyfer nie. Dit help baie
> as mens trou wanneer jy 29 is (die uwe), dan het jy darem al 'n halwe brein
> ontwikkel en kan 'n beter keuse maak - hoeka my tiende herdenking op "May
> Day" gevier, en nog steeds doodverlief.
>
> Ek is besig met 'n groot selfondersoek hier om ons ondervinding in NZ in
> perspektief te probeer plaas - ek kom nou tot die besef dat ons heeltemal te
> sensitief was en alles te persoonlik opgeneem het. Dit was kort na ons SA
> verlaat het dat ons daarheen verplaas is (na 'n kort 9 maande in Melbourne) -
>
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22768 is 'n antwoord op boodskap #22757] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"PAT" wrote:
> Party Aussies se aksente is darem lelik vir my, die een vriendin het bv.
> nie fifteen gesê nie, maar "fieftaain", en my ore wou-wou toeklap by tye.
> Ek hoor ook dat buitelanders dink die Johannesburg "eksint" is nie so hot
> nie, (aai pok my cah on the rrrrroad sed the oke) mens se oor raak later
> gewoond aan alles :-))
>
> Pat

Jy moet die Kiwi's weer hoor praat - as hulle van "chips" praat, klink dit
meer soos "tjops". En die Aussies spot vreeslik met die manier waarop hulle
"six" se - klink meer soos "sex". Die ergste aksent hier is die van Tony
Greig - en hy is 'n kommentator hier vir die krieket. Ons wil ons so slap
lag vir die aangeplakte oordadigheid in sy stem - ons weet nie of dit 'n
kombinasie is van snaakse Britse Engels of Suid-Afrikaanse Engels wat hy
probeer na-aap nie. Ek hoop net die mense hier rond dink nie ons praat almal
so nie.

So terloops, ek is baie teleurgesteld oor die KWV se wyn wat nie meer so
lekker smaak nie. Ons kollekteer mos - wat van Nederburg en Klein Constantia
- ons het 'n paar bottels hier gekoop van die laat '80's en vroee '90's.
Moet ek dit spaar of maak hulle nog goeie wyn daar in die mooie
Stellenbosch/Paarl? Een goeie ding wat ek wel van NZ kan se, is dat hulle
goeie wit wyn maak - veral Chardonnay. En die Aussies se rooiwyn is deesdae
baie goed.

Groete uit die Paradys
Royleen

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22769 is 'n antwoord op boodskap #22757] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"PAT" writes:

> Ek hoor ook dat buitelanders dink die Johannesburg "eksint" is nie so hot
> nie, (aai pok my cah on the rrrrroad sed the oke)

> Pat

Gister lees ek die volgende berig in die Globe
and Mail, miskien die beste nasionale koerant hier
in Kanada. Die hoofberig lui "S. African election
hopefuls woo chiefs" en dis geskryf deur Suzanne
Daley, van New York Times Service oor Tony Leon
se besoek aan Tzaneen "to pay homage to chief
Sameul Mpumulana Muhlava..."
Suzanne Daley skryf die volgende: "Mr. Leon's
speech, in the slight lockjaw accent of those educated
at this country's best English-style boarding schools,
was thick with deference...."
Ek sou nou nie teveel aandag daaraan gegee het
nie, was dit nie dat ons onlangs 'n skoondogter ryker
geword het wat in Natal gebore is en in Engelse privaat-
skole haar onderwys ontvang het nie. En sowaar, ons
vind dit moeilik om haar te volg. Ons het gedink dis maar
haar manier van praat - sagter as ons Kanadese praat, en
effens binnesmonds. Maar toe besef ek: dis dieselfde
aksent wat ek gehoor het by my Engelse swaer wat in
Potgietersrus grootgeword het onder Afrikaners, maar wat
die produk was van Johannesburgse Engelse private skole.
Ek wonder waar dié soort van praat vandaan kom. Dit kan
nie op Oxford-Engels geskoei wees nie, en geen van die
aksente in die verskillende dele van Engeland klink so nie.
My eerste werk was in 'n Engelse private skool, en geen
een van die onderwyseresse uit Engeland het so gepraat
nie. Alleen sommige van die onderwyseresse wat in SA
skoolgegaan het (seker die wat in private skole skoolge-
gaan het.) Is daar 'n konneksie met hoe "Waterkloof-
Afrikaans" klink?
Nog iets: toe ons kinders nou terugkom van die huwelik
in SA, toe merk hulle op dat almal, Engels- en Afrikaans-
sprekendes, die uitdrukking "Ag shame" gebruik. Hulle
sê dis so verbasend as iemand hierdie uitdrukking gebruik
wanneer hulle wil aandui dat 'n babetjie "cute" is. En dit
nogal as hulle Afrikaans praat.

Gloudina
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22770 is 'n antwoord op boodskap #22757] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
wrote:

Moet ek hierdeur tot
> die konklusie kom dat Australiese mans hulle
> vrouens vroeg sat vir hulle maak? Ek hoop
> nie so nie.
>
> Ek wag nog om te verneem hoekom jy alle
> New Zealanders deur die bank haat.
>
> Gloudina

Nee wat, Aussie mans is seker maar soos alle mans: dryf jou teen die muur op
totdat jy nie meer reguit kan dink nie. En sommige vrouens kies dan maar die
kortpad uit. Al die getroudes wat ons ontmoet, is al vir jare bymekaar.
Seker maar soos orals: egskeidings is volop, veral onder die beroemdes wat
net so 3 jaar kan uithou voordat hulle groener weiding soek. Natuurlik
"toetsry" die jongeres ook goed voordat hulle die een kies wat hulle hoop 'n
leeftyd sal hou. Nie dat dit help met die egskeidingsyfer nie. Dit help baie
as mens trou wanneer jy 29 is (die uwe), dan het jy darem al 'n halwe brein
ontwikkel en kan 'n beter keuse maak - hoeka my tiende herdenking op "May
Day" gevier, en nog steeds doodverlief.

Ek is besig met 'n groot selfondersoek hier om ons ondervinding in NZ in
perspektief te probeer plaas - ek kom nou tot die besef dat ons heeltemal te
sensitief was en alles te persoonlik opgeneem het. Dit was kort na ons SA
verlaat het dat ons daarheen verplaas is (na 'n kort 9 maande in Melbourne) -
ons was bederf deur die nuwe vriende en die vinnige pas van die lewe in
Melbourne, maar nog steeds baie na aan SA in ons harte. Ons het verwag dat
ons maklik in NZ sal aanpas, met dieselfde sport belangstelling en omdat dit
so na aan Australie is, het ons gedink dinge daar sal baie dieselfde as hier
wees. Ons het nie verwag om persoonlik aangeval te word deur almal (en ek
bedoel hiermee elke Kiwi wat ons ontmoet het)net omdat ons van SA af gekom
het nie. Ons het nie verwag om gereeld in die plaaslike koerant artikels te
lees, vyandige artikels, oor die rassistiese wit SA wat uit hulle land gevlug
het en nou in NZ woon en dit durf om nog steeds hul eie sportspanne te
ondersteun nie. Ons het nooit gedink dat mense so nougeset kan wees om my
arme Pommie man met elke geleentheid in die fabriek op te soek en 'n argument
te begin oor die vuil taktiek wat SA rugbyspanne gebruik om wedstryde te wen
nie. En my man kyk nie eers rugby nie - hy speel sokker. Om reguit te wees,
ons was "gatvol" kort na ons aankoms daar, maar kon nie ontsnap nie. En hoe
meer vasgekeerd jy voel, hoe meer bou weersin in jou op. Ons het hard
probeer om vriende te soek, deur braaivleis en potjiekos gereeld te maak en
dan 'n groot groep uit te nooi. Maar altyd het die gesprek na sport gedraai
en van persone van wie jy dit die minste verwag het, het die aanvalle begin.
Dus was ons verblyf daar redelik eensaam en omdat die sosiale groep daar
(waar ons gewoon het) 'n "kliek" was waar SA nie welkom was nie, het ons
uitgesluit gevoel. En die TV gesprekke en gehamer op die Wereldbeker wat die
Springbokke gesteel het deur die All Blacks te vergiftig, wel, na 2 jaar en 3
maande en 4 dae, was dit net te veel. Ons het opgehou rugby kyk en het alle
sport geignoreer op TV en het nie meer die koerant gelees nie.

Soos ek se, ek probeer dit nou in perspektief plaas - en ons het goeie vriende
in NZ ('n Pommie) en die Kiwi's wat die land verlaat het (daar is 260 000 hier
in Brisbane) is meer gebalanseerd en ek het 'n baie goeie Maori vriendin hier.
Ek kan nou selfs my T-hemp dra wat ek by 'n wynplaas in NZ gekoop het, en ek
wens nie meer alle NZ sportmense ongeluk toe nie. My man sal egter baie langer
neem om te vergewe, en sal seker nooit vergeet nie.

Groete uit my Paradys
Royleen

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22771 is 'n antwoord op boodskap #22757] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:7gp1n1$27k$1@nnrp1.dejanews.com...
> . En die Aussies se rooiwyn is deesdae
> baie goed.
>
> Groete uit die Paradys
> Royleen
>

Ek kan dit beaam. Kom nou net terug van 'n wynproe waar ons die
Aussie Shiraz's onder loep gehad het (waar is daardie Afr spelchecker
as jy hom nodig het..........?).

As jy van Shiraz hou is die aanbevole een Wynns Coonawarra Estate !996
(teen NZD15.50), en vir waarde
vir geld, die Mildara 1997 (NZD12.90).
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22784 is 'n antwoord op boodskap #22757] Do, 06 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>> Nog iets: toe ons kinders nou terugkom van die huwelik
> in SA, toe merk hulle op dat almal, Engels- en Afrikaans-
> sprekendes, die uitdrukking "Ag shame" gebruik. Hulle
> sê dis so verbasend as iemand hierdie uitdrukking gebruik
> wanneer hulle wil aandui dat 'n babetjie "cute" is. En dit
> nogal as hulle Afrikaans praat.
>
> Gloudina
>

Die gebruik van die woorde "Ag shame" en veral "Ag cute" is maar tipies die
tieners se manier van praat. Dit is maar dieselfde as die Amerikaners se
"like" wat hulle ten minste 5 keer per sin ingooi. Sulke uitdrukkings is
mos geweldig aansteeklik onder kinders en versprei vinniger as 'n
rekenaarvirus!

Groete

Shannon
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22786 is 'n antwoord op boodskap #22757] Do, 06 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek sou nou nie teveel aandag daaraan gegee het
> nie, was dit nie dat ons onlangs 'n skoondogter ryker
> geword het wat in Natal gebore is en in Engelse privaat-
> skole haar onderwys ontvang het nie. En sowaar, ons
> vind dit moeilik om haar te volg. Ons het gedink dis maar
> haar manier van praat - sagter as ons Kanadese praat, en
> effens binnesmonds. Maar toe besef ek: dis dieselfde
> aksent wat ek gehoor het by my Engelse swaer wat in
> Potgietersrus grootgeword het onder Afrikaners, maar wat
> die produk was van Johannesburgse Engelse private skole.
> Ek wonder waar dié soort van praat vandaan kom. Dit kan
> nie op Oxford-Engels geskoei wees nie, en geen van die
> aksente in die verskillende dele van Engeland klink so nie.
> My eerste werk was in 'n Engelse private skool, en geen
> een van die onderwyseresse uit Engeland het so gepraat
> nie. Alleen sommige van die onderwyseresse wat in SA
> skoolgegaan het (seker die wat in private skole skoolge-
> gaan het.) Is daar 'n konneksie met hoe "Waterkloof-
> Afrikaans" klink?
>
> Gloudina

Toe ek begin in Kanada begin werk het, het die mense vir my ook aanhoudend
gese: "Speak up!" Nou maak ek my mond groter oop vir die vokale en gee my
stem 'n skriller klank (plus heelwat meer volume). Die mense verstaan my nou
baie beter.

Toe ons in Kanada aangkom het, was dit vir my opvallend hoe hard die mense
praat. In Suid-Afrika sou mens opval as jy so hard praat. Jy sou eintlik
ongeskik wees. Die Nederlanders praat ook heelwat harder as die Afrikaners.
Ek praat natuurlik nou oor mense wat ek ontmoet, miskien het ander mense
ander ervarings!

My man kom van 'n klein plekkie in Noord Transvaal en my ouers is
Nederlands. Hy se altyd dat ons in Lynnwood en Menlopark nie regte
Afrikaans gepraat het nie. Dit was te geleerd of akademies of so iets! Ek
sal nou nie weet nie, maar ek weet dat sy familie heelwat meer Engelse (en
ander woorde) tussen-in sit. Hy se dis hoe die mense eintlik praat, endat
boek-Afrikaans is nie regte Afrikaans nie.

Margreet
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22787 is 'n antwoord op boodskap #22757] Do, 06 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"PAT" wrote:
> Party Aussies se aksente is darem lelik vir my, die een vriendin het bv.
> nie fifteen gesê nie, maar "fieftaain", en my ore wou-wou toeklap by tye.
> Ek hoor ook dat buitelanders dink die Johannesburg "eksint" is nie so hot
> nie, (aai pok my cah on the rrrrroad sed the oke) mens se oor raak later
> gewoond aan alles :-))

Ik vind JB's accent mooier klinken dan Australisch.
Bijna net zo mooi als Engels met een Frans accent....vooral bij
dames....;-))

Trouwens, het valt mij ook op dat men in SA Engels een zin vaak met 'Jah,
....' begint....bijna nooit met 'Yes, ....'
Zelfs bij buitenlandse journalisten die verder bijna accentloos Engels
spreken....dit foutje verraadt hun in een keer, geen vergissing mogelijk:
afkomstig uit SA....:-))

Willem
(Afrikaans lezen gaat me steeds beter af, maar schrijven zit er voorlopig
niet in, ik hoop dat u mij vergeeft....;-))
Jan

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: 'n "True Aussie" [boodskap #22788 is 'n antwoord op boodskap #22757] Do, 06 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ag shame!!

Jan van Perth

> Nog iets: toe ons kinders nou terugkom van die huwelik
> in SA, toe merk hulle op dat almal, Engels- en Afrikaans-
> sprekendes, die uitdrukking "Ag shame" gebruik. Hulle
> sê dis so verbasend as iemand hierdie uitdrukking gebruik
> wanneer hulle wil aandui dat 'n babetjie "cute" is. En dit
> nogal as hulle Afrikaans praat.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Bekostigbare webblad ontwerp
Volgende onderwerp: "Oggend op die Vlakte" deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:22:47 MGT 2024