Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het
Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22777 is 'n antwoord op boodskap #22778] Wo, 05 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ADAM KOK en die Griekwas

Reeds in die tweede helfte van die agtiende
eeu was daar 'n groep wat ontstaan het uit die
vermenging van wittes, Khoi, San en slawe van
wie die eerste "kaptyn" Adam Kok 1 was (circa
1710 - 1785). Hy was as kaptein erken deur die
Nederlands Oos-Indiese Kompanje. Hy het met
sy mense in die omgewing van Piketberg geboer.

Sy seun, Cornelius Kok 1 (1746 -1820) is egter
onder druk van wit boere Namakwaland in tot by
Kamiesberg. So het die Noordweste tot aan die
Gariep die wieg geword van die Griekwas. Hulle
het dié naam aanvaar met die aanmoediging van
Eerw. John Campbell van die Londonse Sending-
genootskap, ter ere van hulle Khoi of Chaguriqua
herkoms. Hulle het Klaarwater na Griekwastad
verdoop. Hulle lewensstyl het baie in gemeen gehad
met die van die wit trekboere: dieselfde taal, gods-
diens en manier van bestaan maak met wa, os en
perd.

In 1820 breek verskillende van hulle weg van
dié op Griekwa-stad. Maar hulle volg egter streng
reëls deur hulself opgestel: 'n verbod op handel in
drank, wette teen "roovery.. en diefte" en voorskrif
vir hoe huwelike voltrek moes word.

Uiteindelik word hulle deur wit trekboere aange-
val en soek hulle hulp by die Brits-Kaapse regering.
Ongelukkig verneuk Harry Smith beide hulle en die wit
boere later uit hulle grond. Hulle aanvaar toe 'n aanbod
van sir George Grey om uit te wyk na Niemandsland,
'n strook suidoos van die Drakensberge tussen die bolope
van die Umzimvubu en die Umsimkulu, wat van toe af
Griekwaland-Oos word, met Kokstad as setel. Hulle
begin die trek van Phillipolis in 1861 maar kom eers in
1864 in Niemandsland aan, 'n epiese trek van 2000 -
3000 mense met 300 waens en karre en 20,000 stuks
grootvee.

Ook hier bly hulle nie onafhanklik nie. In 1874 word
hulle deur die Kaap geannekseer. Twee rebellies misluk
- die laaste onder Andries le Fleur in 1897. Dis hy wat
die Griekwa-nedersetting Kranskop by Plettenbergbaai
skep waar sy afstammelinge vandag die erfgename van
die Kaptynskap Phillipolis is.

In 'n aparte trek beweeg agtergeblewe Griekwas,
onder druk van wit boere, weg van De Tuin, suid van
Kakamas en trek noordwaarts. Hulle raak al minder tot
net 30 oorgeblewenes hulle by Rehoboth vestig en trag
om hulle onafhanklikheid te behou. In al hulle omswer-
winge praat die Griekwas hoofsaaklik die soort Neder-
lands wat ons deesdae Afrikaans noem.

Gloudina Bouwer
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22778 is 'n antwoord op boodskap #22777] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek hierdie bydrae baie geniet. (Ek geniet moderne geskiedenis baie, veral SA
geskiedenis.)

Jy raak hier aan die mense van Rehoboth in Namibie. Weet jy (of iemand
anders) of die 30 Griekwa mense wat die Rehoboth nedersetting begin het die
enigste oorsprong van die hedendaagse Rehoboth mense is? Was daar ander
mense wat deel geword het van die Rehoboth mense van vandag deur vermenging
met die oorspronklike Griekwas?

Nog 'n ding het vir my duideliker geword - die Rehoboth mense se groot drang
om hulle eie ding te doen. So 'n ruk terug het hulle die regering van
Namibie aangevat. Wat is die huidige stand van sake - miskien weet oom Hans.

tot later
Bees

skryf in boodskap news:7gq7cl$p5k$1@news.igs.net...
> ADAM KOK en die Griekwas
>
> Reeds in die tweede helfte van die agtiende
> eeu was daar 'n groep wat ontstaan het uit die
> vermenging van wittes, Khoi, San en slawe van
> wie die eerste "kaptyn" Adam Kok 1 was (circa
> 1710 - 1785). Hy was as kaptein erken deur die
> Nederlands Oos-Indiese Kompanje. Hy het met
> sy mense in die omgewing van Piketberg geboer.
> Sy seun, Cornelius Kok 1 (1746 -1820) is egter
> onder druk van wit boere Namakwaland in tot by
> Kamiesberg. So het die Noordweste tot aan die
> Gariep die wieg geword van die Griekwas. Hulle
> het dié naam aanvaar met die aanmoediging van
> Eerw. John Campbell van die Londonse Sending-
> genootskap, ter ere van hulle Khoi of Chaguriqua
> herkoms. Hulle het Klaarwater na Griekwastad
> verdoop. Hulle lewensstyl het baie in gemeen gehad
> met die van die wit trekboere: dieselfde taal, gods-
> diens en manier van bestaan maak met wa, os en
> perd.
> In 1820 breek verskillende van hulle weg van
> dié op Griekwa-stad. Maar hulle volg egter streng
> reëls deur hulself opgestel: 'n verbod op handel in
> drank, wette teen "roovery.. en diefte" en voorskrif
> vir hoe huwelike voltrek moes word.
> Uiteindelik word hulle deur wit trekboere aange-
> val en soek hulle hulp by die Brits-Kaapse regering.
> Ongelukkig verneuk Harry Smith beide hulle en die wit
> boere later uit hulle grond. Hulle aanvaar toe 'n aanbod
> van sir George Grey om uit te wyk na Niemandsland,
> 'n strook suidoos van die Drakensberge tussen die bolope
> van die Umzimvubu en die Umsimkulu, wat van toe af
> Griekwaland-Oos word, met Kokstad as setel. Hulle
> begin die trek van Phillipolis in 1861 maar kom eers in
> 1864 in Niemandsland aan, 'n epiese trek van 2000 -
> 3000 mense met 300 waens en karre en 20,000 stuks
> grootvee.
> Ook hier bly hulle nie onafhanklik nie. In 1874 word
> hulle deur die Kaap geannekseer. Twee rebellies misluk
> - die laaste onder Andries le Fleur in 1897. Dis hy wat
> die Griekwa-nedersetting Kranskop by Plettenbergbaai
> skep waar sy afstammelinge vandag die erfgename van
> die Kaptynskap Phillipolis is.
> In 'n aparte trek beweeg agtergeblewe Griekwas,
> onder druk van wit boere, weg van De Tuin, suid van
> Kakamas en trek noordwaarts. Hulle raak al minder tot
> net 30 oorgeblewenes hulle by Rehoboth vestig en trag
> om hulle onafhanklikheid te behou. In al hulle omswer-
> winge praat die Griekwas hoofsaaklik die soort Neder-
> lands wat ons deesdae Afrikaans noem.
>
> Gloudina Bouwer
>
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22779 is 'n antwoord op boodskap #22778] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
prop...@aol.com (ProPacem) writes: > >
>
>> ADAM KOK en die Griekwas
>
> Gloudina, ek stel baie belang in jou bron(ne) vir hierdie uittreksel. Ek sal
> dit waardeer as jy dit hier kan plaas OF aan my sal pos per e-pos.
>
> Dankie by voorbaat
>
> Leswin

Leswin, iemand het vir my nou onlangs 'n
klomp "Boekewerelde" uit SA per seepos
gestuur (periodieke bylaes van Nasionale
Pers by hulle koerante.) Ek het beide
die informasie oor Susanna Smit en oor
die Griekwa-geskiedenis daaruit gekry.
Laasgenoemde was 'n resensie van At van
Wyk van die volgende boek:

Griqua Records: The Philippolis Captaincy:
1825 - 1861, Saamgestek eb geredigeer deur
Karel Schoeman. Van Riebeeck Vereniging,
tweede series, nr. 25, 330 bladsye. Prys
vir lede R 60, vir nie-lede R 80 by die
Van Riebeeck Vereniging, Bus 496, Kaapstad,
8000.

Hoop dit help.
Gloudina
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22780 is 'n antwoord op boodskap #22778] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Gloudina,

dit stukje was erg interessant. Kun je nog meer posten?

Uit "another day of life" over de burgeroorlog in Angola van
de Poolse journalist Ryszard Kapuscinski, haalde ik het volgende gebed
van "Koq, leader of the Griquas tribe", before a battle with the
Afrikaners in 1876.

O Lord!

"Despite a great many prayers to You we are continually
losing our wars. Tomorrow we shall again be fighting a
battle that is truly great. With all our might we need Your
help and that is why I must tell you something: This battle
tomorrow is going to be an serious affair. There will be
no place for children. Therefore I must ask You not to
send You Son to help us. Come Yourself."

Kan iemand me vertellen of er enige waarheid schuilt in
het toeschrijven van dit gebed aan Kok?

Ik vindt dit deel van de geschiedenis van SA erg interessant.
ik hou erg van kaarten en begreep als tiener nooit hoe er een
Griekwa land Oost en West konden zijn op zulke afstanden,
maar je uitleg verklaart een hoop Gloudina.

Zijn er boeken of sites over dit onderwerp of over verwante
onderwerpen? Ik heb de NL-vertaling van "Vatmaar" van
A.H.M. Scholtz met plezier gelezen om maar eens een nauwelijks
verwant onderwerp aan Adam Kok te plakken. Is daar nog iets van
op het internet te vinden? Bijvoorbeeld (een deel van) de tekst in het
Afrikaans?

BTW, waar is Leendert?

Tot zover.

Robbert

@igs.net wrote:

> ADAM KOK en die Griekwas
>
> Reeds in die tweede helfte van die agtiende
> eeu was daar 'n groep wat ontstaan het uit die
> vermenging van wittes, Khoi, San en slawe van
> wie die eerste “kaptyn” Adam Kok 1 was (circa
> 1710 - 1785). Hy was as kaptein erken deur die
> Nederlands Oos-Indiese Kompanje. Hy het met
> sy mense in die omgewing van Piketberg geboer.
> Sy seun, Cornelius Kok 1 (1746 -1820) is egter
> onder druk van wit boere Namakwaland in tot by
> Kamiesberg. So het die Noordweste tot aan die
> Gariep die wieg geword van die Griekwas. Hulle
> het dié naam aanvaar met die aanmoediging van
> Eerw. John Campbell van die Londonse Sending-
> genootskap, ter ere van hulle Khoi of Chaguriqua
> herkoms. Hulle het Klaarwater na Griekwastad
> verdoop. Hulle lewensstyl het baie in gemeen gehad
> met die van die wit trekboere: dieselfde taal, gods-
> diens en manier van bestaan maak met wa, os en
> perd.
> In 1820 breek verskillende van hulle weg van
> dié op Griekwa-stad. Maar hulle volg egter streng
> reëls deur hulself opgestel: 'n verbod op handel in
> drank, wette teen “roovery.. en diefte” en voorskrif
> vir hoe huwelike voltrek moes word.
> Uiteindelik word hulle deur wit trekboere aange-
> val en soek hulle hulp by die Brits-Kaapse regering.
> Ongelukkig verneuk Harry Smith beide hulle en die wit
> boere later uit hulle grond. Hulle aanvaar toe 'n aanbod
> van sir George Grey om uit te wyk na Niemandsland,
> 'n strook suidoos van die Drakensberge tussen die bolope
> van die Umzimvubu en die Umsimkulu, wat van toe af
> Griekwaland-Oos word, met Kokstad as setel. Hulle
> begin die trek van Phillipolis in 1861 maar kom eers in
> 1864 in Niemandsland aan, 'n epiese trek van 2000 -
> 3000 mense met 300 waens en karre en 20,000 stuks
> grootvee.
> Ook hier bly hulle nie onafhanklik nie. In 1874 word
> hulle deur die Kaap geannekseer. Twee rebellies misluk
> - die laaste onder Andries le Fleur in 1897. Dis hy wat
> die Griekwa-nedersetting Kranskop by Plettenbergbaai
> skep waar sy afstammelinge vandag die erfgename van
> die Kaptynskap Phillipolis is.
> In 'n aparte trek beweeg agtergeblewe Griekwas,
> onder druk van wit boere, weg van De Tuin, suid van
> Kakamas en trek noordwaarts. Hulle raak al minder tot
> net 30 oorgeblewenes hulle by Rehoboth vestig en trag
> om hulle onafhanklikheid te behou. In al hulle omswer-
> winge praat die Griekwas hoofsaaklik die soort Neder-
> lands wat ons deesdae Afrikaans noem.
>
> Gloudina Bouwer
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22781 is 'n antwoord op boodskap #22778] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>

> ADAM KOK en die Griekwas

Gloudina, ek stel baie belang in jou bron(ne) vir hierdie uittreksel. Ek sal
dit waardeer as jy dit hier kan plaas OF aan my sal pos per e-pos.

Dankie by voorbaat

Leswin
Re: Aan Bees - Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22795 is 'n antwoord op boodskap #22777] Do, 06 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Bees wrote in message ...
> Nog 'n ding het vir my duideliker geword - die Rehoboth mense se groot drang
> om hulle eie ding te doen. So 'n ruk terug het hulle die regering van
> Namibie aangevat. Wat is die huidige stand van sake - miskien weet oom Hans.
>
> tot later
> Bees
>

Die Rehobothters het nog die skyn van "hulle eie ding te doen". Die
kapteinsraad bestaan nog en hulle het onlangs 'n nuwe leier gekies na die
afsterwe van Hans Diergaardt. Juis vanwee hulle houding van "ons eie
gebied" ontvang Rehoboth miskien nie soveel aandag en hulp van die sentrale
regering as wat kon gegee word nie.........

Na die Caprivi afskeidingsdebakel het die praatjies uit Rehoboth met
dieselfde tema redelik opgedroog. Eintlik het Rehoboth ernsige probleme
want Namwater (die regeringsmaatskappy wat ALLE watervoorsiening in Namibië
beheer) het die krane daarnatoe bietjie toegedraai weens wanbetaling van
hulle waterrekening.

Bees ,
Bietjie probleme gehad met die rekenaar en luise op die hardeskyf. Alles
verloor - ook jou adres. Stuur asb weer vir my die foto van jou ouers.

Groete
Omie
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22796 is 'n antwoord op boodskap #22778] Do, 06 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message
...

> Ook hier bly hulle nie onafhanklik nie. In 1874 word
> hulle deur die Kaap geannekseer. Twee rebellies misluk
> - die laaste onder Andries le Fleur in 1897. Dis hy wat
> die Griekwa-nedersetting Kranskop by Plettenbergbaai
> skep waar sy afstammelinge vandag die erfgename van
> die Kaptynskap Phillipolis is.

In my atlas is daar nie 'n "Kranskop" naby Plettenbergbaai nie,
maar wel 'n "Kranshoek". Is dit die plek?

As jy praat van die "erfgename" van die Kapteinskap Philippolis,
was hierdie kapteinskap 'n oorerflike titel?

Swart Simon
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22805 is 'n antwoord op boodskap #22778] Vr, 07 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra writes:

> Ik vindt dit deel van de geschiedenis van SA erg interessant.
> ik hou erg van kaarten

> Robbert

Ek vind die Franse konneksie interessant.
Die Hugenote het in 1688 in SA aangekom.
Aan die einde van die neentiende eeu is
daar nog 'n Griekwa wat Andries Le Fleur
heet. Ek wonder ook wat die oorsprong is
van Piketberg, waar die groep begin het.
Is die naam van deels Franse afkoms?
"Piguet" is die Frans vir "picket, stake."
Dus die berg waar daar heinings was?
"Piguette" beteken "thin wine." Is dit
die plek waar hulle nog wyn kon maak,
maar nie baie goeie wyn nie?

Gloudina
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22806 is 'n antwoord op boodskap #22778] Vr, 07 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Simon van der Schans" writes:
>
> In my atlas is daar nie 'n "Kranskop" naby Plettenbergbaai nie,
> maar wel 'n "Kranshoek". Is dit die plek?
>
> As jy praat van die "erfgename" van die Kapteinskap Philippolis,
> was hierdie kapteinskap 'n oorerflike titel?

Simon, ek kan alleen staat maak op die
resensie van At van Wyk van die boek
"Griqua Records...." Daar praat hy van
die Griekwa nedersetting by Plettenbergs-
baai as "Kranskop" geskep deur Andries
le Fleur in 1897. Hy sê die mense daar
wat sy afstammelinge is, is "die erfgename
van die Kaptynskap Philippolis." Miskien
praat hy net in die abstrak. Dit sal
interessant wees om uit te vind of hulle
nog 'n oorerflike titel het daar, en of
dit deur die huidige SA regering ge-eer
word. Dit is blykbaar in hierdie SA
verkiesing nogal 'n belangrike element-
wat om met oorerflike titels te doen.

Gloudina
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22830 is 'n antwoord op boodskap #22778] So, 09 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message
> Ek vind die Franse konneksie interessant.
> Die Hugenote het in 1688 in SA aangekom.
> Aan die einde van die neentiende eeu is
> daar nog 'n Griekwa wat Andries Le Fleur
> heet. Ek wonder ook wat die oorsprong is
> van Piketberg, waar die groep begin het.
> Is die naam van deels Franse afkoms?
> "Piguet" is die Frans vir "picket, stake."
> Dus die berg waar daar heinings was?
> "Piguette" beteken "thin wine." Is dit
> die plek waar hulle nog wyn kon maak,
> maar nie baie goeie wyn nie?

Ek glo nie die "piket" in Piketberg het enigiets te doen gehad
met 'n heining of wyn nie. 'n Piket is 'n lang paal met 'n punt
voor, wat in oorlogvoering gebruik is reeds voor die kannon sy
verskyning in Europa gemaak het. (Terloops, ek dink die Franse
woord wat jy in gedagte het is "piquet" en nie "piguet" nie).
Soldate wat opgelei is om hierdie instrument te gebruik is
piekeniers genoem. Piekeniers was 'n baie effektiewe verweer
teen ruitery-aanvalle, solank daar baie van hulle was en hulle
dig genoeg op mekaar gestaan het. Blykbaar is die woord "piket"
later ook gebruik om 'n troep aan te dui wat in geval van nood
dadelik beskikbaar was om diens te doen.

Op die pad van Piketberg na Citrusdal, daar waar jy die bult op
ry en dan anderkant weer afdaal in die Olifantsriviervallei, is
daar 'n pas wat die Piekenierskloofpas genoem word.

Wanneer en hoe Piketberg en die Piekenierskloof hulle name gekry
het sal ek nou nie weet nie. Ek glo nie dat Van Riebeeck of sy
opvolgers enige nut sou gehad het vir piekeniers nie. In daardie
dae was dit die musket wat as handwapen gebruik is - 'n soort van
voorlaaier wat met 'n vuurpan en lont gewerk het.

Swart Simon
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #22863 is 'n antwoord op boodskap #22778] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan schrik  is tans af-lyn  jan schrik
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Robbert,
op de volgende site http://www.orient.gu.se/afrikanska/khsnms.html
vind je een aantal literatuur referenties naar het griekweas en andere
khoi-talen.
Jan

Robbert Zijlstra wrote:

> Hallo Gloudina,
>
> dit stukje was erg interessant. Kun je nog meer posten?
>
> Uit "another day of life" over de burgeroorlog in Angola van
> de Poolse journalist Ryszard Kapuscinski, haalde ik het volgende gebed
> van "Koq, leader of the Griquas tribe", before a battle with the
> Afrikaners in 1876.
>
> O Lord!
>
> "Despite a great many prayers to You we are continually
> losing our wars. Tomorrow we shall again be fighting a
> battle that is truly great. With all our might we need Your
> help and that is why I must tell you something: This battle
> tomorrow is going to be an serious affair. There will be
> no place for children. Therefore I must ask You not to
> send You Son to help us. Come Yourself."
>
> Kan iemand me vertellen of er enige waarheid schuilt in
> het toeschrijven van dit gebed aan Kok?
>
> Ik vindt dit deel van de geschiedenis van SA erg interessant.
> ik hou erg van kaarten en begreep als tiener nooit hoe er een
> Griekwa land Oost en West konden zijn op zulke afstanden,
> maar je uitleg verklaart een hoop Gloudina.
>
> Zijn er boeken of sites over dit onderwerp of over verwante
> onderwerpen? Ik heb de NL-vertaling van "Vatmaar" van
> A.H.M. Scholtz met plezier gelezen om maar eens een nauwelijks
> verwant onderwerp aan Adam Kok te plakken. Is daar nog iets van
> op het internet te vinden? Bijvoorbeeld (een deel van) de tekst in het
> Afrikaans?
>
> BTW, waar is Leendert?
>
> Tot zover.
>
> Robbert
>
> @igs.net wrote:
>
>> ADAM KOK en die Griekwas
>>
>> Reeds in die tweede helfte van die agtiende
>> eeu was daar 'n groep wat ontstaan het uit die
>> vermenging van wittes, Khoi, San en slawe van
>> wie die eerste “kaptyn” Adam Kok 1 was (circa
>> 1710 - 1785). Hy was as kaptein erken deur die
>> Nederlands Oos-Indiese Kompanje. Hy het met
>> sy mense in die omgewing van Piketberg geboer.
>> Sy seun, Cornelius Kok 1 (1746 -1820) is egter
>> onder druk van wit boere Namakwaland in tot by
>> Kamiesberg. So het die Noordweste tot aan die
>> Gariep die wieg geword van die Griekwas. Hulle
>> het dié naam aanvaar met die aanmoediging van
>> Eerw. John Campbell van die Londonse Sending-
>> genootskap, ter ere van hulle Khoi of Chaguriqua
>> herkoms. Hulle het Klaarwater na Griekwastad
>> verdoop. Hulle lewensstyl het baie in gemeen gehad
>> met die van die wit trekboere: dieselfde taal, gods-
>> diens en manier van bestaan maak met wa, os en
>> perd.
>> In 1820 breek verskillende van hulle weg van
>> dié op Griekwa-stad. Maar hulle volg egter streng
>> reëls deur hulself opgestel: 'n verbod op handel in
>> drank, wette teen “roovery.. en diefte” en voorskrif
>> vir hoe huwelike voltrek moes word.
>> Uiteindelik word hulle deur wit trekboere aange-
>> val en soek hulle hulp by die Brits-Kaapse regering.
>> Ongelukkig verneuk Harry Smith beide hulle en die wit
>> boere later uit hulle grond. Hulle aanvaar toe 'n aanbod
>> van sir George Grey om uit te wyk na Niemandsland,
>> 'n strook suidoos van die Drakensberge tussen die bolope
>> van die Umzimvubu en die Umsimkulu, wat van toe af
>> Griekwaland-Oos word, met Kokstad as setel. Hulle
>> begin die trek van Phillipolis in 1861 maar kom eers in
>> 1864 in Niemandsland aan, 'n epiese trek van 2000 -
>> 3000 mense met 300 waens en karre en 20,000 stuks
>> grootvee.
>> Ook hier bly hulle nie onafhanklik nie. In 1874 word
>> hulle deur die Kaap geannekseer. Twee rebellies misluk
>> - die laaste onder Andries le Fleur in 1897. Dis hy wat
>> die Griekwa-nedersetting Kranskop by Plettenbergbaai
>> skep waar sy afstammelinge vandag die erfgename van
>> die Kaptynskap Phillipolis is.
>> In 'n aparte trek beweeg agtergeblewe Griekwas,
>> onder druk van wit boere, weg van De Tuin, suid van
>> Kakamas en trek noordwaarts. Hulle raak al minder tot
>> net 30 oorgeblewenes hulle by Rehoboth vestig en trag
>> om hulle onafhanklikheid te behou. In al hulle omswer-
>> winge praat die Griekwas hoofsaaklik die soort Neder-
>> lands wat ons deesdae Afrikaans noem.
>>
>> Gloudina Bouwer

--
The most exciting phrase to hear in science, the one that heralds new
discoveries, is not "Eureka!" (I found it!) but "That's funny ..."
-- Isaac Asimov

J.H. Schrik
IOC-dokumentatie
Gak Nederland bv
Postbus 8300
1005 CA Amsterdam
tel: +206872545
email: jsc...@gak.nl
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #23814 is 'n antwoord op boodskap #22778] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 9 May 1999 23:00:33 +0200, "Simon van der Schans" wrote:

|Ek glo nie die "piket" in Piketberg het enigiets te doen gehad
|met 'n heining of wyn nie. 'n Piket is 'n lang paal met 'n punt
|voor, wat in oorlogvoering gebruik is reeds voor die kannon sy
|verskyning in Europa gemaak het. (Terloops, ek dink die Franse
|woord wat jy in gedagte het is "piquet" en nie "piguet" nie).
|Soldate wat opgelei is om hierdie instrument te gebruik is
|piekeniers genoem. Piekeniers was 'n baie effektiewe verweer
|teen ruitery-aanvalle, solank daar baie van hulle was en hulle
|dig genoeg op mekaar gestaan het. Blykbaar is die woord "piket"
|later ook gebruik om 'n troep aan te dui wat in geval van nood
|dadelik beskikbaar was om diens te doen.
|
Ek sien nou die dag in 'n Amerikaanse boek waar die woord pikanien (ek kan nie
die Amerikaanse spelling onthou nie) gebruik word vir 'n klein swart seuntjie.
Ek het altyd gedink dis 'n outydse Afrikaanse beskrywing.

Weet iemand waar die woord pikanien vandaan kom? Dit word seker nie meer vandag
in Amerika gebruik nie - die boek was in 1979 gepubliseer.

=|:^)

Johan
Re: Hoe Nederlands in suidelike Afrika versprei het [boodskap #23869 is 'n antwoord op boodskap #22778] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 9 May 1999 23:00:33 +0200, "Simon van der Schans"
simo...@iafrica.com>
wrote:

|Ek glo nie die "piket" in Piketberg het enigiets te doen gehad
|met 'n heining of wyn nie. 'n Piket is 'n lang paal met 'n punt
|voor, wat in oorlogvoering gebruik is reeds voor die kannon sy
|verskyning in Europa gemaak het. (Terloops, ek dink die Franse
|woord wat jy in gedagte het is "piquet" en nie "piguet" nie).
|Soldate wat opgelei is om hierdie instrument te gebruik is
|piekeniers genoem. Piekeniers was 'n baie effektiewe verweer
|teen ruitery-aanvalle, solank daar baie van hulle was en hulle
|dig genoeg op mekaar gestaan het.

Naby Piketberg, op pad na Suidwes, is daar natuurlik ook die
Piekenierskloof, en die Piekenierskloofpas.

In die vroeë dae (Van der Stel en daarna, as ek dit reg het) het die
Kompanjie daar 'n wagpos met 'n afdeling soldate aangehou. Ek dink dit was
bedoel as 'n brandwag, indien die Engelse of die Franse (om die beurt)
verderop teen die kus sou land en die Kaap oor land sou aanval. Vandaar dan
Piketberg vir:

|Blykbaar is die woord "piket"
|later ook gebruik om 'n troep aan te dui wat in geval van nood
|dadelik beskikbaar was om diens te doen.
|
Vorige onderwerp: Bizar verband tussen Kosovo & Boerenoorlog
Volgende onderwerp: Eksamentyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 01:04:14 MGT 2024