| Genoeg gehad van hulle [boodskap #22774 is 'n antwoord op boodskap #22775] |
Wo., 05 Mei 1999 00:00  |
Saix
Boodskappe: 119 Geregistreer: April 1999
|
Senior Lid |
|
|
Waragtig van vandag af het ek nou genoeg gehad van die lappie swaaiers, en
die "wettige" kar oppassers by van die inlopiesentrums.
Vandag is my kar radio gesteel. En dit terwyl 'n "car watch" kwansuis die
area patroleer. By nadere ondersoek sien ek dat die ou oom seker naby aan
die 70 jaar moet wees, hoe op aarde dink hy gaan hy nou betyds wees om 'n 18
jarige te vang.....en as hy dit wel regkry wat is sy kans om die persoon te
arresteer.
Gewone parkering kos jou deesdae ongeveer R20 - R30 meer om voorsiening te
maak vir die mense, maar waragtig nie meer vir my nie dankie.
Ek wil net graag weet, is dit 'n wêreldwye tendens die lappie manne en "car
watch" organisasies, of is dit 'n splinternuwe onwettige imigrant hulpskema
van die nuwe SA.
Riaan
|
|
|
|
|
|
| Re: Genoeg gehad van hulle [boodskap #22792 is 'n antwoord op boodskap #22775] |
Do., 06 Mei 1999 00:00  |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Riaan wrote in message ...
> Waragtig van vandag af het ek nou genoeg gehad van die lappie swaaiers, en
> die "wettige" kar oppassers by van die inlopiesentrums.
>
Riaan, ek weet by Centurion se groot winkelsentrum het die oppassers darem
'n verlaging in die steel van motors teweeggebring. Die kans dat jou motor
gesteel sal word was so omtrent 4 jaar gelede byna 'n voldonge feit. Die
oppassery dien darem nou as afskrikmiddel. Dit is ook 'n manier om jou
"tiende" te gee, eerder as om vir iemand te gee wat net bedel op die hoek
van die straat of by jou huis.
Groete
Shannon
>
> Riaan
>
|
|
|
|