Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vigs en die "feite"
Vigs en die "feite" [boodskap #22691] |
Wed, 28 April 1999 00:00  |
Saix
Boodskappe: 119 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat sal die rede van die regering wees om die ware omvang van vigs vir die
mense weg te steek. 'n Vriend van my wat daagliks met die inligting werk sê
vir my dat die ware getalle baie meer is as wat deurgegee word.
Ek het onlangs 'n teorie op die net gelees dat die virus mens gemaak, of sal
ek sê doelbewus aanmekaar gesit is. Nogal baie interesant.
As iemand meer inligting het, skryf gerus.
Riaan
|
|
|
|
Re: Vigs en die "feite" [boodskap #22716 is 'n antwoord op boodskap #22691] |
Thu, 29 April 1999 00:00   |
Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In skrywe het Ri...@netech.co.za die
volgende te sê gehad ...
> Ek het onlangs 'n teorie op die net gelees dat die virus mens gemaak, of sal
> ek sê doelbewus aanmekaar gesit is. Nogal baie interesant.
Wensdenkery, sou ek sê.
As mens virusse kon maak, sou dit maklik gewees het om bestaande virusse
te verander. Dan kon ons vigs genees het. En sommer griep, verkoue en 'n
paar ander peste ook. Ongelukkig kan ons nie. 'n Virus is 'n snaakse ding
op die rand tussen lewendige en dooie materiaal (daar is al beweer dat
hulle nie van die aarde is nie, maar 'aliens' wat per komeet hier beland
het). Virusse het nie DNA soos alle ander lewendige organismes nie, maar
hulle is altyd met lewendige organismes assosieer, en vermeerder asof
hulle lewendig is. Soos wat hulle vermeerder is hulle ook gedurig besig
om te verander: dit maak hulle moeilik om te beheer/genees, want jy moet
vir 'n bewegende teiken mik. Dit is ook hoekom daar elke winter 'n 'nuwe'
griepvariasie is, en hoekom laasjaar se griepspuit nie vanjaar werk nie,
en vanjaar s'n nie altyd nie. En hoekom daar nie 'n eenvoudige raat vir
vigs is nie.
Die waarheid is dat HIV oorspronklik 'n endemiese toestand van
chimpansees in Wes-Afrika is. Die mens word sekondêr aangetas daardeur.
Oordrag van chimpansee na mens vind klaarblyklik plaas deurdat die apies
algemeen deurgaan vir kos in daardie geweste (soos jy weet vind
vigsoordag deur liggaamsvloeistowwe plaas, wat kan gebeur as jy 'n aap
slag met stukkende hande). Van Wes-Afrika is dit deur die slawehandel na
veral Amerika verspei, waar dit lank ignoreer is; siektes wat veral
swartes en moffies aantas is mos nie belangrik nie, en tot 'n ding nie 'n
naam het nie word dit nie raakgesien nie. Nadat die siektetoestand
oorspronklik in die gay-gemeenskap van San Francisco identifiseer en
beskryf is, het dit spoedig duidelik geword dat dit wêreldwyd teenwoordig
is, en weet ons vandag waarom die voorkoms in Afrika veral so hoog is
(want dit kom hiervandaan en was nog altyd hier). Daar was binne die
afgelope maand of drie 'n hoofartikel oor die chimpansee-konneksie in die
joernaal Nature. Begin soek by www.nature.com en dalk vind jy dit in
hulle argiewe.
___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
|
|
|
|
Re: Vigs en die "feite" [boodskap #22764 is 'n antwoord op boodskap #22691] |
Tue, 04 May 1999 00:00  |
Eric prinsloo
Boodskappe: 4 Geregistreer: March 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
JLR wrote:
> In skrywe het Ri...@netech.co.za die
> volgende te sê gehad ...
>
>>>> >sny
> Die waarheid is dat HIV oorspronklik 'n endemiese toestand van
> chimpansees in Wes-Afrika is. Die mens word sekondêr aangetas daardeur.
> Oordrag van chimpansee na mens vind klaarblyklik plaas deurdat die apies
> algemeen deurgaan vir kos in daardie geweste (soos jy weet vind
> vigsoordag deur liggaamsvloeistowwe plaas, wat kan gebeur as jy 'n aap
> slag met stukkende hande). Van Wes-Afrika is dit deur die slawehandel na
> veral Amerika verspei, waar dit lank ignoreer is; siektes wat veral
> swartes en moffies aantas is mos nie belangrik nie, en tot 'n ding nie 'n
> naam het nie word dit nie raakgesien nie. Nadat die siektetoestand
> oorspronklik in die gay-gemeenskap van San Francisco identifiseer en
> beskryf is, het dit spoedig duidelik geword dat dit wêreldwyd teenwoordig
> is, en weet ons vandag waarom die voorkoms in Afrika veral so hoog is
> (want dit kom hiervandaan en was nog altyd hier). Daar was binne die
> afgelope maand of drie 'n hoofartikel oor die chimpansee-konneksie in die
> joernaal Nature. Begin soek by www.nature.com en dalk vind jy dit in
> hulle argiewe.
>
> ___
> Johan le Riche (JLR)
Ja-nee, (en met apologie aan Henri), Afrika is nie vir sissies nie
Eric
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:51:08 UTC 2025
|