Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is die toekoms vir Afrikaans?
Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22524] |
Tue, 20 April 1999 00:00  |
SPECTROLAB[1]
Boodskappe: 3 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
As 'n Suid Afrikaaner wil ek graag julle opinie hoor oor die toekoms van
Afrikaans in die "nuwe" S.A. Ek is eintlik 'n soutie maar praat meer
afrikaans weens my werk plek..( ons het almal maar ons probleme :o) ).
Alle grappies op 'n stokkie, is daar nog plek vir die taal in ons land?
Wat dink julle?
Groete
Engelsman
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22644 is 'n antwoord op boodskap #22524] |
Mon, 26 April 1999 00:00   |
Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In skrywe het han...@intekom.co.za die
volgende te sê gehad ...
> Ek is 'n rekenaar programmeerder en weet hoe moeilik dit is om
> taalsuiwerheid te handhaaf in die rekenaar wêreld. Tog, in al my
> onderhandelings met ander maatskappye is dit die uitsondering dat ek moet
> Engels praat omdat iemand nie Afrikaans kan verstaan nie.
>
> Het iemand dalk 'n voorstel vir "data warehouse" en "online" in Afrikaans?
Nee, ek gebruik 'data warehouse' en aanlyn. Kan jy my sê wat noem mens 'n
'cursor' sodat die leser van 'n Afrikaanse helpfile sal weet waarvan jy
praat?
Laat my dink aan toe ek onlangs Pastel 5 installeer, wat ook in 'n
Afrikaanse weergawe kom, maar duidelik deur 'n pekel uit 'n woordeboek
vertaal is, want die eerste 'dialog' vra:
Waar is die lokasie van jou Pastel 4 gids?
(Vermoedelik: 'The location of your Pastel 4 directory')
en daarna raak dit erger.
Interessant, hoeveel nie Suid-Afrikaans gebaseerde rekenaarprogramme ken
julle wat Afrikaans ondersteun?
Ek weet dat Wordperfect 8 ingeboude ondersteuning vir standaard opskrifte
in Afrikaans het, terwyl 'n Afrikaanse spellchecker ook beskikbaar is.
Opera (die alternatiewe browser) is destyds adverteer as 'Afrikaanse
weergawe in voorbereiding', maar ek het lg. nog nooit gesien nie.
(Die plekkie in Windows 95 waar jy die taal na Afrikaans kan stel tel
natuurlik nie, want dit het geen effek nie.)
Enige ander?
___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
|
|
|
|
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22684 is 'n antwoord op boodskap #22524] |
Wed, 28 April 1999 00:00  |
Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In skrywe het ne...@netship.net die
volgende te sê gehad ...
> Maar net sowel jy het nie die Afrikaanse Opera onder oë gehad nie. Die
> "Afrikaans" daarin los alles behalwe 'n lied in jou hart. Hy is
> vinniger asblik toe as wat ek hom afgelaai het.
Dankie, nou weet ek ek het niks gemis nie. Snaaks eintlik, want hulle
gebruik mense in die verskillende lande om die vertalings te doen, en die
vertalers word dan verspreiders. Laat mens wonder wie hierdie een gepleeg
het?
___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
|
|
|
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22685 is 'n antwoord op boodskap #22524] |
Wed, 28 April 1999 00:00  |
Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In skrywe het brya...@KAAPemail.com
die volgende te sê gehad ...
>
> cursor = loper
> (Kommentaar: die pyltjie wat met die muis beweeg word, is die wyser.)
Ja, 'loper' is die amptelike term, maar meeste mense dink dis 'n soort
sleutel of 'n mat. Ek gebruik gewoonlik 'wyser', maar soos jy tereg sê
verwys dit eerder na 'pointer' as 'cursor'. Meeste gebruikers maak
gelukkig nie die onderskeid nie. Ek het ook al variasies op 'flikker',
blinker' of 'knipper' teegekom, wat minstens die ding se gedrag mooi
beskryf, maar self oop is vir misinterpretasie.
___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
|
|
|
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22686 is 'n antwoord op boodskap #22524] |
Wed, 28 April 1999 00:00  |
Fizzer
Boodskappe: 9 Geregistreer: March 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hans Malherbe wrote:
>>> Alle grappies op 'n stokkie, is daar nog plek vir die taal in ons land?
>
> Ek is 'n rekenaar programmeerder en weet hoe moeilik dit is om
> taalsuiwerheid te handhaaf in die rekenaar wêreld. Tog, in al my
> onderhandelings met ander maatskappye is dit die uitsondering dat ek moet
> Engels praat omdat iemand nie Afrikaans kan verstaan nie.
>
> Het iemand dalk 'n voorstel vir "data warehouse" en "online" in Afrikaans?
>
> --- hou my hand,ek brand ---
By die technikon sê hulle dis 'n data pakhuis
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:51:06 UTC 2025
|